Friday, April 28, 2023

Peter Pan & Wendy - 4/10

Peter Pan & Wendy is 'n flou Disney poging. Niks nuut nie, dalk net beter grafika. Het binne 20minute tou opgegooi. Geen dubbel-lyn vir die kleinspan en die oues nie. Saam met Bella op die Bank.



Tuesday, April 25, 2023

The Diplomat (VSA, 2023), Reeks - 7/10

The Diplomat het 'n stywe pas, skerp dialoog (mens moet kophou), bogemiddelde vertolkings en 'n perfekte rolverdeling. Stel ook 'n standaard vir die genre met sy verfrissende maar versteekte tong-in-die-kies benadering. Die "spanning" tussen die twee hoofrolle is aanvoelbaar en maak hierdie soveel meer pret. Mens wil hierdie klaarkyk. Elke episode voltrek dan ook met 'n taamlike aan-die-naels-hang einde. Saam met Bella op die Bank.

 

The Diplomat (VK, 2023), Minireeks - 4/10

The Diplomat (hierdie is die VK een, nie die VSA een nie) het 'n romantiese milieu, maar met saai dialoog en nie gepaste rolverdelings nie. Niks fout met die akteurs nie, hulle vertolkings pas net nie in die genre nie. Dalk is dit meer realisties as die gatskop The Diplomat, maar beslis nie soveel pret nie. Het tydens die eerste episode besluit nie die tyd werd nie. Die saak wat ondersoek word is nie oortuigend nie. Saam met Bella op die Bank.


 

Sunday, April 23, 2023

Ghosted - 4/10

Ghosted is 'n aksie tjiekfliek. Te veel voorspelbaar en tipiese Hollywood materiaal. Redelike vermaak vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, April 22, 2023

Hunger - 7/10

Hunger is soortgelyk aan The Menu maar tog ook nie. Wel die moeite werd om te kyk, probeer net 'n weergawe kry in die oorspronklike taal met onderskrifte. Die film voel nogals lank. Van die eet tonele is barbaars... nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


The Locksmith - 3/10

Nee wat, The Locksmith mis al sy geleenthede en potensiaal. Met 'n swakkerige rolverdeling help die geloofwaardige lyn en redelike milieu net mooi niks. Die film is ook nie seker of dit realisties of nie wil wees nie. Saam met Bella op die Bank. 




Friday, April 21, 2023

Ant-Man and the Wasp: Quantumania - 1/10

O gits nee, hierdie is 'n pot mierpoep. Ant-Man and the Wasp: Quantumania maak so staat op fantasie grafika dat mens nie anders kan as om dit af te sit nie. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, April 15, 2023

Thursday, April 13, 2023

Saturday, April 8, 2023

The Night Agent, Reeks - 6/10

The Night Agent is nie noodwendig so briljant nie, die rolverdeling kan beter, die vertolkings kan beter, die milieu is redelik oortuigend, maar vir een of ander rede kan mens nie die episodes los nie - kyk sommer twee na mekaar, hoogs ongewoon vir my kykvoorkeure. Die japon-toneel staan ook nogals uit... Saam met Bella op die Bank.
 

Tuesday, April 4, 2023

Living - 8/10

Living is nie ligte vermaak nie, maar het 'n tong in die kies gevoel, veral hoe die Britse burokrasie uitgebeeld word. Sterk vertolkings regdeur met 'n indrukwekkende rolverdeling. Wat egter hier uitstaande is, is die periode drama deel - die milieu en kostuumwerk is onverbeterlik. Op die ou einde handel die film oor kommunikasie en oudword (wel, seker nie oudword nie maar die dood). Saam met Bella in Buffelsbaai


Monday, April 3, 2023

Marlowe - 7/10

Marlowe het 'n outentieke gevoel, met 'n romantiese uitbeelding van die era. Die milieu, kostuumwerk en stelinkleding is uit die boonste rakke. Die hoofrol vertolking is onverwags hoogstaande. En ek dink Liam Neeson het sy tweede (?) beroep gevind. Die storie mag dalk stadig en saai voorkom vir iemand wat meer 'n Liam Neeson fliek verwag. Saam met Bella in Buffelsbaai.