Sunday, June 30, 2019

And Then There Were None, Minireeks - 8/10

And Then There Were None is vol allerhande goetertjies wat net lekker kykmateriaal maak. Die Britse gevoel, die milieu, die kostuumwerk, die rolverdeling en die karakters. Misterieus, onheilspellend en raaiselagtig. Kan nie wag vir die finale episode nie. Saam met Bella en Anrich op die Bank. 


Thursday, June 27, 2019

Toy Story 4 - 9/10

Toy Story 4 stel die nuwe drempel vir rekenaargrafika - Dit is eenvoudig asemrowend, die velddiepte fokus, stof partikels, tekstuur, animasie, fisika, glinstering, lens effekte, lig effekte, noem maar op. Die verhaal pas perfek by die vorige films in, al voel dit so lank terug. Jy mag hierdie nie mis as jy die voriges gesien het nie! Saam met Bella en Anrich by die tjeep fliek in Zambezi Mall. Franko het dit reeds saam met die manne gesien.


Sunday, June 23, 2019

Vice - 7/10

Wel, eerstens moet nie Vice kyk as jy pro-Amerikaans is nie. Tweedens moet dit nie kyk as jy nie van Amerikaanse politiek hou nie. Derdens, moet dit nie kyk as jy nie van samesweringsteoriee hou nie. Mens besef redelik wat die Amerikaners Irak voor gebruik het, maar die vlak van die werklikheid wat hier ontbloot word, is dat mens waarskynlik net die punt van die ysberg vermoed en nie die volle omvang van magsig, korrupsie en wandade nie, skok tot 'n mate. Uitstekende vervaardiging, rolverdeling en periode drama, maar beslis meer op die connoisseur mark gemik. Saam met Bella op die Bank.



Friday, June 21, 2019

Submission - 5/10

Dit is duidelik, mens moet nie 'n bekende skrywer word nie, jy raak oorgelaat en blooggestel aan jong dames se intensies wat nie so suiwer is nie... Die arme man, het alles gehad en alles verloor in 'n oogwink - weens een oomblik van kortstondige oordeelsonbeholpenheid. Wel Submission, 'n bedoelde woordspeling, is redelik gemiddelde materiaal, maar tog kykbaar. Saaam met Bella op die bank. 


Thursday, June 20, 2019

Red Joan - 7/10

Ek hou daarvan as mens iets van geskiedenis in 'n film leer. Red Joan stel nie in hierdie opsig teleur nie. Die rolverdeling werk goed, mens hou van die karakters. Die milieu is romanties, en die era goud (wel, behalwe vir die oorlog deel). Dit bly egter indrukwekkend dat sy solank daarmee weggekom het. Mens wou eintlik he^ dat sy nooit uitgevang was nie. 'n Connoisseur tjiekfliek drama, gebaseer op ware gebeure. Saam met Bella op die bank. 

Tuesday, June 18, 2019

I Am Mother - 7/10

I Am Mother is ekonomies verfilm, daar is maar min karakters. Dit is wel oortuigend en hou die aandag. Dit het 'n element van voorspelbaarheid, maar tog met 'n onverwagte kinkel of twee. Die moeite werd, maar moet nie baie aksie verwag nie, hierdie is eerder sielkundig. Wel baie goed vervaardig met 'n gepaste rolverdeling. Op die ou einde raak dit baie moeilik om protagonis en antagonis te identifiseer. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, June 16, 2019

The Aftermath - 7/10

The Aftermath is sensueel met mooi mense, smaaklike uitrustings, asemrowende wonings, prag ysige koud woud tonele en verleidende vrugte. Dit alles teen die grim oorlog agtergrond, skerp kontrasterend. 'n Stadige innerlike konflik lyn met stylvolle vertolkings. Die meer denkende tjiekfliek. Saam met Bella op die bank.

   

Saturday, June 15, 2019

Dumbo - 7/10

Dumbo is 'n soete fliekie van groot olifantogies en suikerstroop. Die grafika is lewensgetrou en oortuigend, die rolverdeling, kostuumwerk en algehele tekstuur van die film alles saam swiets. Klein en groot sal dit geniet. Saam met Bella op die Bank.


Friday, June 14, 2019

The Cleanse - 4/10

The Cleanse is net te flou en stadig en onderspeeld. Dit kom nie aan die gang nie, en die lang kamera fokus op die monstertjies is irriterend. Die simboliek en metafoor het potensiaal, maar word nie behoorlik ontgin nie. Ek het die laaste 20 minute eerder gelos, Bella het klaar gekyk. En Leonard sal moet werk om rolle sonder Leanard te doen.... Saam met Bella op die Bank.

Sunday, June 9, 2019

Can You Ever Forgive Me? - 6/10

Can You Ever Forgive Me? is ietwat saai, maar tog bindend genoeg om mens tot die einde te laat kyk. Die vertolkings is teksboek materiaal. 'n Meer eksentrieke, connoisseur fliek keuse. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, June 8, 2019

All You Ever Wished For - 4/10

All You Ever Wished For is baie lig, oppervlakkig en redelik onskuldig. Die milieu is egter presies wat die titel se^ - ek sou beslis hier kon bly. Baie breinlose tjiekfliek vermaak. Gelukkig is dit 'n kort fliekie. Saam met Bella op die bank.

 

Friday, June 7, 2019

Domino - 5/10

Domino is 'n baie gemiddelde fliekie, met 'n gemiddelde pas en gemiddelde rolverdeling. Dalk nie heeltemal die tyd werd nie, maar darem nie lank en uitgerek nie. Saam met Bella op die bank.


Thursday, June 6, 2019

Catch-22, Seisoen 1 - 6/10

Catch-22 lyk belowend, maar sal dit nog een episide kans gee. Moeilik om te sien waarna die reeks mik (woordspeling bedoel in hierdie geval). Ek hou van die tekstuur, stelinkleding en era, maar dit sal nie reddende faktor alleen kan wees nie. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, June 2, 2019

All Is True - 6/10

All Is True lewer 'n opinie oor ou Willem Wikkelspies se laaste jaar of wat. Hoeveel histories en feitelik akkuraat is, is oop vir hewige en vele debat. Die milieu is meesleurend, die rolverdeling en vertolkings goed. Wat wel nie werk nie is die sporadiese vreemde kamera perspektief, wat nie die tydperk gestand doen nie. Maar een ding is seker, die bekgevegte hier lewer Engelse prosa op. Dit is ook dan duidelik, sy gesinslede was nie maklike mense nie... Saam met Bella op die bank.


Saturday, June 1, 2019

Into the White - 7/10

Into the White maak die hartseer van oorlog draagbaar vir 'n kort rukkie, todat realiteit weer inskop. Die Noorweegse wildernis is ongenaakbaar, onvergewend en tog perfek mooi - ook dan 'n metafoor vir die absurde ironie waarin die soldate hulself bevind. 'n Film met hart en 'n knippie humor. Saam met Bella op die Bank.

Doom Patrol, Seisoen 1 - 5/10

Doom Patrol se loodsepisode is nogals interessant, maar dan besef mens gou die res van die reeks steek nie kers op nie. Lyk nie of dit die tyd werd is nie. Saam met Bella op die bank.