Tuesday, June 30, 2009

Hond se Dinges - 4/10


Hond se Dinges is een van die beter slapstick-tipe Afrikaanse komedies, met 'n heel volgbare storielyn. Moet nie die jaar se beste verwag nie, en dit is ook glad nie gemik op die kunssinnige fliekganger nie...Daar is genoeg bo en onder die belt grappe. Daar is goeie Suid Afrikaanse akteurs in, dus is dit nie heeltemal 'n budget-beater nie. Frank Opperman speel dalk so ietwat oordrewe, in vergelyking met die res, maar dit pas seker ook dan goed by die intriges en so. Wat ook baie help, in vergelyking met Poena is Koning, Saam met Bella op die bank. Aan te bevole vir daardie Vrydagaande.

Sunday, June 28, 2009

The New World - 6/10


The New World met Colin Farrell is bietjie meer die Pocanhontas vir die denkende fliek-ganger. Die musiek in die fliek is baie mooi, en al die natuur tonele baie gepas - dit is egter vir my net 'n titseltjie te stadig. Moet se^ ek was baie moeg, want het die oggend die Dullstroom MTB Winter Challenge gery.... Farrell is nie my gunsteling akteur nie, maar speel heel aanvaarbaar, sowel as die Indiaanse meisie. Saam met Bella op die bank.

The Pink Panther - 6/10

The Pink Panther met Steve Martin is werklik waar snaaks - ook die tweede keer. Het hierdie gesien toe dit op die kriung begin draai het in SA, maar nou weer saam met die hele gesin op die bank. Die laaities kraai van die lag vir al die fisiese grappe. Martin is seker hier en daar bietjie te oordrewe, maar doen 'n baie goeie inspekteur. Ek het die tweede weergawe nog meer geniet. Hit dit ook so rukkie terug saam met die kinders gesien. Nog 'n lekker alternatief as mens nie te hard wil dink in die fliek nie.

Tuesday, June 23, 2009

Marley & Me - 6/10


Marley & Me is nouwel 'n volbloed Hollywood fliekie, maar is tog heel kykbaar, veral Jennifer....en veral wanneer sy vir Owen sy verjaardag present oorhandig... Storie is maar sterk sentimenteel, maar ouers kan beslis met die impak van kinder-keuses identifiseer. Dit is dan ook wat die fliek geslaagd maak, want dit skep 'n goeie geloofwaardige prentjie van die impak - beide honde en kinders. Saam met Bella op die bank. Aan't beveel vir aande wanneer jy net lekker wil ontspan voor die skerm, en nie noodwendig hard wil dink nie.

Sunday, June 21, 2009

Funny People I en II - 7/10


Ek dink Funny People I en II was waarskynlik baanbrekers films. Hulle is nie so snaaks soos die Leon Schuster moewies nie, alhoewel hy in II self speel.... Moet se dat die springmat toneel seker een van die bestes is. Dit bly snaaks, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Saam met die hele familie op die bank.

The Gods must be Crazy II - 9/10


Vir 'n Suid-Afrikaanse produksie in die jare wat dit vrygestel is, is hierdie 'n tydlose klassieke film. Dit is eenvoudig puik en een van my absolute gunstelinge. Dit is ook beter as die eerste een, wat op sy eie net so goed is. Ten sterkste aan te beveel vir daai Vrydagaand pooped gevoel. Ek het dit ook oorspronklik as nuwe vrystelling in Pietersburg gesien - nog in die Astra teater... Wat mens ook byval is hoeveel mens kan oordra sonder woorde. Veral waar die klein familie herenig. Saam met die hele familie op die bank hierdie slag. Ek gaan ook beslis die een aanskaf, net soos die eerste.

Saturday, June 20, 2009

My Sassy Girl - 3/10

Nee, wat, My Sassy Girl maak dit nie....Dit is een van daardie fliekies wat in die voorprent lyk asof dit 'n vlakkie beter as die normale chick flick gaan wees, maar wat dan heeltemal teleurstel. Die karakters is net nie geloofwaardig in hulle weergee van emosies nie. Baie ligte vermaak as jy effens breinloos voel. Saam met Bella op die bank.

Wednesday, June 17, 2009

Comments en Jan

Sorry, Jan, nou eers gesien jy het comments gemaak op van my skrywe....ek het sommer dadelik 'n epos waarskuwing aangesit indien jy weer comment.....The Reader is nog nie op DVD nie...

Die Bank, die Leer en die TV...

Die bank waarna soveel verwys word....'n Coricraft Kariba 2.15m met Zambezi Brown Exotic Leather - Net lekker om te le^ en fliek.







En die skerm waarop ons kyk....Sony Bravia 40" LCD TV - S Series








Tuesday, June 16, 2009

Doubt - 7/10


Doubt is 'n verhoogstuk wat verwerk is as film, sonder om te veel moeite te doen om die film medium tot voordeel te gebruik. Die akteurs is egter puik, en alhoewel die storielyn redelik eenvoudig is, is dit steeds boeiend. Moet glad nie enige aksie of so verwag nie, net sterk dialoog. Dit spreek 'n swaar aktuele saak aan, maar is tog nie swaar om te kyk nie. Vir ernstige fliekvlooie, nie luise nie. Saam met Bella op die bank.


The Curious Case of Benjamin Button - 8/10

The Curious Case of Benjamin Button is regtig 'n baie interessante storie. Die feit dat Fitzgerald van The Great Gatsby faam dit geskryf het maak dus baie sin. Daar is 'n ou grappie wat rondloop dat mens eerder by jou begrafnis moet begin en dan terug werk na tiener, kind, baba en dan eerder eindig met 'n orgasme as die dood. Die film gaan nou wel nie so ver nie, maar raak al die kwessies met styl aan, sou so iets gebeur. Die fliek is lank, met 'n stadige lyn, maar dit pas by die storie. Baie goeie akteurs, en die fliek bevestig ook weereens dat Cate Blanchett seker die mees veelsydigste en beste aktrise van ons tyd is. Dit werk op DVD. Kyk gerus. Saam met Bella op die bank.

Monday, June 15, 2009

The House Bunny - 3/10

The House Bunny is maar 'n baie lee fliekie. Moet nie veel verwag nie, selfs nie eers kaal meisies nie.... Dit raak na so rukkie bietjie irriterend, maar mens kan dit darem net-net klaar kyk. Heel voorspelbare lyn en al. Saam met Bella op die bank.

The Beach - 7/10

Mens kry twee soorte skop, skiet en slaan flieks - die wat net dit is, en dan die wat darem so 'n lagie of twee by het. The Beach val in die tweede kategorie. Ek is ook gewoond daaraan dat ou Leo meesal in sulke tipe flieks speel. Kyk maar na What's eating Gilbert Grape, Match stick men, The Aviator, etc. Die enigste wat hy tot dusver gespeel het wat nie 'n gelaagde storie het nie is sekerlik Titanic, maar dit het ek tog op 'n ander manier geniet. Hierdie film raak 'n paar filosofiese kwessies aan, insluitend plesier, eksistensialisme, etc. Dit raak dan ook duidelik, dat al kan mens die mees perfekte strand ooit ontdek, en selfs daar woon, daar maar probleme in die paradys is. Daar is altyd een of ander opoffering wat nodig is om die paradys te laat voort bestaan, soms is dit ander wat die prys moet betaal. Baie goeie toneelspel, en beslis aan te beveel. Saam met Bella op die bank.

Friday, June 12, 2009

Frozen River - 6/10

Frozen River is ietwat swaar, maar darem nie te swaar nie. Dit laat mens egter weereens baie mooi besef hoe maklik jy dit kan he in vergelyking met ander en hoe gemaklik en ingerig 'n mens se voorstedelike bestaan is. Die akteurs is almal goed en redelik onbekend. Moet se hierdie is een van die beter Kanadese films wat ek al gesien het, al is dit duidelik met 'n klein begroting gemaak. Die storie maak goed op daarvoor. Saam met Bella op die bank.

Seven Pounds - 6/10

Seven Pounds herinner baie sterk aan Jesus of Montreal. Die laaste was ook vir my beter, al het ek dit 'n hele paar jare vroeer gesien. Pounds neig so ietwat na oor-sentimenteel, maar dit is mos maar 'n sterk Hollywood neiging. Smith speel egter nie te sleg nie. Wat wel verwarrend in die fliek is, is dat dit 'n hele rukkie vat voordat mens agterkom wat eintlik aangaan. Ek het ook die Seven Pounds idee gemis, maar dit verwys seker maar nou ou Shylock in die Koopman van Venisie wat die beroemde stelling gemaak het. Die fliek is beslis kykbaar, en mens kan dit op DVD geniet. Saam met Bella op die bank.

Transporter 3 - 5/10

Transporter 3 is 'n redelike goeie aksie fliek, met een van die beter kar jaagtonele wat ek al gesien het. Seker net Bond met die tank was beter. Mens kan ook die Besson-aanslag sien. Heel kykbaar op DVD vir 'n naweekaand. Jason werk goed in die tipe van rolle. Saam met Bella op die Bank.

Wednesday, June 10, 2009

The Pentagon Wars - 5/10

The Pentagon Wars is soos The Hitchhiker's Guide to the Galaxy - geen ingenieur wat betrokke is in R&D kan dit mis nie.... Die akteurs speel heelwat oordrewe, maar ou Frasier se generaal is seker redelik akkuraat. Daar is heelwat snaakse oomblikke, soveel dat Bella dit ook geniet het. Daar is twee regtige snaakse tonele, een met skape en een met stoofplaatjies....Lekker lig as mens oppervlakkig kyk, maar dit is ook wyd bekend dat hierdie fliek in verskeie kursusse as gevallestudie gebruik is. Saam met Bella op die bank.

The Boy in the Striped Pajamas - 7/10

The Boy in the Striped Pajamas het redelik versigtig dit reggekry om nie te sentimenteel te wees nie, en ook nie net skokkend ter wille van skok nie. Dit is egter 'n storie wat mens raak, bloot agv die gebeure op die ou einde. Dit is ook skreiend hoe die Duitse seuntjie verskil van sy pa. Dit is nie 'n baie swaar fliek nie, maar die einde sal mens tog raak. Aan te beveel as jy lus is vir iets met 'n nie te komplekse storie nie, maar tog diepere lyne. Saam met Bella op die bank.

You Don't Mess with the Zohan - 2/10

You Don't Mess with the Zohan slaag nie heeltemal vir my nie. Ek kan nogals na fliekies van ou Adam kyk, soos bv Click. Hierdie een is net nie snaaks genoeg nie. Mens kan dit seker maar kyk op 'n Vrydagaand as jy lus vir niks is nie.... Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 5, 2009

Requiem for a Dream - 6/10


Requiem for a Dream is een van daai flieks wat nie regtig vir ontspanning bedoel is nie. Mens moet dit egter kyk as jy beplan om verslaaf aan iets te raak....Dit is goed gemaak, en daar word van meer as een kamera en klank eksperimentele pogings gebruik gemaak. Die film is nie heeltemal uitputtend om te kyk nie, maar mens is vir vrek min lus na die film. Kyk net as jy redelik oopkop is in die moewies.... Saam met Bella op die bank.



Wednesday, June 3, 2009

No Reservations - 5/10

No Reservations probeer ernstig en lig wees in dieselfde fliek. Dit slaag nie heeltemal nie, en verval in sentiment. Catherine slaag glad nie as die kwaai kok nie, en ook nie in die ernstige rol nie. Op die vliegtuig tussen Keulen en SA. Was by NCW 2009.

The Devil Wears Prada - 6/10

The Devil Wears Prada wys hoe erg mens se baas kan wees, en hoe leeg 'n bedryf op die ou einde kan wees, al probeer die wat daarin vasgevang is om hulle self en die daarbuite anders te oortuig. Die duiwel speel seker so bietjie oordadig, maar moet om die boodskap hard en duidelik oor te bring. Die klere is regtig mooi, veral soos wat Anne verder vorder om opgeslurp te raak in die bedryf. Die duiwel speel puik. Kyk gerus. Op die vliegtuig tussen SA en Keulen, oppad terug van NCW 2009.

Yes Man - 5/10

Yes Man is 'n fliekie wat mens so ietwat aan die dink sit. Dit volg dan ook eerder die wereldse pad van doen goed aan ander, as die bybelse pad. Mens kan seker dit as New Age of Humanisties klassifiseer. Dit is egter steeds interessant, en laat mens wonder oor hoeveel keer jy al in jou lewe nee gese het, waar daar uiteindelik 'n versteekte ondervinding of positiewe einde was. Mens se baie meer nee in jou lewe eerder as ja. Ek het die film geniet en ou Jim het al redelik verby sy gewone persona beweeg. Dit is nog steeds teenwoordig, wat hom beperk tot die tipe van rolle. Mens kan dit gerus kyk - dit is ligter vermaak met 'n baie goeie en diep versteekte boodskappie. Op die vliegtuig tussen SA en Keulen vir NCW 2009. 

The Reader - 6/10

The Reader is maar 'n sad storie, en nog 'n fliek oor die tweede wereld oorlog. Dit is egter uit 'n heel ander perspektief as die ander, gewone oorlog flieks. Ek vind die storie heel kykbaar, maar die feit dat die ouer vrou 'n skoollaaitie vasdruk is dalk so effens vergesog, veral in die milieu waarin die film afspeel. Die aanvanklike ontmoeting is ook nie heeltemal gewens nie. Dit is dan seker die moederlike instinkte en die weerloosheid van die seun wat die vrou daartoe dwing. In elk geval, 'n swaarder storie, maar nie te swaar nie. Op die vliegtuig van SA na Keulen vir NCW 2009. Aan te beveel.