Saturday, May 25, 2013

Down Periscope - 6/10

Down Periscope is lekker lig en snaaks. Dit is 'n ou fliek, baie soortgelyk aan Pentagon Wars. Moenie te veel verwag nie, ontspan net. Perfek vir 'n Vrydagaand na 'n lang week. Saam met Bella op die bank. 

Friday, May 24, 2013

Hitch - 6/10

Hitch is 'n goeie voorbeeld van sy genre. Lekker tjiekfliekie met 'n paar grappe wat die manne sal kan kyk. Die meisies sal hierdie een baie geniet, so kyk maar saam met haar... Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 19, 2013

Lock, Stock and Two Smoking Barrels - 6/10

Daar is niks fout met Lock, Stock and Two Smoking Barrels nie. Dit is goed gemaak, gepas humoristies, swart humor. Dit is amper 'n kunsfliek voorbeeld van die genre. Ek raak egter al meer sensitief vir sinlose geweld. Die lyn is lekker konkelend met 'n baie goeie einde. Saam met Bella op die bank.

Saturday, May 18, 2013

Ella Enchanted - 5/10


Ella Enchanted is 'n lekker ligte, lawwe fliekie. Saam met Bella en Anrich op die bank. Franko wou dit nie weer kyk nie...

Angus, Thongs and Perfect Snogging - 6/10

Angus, Thongs and Perfect Snogging is 'n bittersoet, onskuldige kykie na grootword. Dit is baie gepas vir Standerd vyfs. Lekker ligte Britse humor, met 'n baie meer gepaste aanslag as Hollowood. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 12, 2013

Paljas - 7/10


As mens in ag neem dat Paljas 1998 in die teaters gedraai het, was die film sy tyd vooruit. Nie in terme van verhaal of so nie, maar in terme van die "gevoel" van die film. Die verhaal is wel klassiek. Alhoewel die film 'n ouderdomsperk van 13 Taal het, is dit wel toeganklik vir middel tot laat laerskool kinders ook. Nog 'n pyl in die koker van Afrikaanse flieks wat mens behoort te sien. Saam met Ouma Lenie en die familie in Bloemfontein, nie almal op een bank nie! Was daar vir Ouma se verjaardag en Moedersdag. 


Sunday, May 5, 2013

Butter - 5/10

Butter is 'n gemiddelde, amper cliche van off-circuit Amerikaanse kunsflieks. Dit is 'n soet ou storietjie met aweregse karakters en 'n oordrewe tema. Die hoofrolle word egter puik vertolk, as mens die genre in ag neem. Wat die fliek minder suksesvol maak is die meganistiese uitvoering daarvan, resepagtig. Kyk vir 'n rustiger aandjie tuis. Saam met Bella op die bank.

Saturday, May 4, 2013

A Royal Affair - 8/10

Wel, wat se die Rooi koningin, AF MET SY KOP! In A Royal Affair vervaag die lyn tussen geskiedenis en fiksie soveel dat as mens klaar gekyk het, jy so ligte kriewel ervaar. Puik omdat die film in sy oorspronklike taal gelaat is met Engelse onderskrifte. Daar is in elk geval soveel Deense woorde wat mens raak hoor in Afrikaans. Pragtig gemaak, uitstekende periode drama (of feit). Geloofwaardige vertolkings. Kyk gerus, dalk net nie as jy te moeg is nie, dit beweeg wel hier en daar stadig, maar die wag is die moeite werd. Mens het dan ook aanvanklik 'n ooreenstemmende, met die koningin, gevoel van weersin in die koning, maar dan later besef mens sy lot en kry hom dan ook jammer. Saam met Bella op die bank. 

The Sessions - 8/10

The Sessions is nie vir ouma of boeta om saam te kyk nie, maar van die mees gevoelvolste flieks oor 'n redelike moeilike tema. Helen Hunt het 'n taamlike brawe rol aangepak sonder skroom sou ek reken, en vir 'n 1963 model, baie goed. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, koeitjies en kalfies word op die naam gese^ en gewys. 'n Besonderse film, ekonomies, en wat mens met uiterste deernis laat. 'n Intellektuele tjiekfliek. Puik vertolkings, regdeur. Saam met Bella op die bank.