Sunday, August 28, 2016

The Young Messiah - 5/10

The Young Messiah is te stadig, ontdek en ontgin nie die potensiaal wat die tema bied nie. Moet erken ek was ook bietjie slaperig tydens hierdie een. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Saturday, August 27, 2016

Now You See Me 2 - 6/10

Now You See Me 2 is nie so goed as die eerste uitgawe nie, maar is steeds 'n lekker Vrydagaand film om te kyk. Saam met Bella, Franko en Anrich op die bank.

Ratchet & Clank - 5/10

Ratchet & Clank is kortvolk materiaal, met baie goeie grafika. Kykbaar, maar het nie 'n dubbel laag lyn vir groot en klein nie. Saam met Bella, Franko en Anrich op die bank.

Sunday, August 21, 2016

The Man Who Knew Infinity - 6/10

The Man Who Knew Infinity is 'n stadige, sagte kykie na Wiskunde, of eerder, hoe om jou merk in die veld te maak. Goeie vertolkings, maar ek kry die gevoel hier is heelwat suur druiwe. Ek dink ook die film het nie al die potensiaal tot sy beskikking ontgin nie. Die karakter ontwikkeling en storielyn voel net te een dimensioneel. Saam met Bella op die bank. 

Stranger Things, Seisoen 1 - 6/10

Stranger Things begin nogals met 'n stywe spanningslyn. Ek geniet die vroee" tagtigers gevoel. Herinner sterk aan E.T. Dit is net 8 episodes, so hulle sal redelik moet beweeg. Saam met Bella op die bank. Het teen seisoen 3 ophou kyk, voel net te veel dieselfde en nie die tyd werd nie. 

Friday, August 19, 2016

Lazer Team - 5/10

Lazer Team is beslis nie hoofstroom komedie of wetenskapfiksie nie, maar het heelwat snaakse tonele. Baie lig, perfekte Vrydagaand vermaak. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Franko het stukke saam gekyk. 

Sunday, August 14, 2016

The Lady in the Van - 9/10

The Lady in the Van is 'n baie sagte, eufemistiese kykie na boemelary, maar dan glam-boemelary, of glansboemelary... Stadige tempo, diep karaketers, onderliggende aggressie en aanvaarding. Puik vertolkings, tipies Brits. Ek dink nie hulle maak nog sulke goeie akteurs as Maggie Smith nie, sy is waarlik die beste. Beslis kunsfliek materiaal, dus moet jy nie aksie, spanning en drama verwag nie, eerder sterk ondertone. Saam met Bella op die bank.



Child 44 - 7/10

Child 44 fokus eerder op die gebeure rondom oorlog, maar lig steeds die grimmigheid daarvan uit. Hierdie voel amper eerder soos eskapism as oorlog tragedie, of dalk selfs 'n speurverhaal. Wat die film wel treffend regkry is om die sinloosheid van oorlog te benadruk, asook oorlogsgeweld en die effek van oorlog op familie en kinders grootmaak. Kyk as jy sterk voel, saam met Bella op die bank. 

Money Monster - 6/10

Daar is ten minste twee alternatiewe name vir Money Monster, American Dream of beter, American Psyche, 'n sinspeel op 'n film met amper dieselfde titel. Ek verkies die tweede een, dit som die film totaal op. Raak vertolkings, hoe dan anders as met twee van die Amerikaanse liefling akteurs wat hulle beste gee. Die einde ontaard in 'n spektakel, en weereens, hoe dan anders as met Narcistiese, patriotiste? Maar, wat die film wel bereik, is 'n kykie na binne, alles is altyd vir die show, en nie vir die werklike waarde daarvan nie. Kyk gerus, die film is wel vermaaklik, hoe dan anders as met Hollywoodstapel. Soos Bella dan ook se^, behalwe vir die stomende sekstoneel wat kort, het hulle alles in hul reseparsenaal gebruik om hierdie een te maak. Saam met Bella op die bank.
 

Saturday, August 13, 2016

The Huntsman: Winter's War - 6/10

The Huntsman: Winter's War is beter as die vorige een, maar ek moet se^ dat Charlize al slegter en slegter vir my toneelspeel. Sy is eintlik net 'n irritasie in hierdie fliek. Saam met die familie op die bank, alhoewel Franko nie alles gekyk het nie. 

Friday, August 12, 2016

A Hologram for the King - 6/10

A Hologram for the King is 'n ligte romantiese drama in seker een van die meer onwaarskynlike milieus. Dit werk egter heel goed met geloofwaardige vertolkings. Dit het 'n redelike tempo, maar voel tog bietjie stadiger met heelwat ekonomie in terme van die milieu, vertolkings, karkaters en karakterontwikkeling. Dit voel ook tot 'n mate klinies, utopies met 'n skertsie fantasie daarbysaam. Nie 'n tjiekfliek nie, maar dalk meer 'n intellektuele romantsie komedie as daar so iets kon wees. Saam met Bella op die bank.

Monday, August 8, 2016

Mother's Day - 3/10

Mother's Day is basiese Hollywood sentiment, met 'n era van vervloee" akteurs en vele verwysings na ander films, soos Fried Green Tomatoes. Een ding is seker, Me Aniston kan nie meer nie... Saam met Bella op die bank.


The Expanse, Seisoen 1 - 3/10

The Expanse het redelik potensiaal, maar omdat mens geen konneksie met enige van die karakters maak nie, is mens glad nie gepla as hulle iets oorkom nie. Voel te sepierig. Het twee episodes deurgemaak, met die eerste redelik deurmekaar met die gewone posisionering, en die tweede uiters vaal. Effekte is egter hoe" kwaliteit. Saam met Bella op die bank. gaan dit beslis nie verder kyk nie. 

11.22.63, Minireeks - 7/10

11.22.63 draai rondom Kennedy se sluitmoorddood, maar dan voel dit asof hulle meer draaie rondom ander karakters maak, as rondom die saak. Die reeksie beweeg bietjie stadig, maar het 'n outentieke Sestiger-Amerika gevoel en styl. Die rolverdeling kon nie beter nie. Dit is 'n kort enkel-seisoen reeks, met 'n baie sinvolle konklusie. Saam met Bella op die bank.


Whiskey Tango Foxtrot - 6/10

Whiskey Tango Foxtrot is 'n vars Afghanistan fliek. Dit het redelik min gru, maar heelwat kru, so wees gewaarsku. Doekies word beslis nie hier omgedraai nie. Omdat dit op ware gebeure en karakters gebaseer is, voel dit hier en daar soos 'n doku-drama, maar dit pla nie te veel nie. Die lyn is erg energiek en hele fliek het nogals 'n energieke gevoel. Dit alles word baie sterk onderstreep deur die hoofrol vertolking. Die gatskopmeisie staan beslis vir niks en niemand terug nie. Het hierdie op 'n werk naweek in Kimberley, alleen op die skootrekenaar gekyk. Ai. Bella het dit egter die selfde tyd by die huis gekyk....

Monday, August 1, 2016

Hail, Caesar! - 1/10

Hail, Caesar! moet liefs vermy word, silly fliekie oor 'n silly bedryf. Dit het 'n ster-belade verdeling, tot 'n mate karakterontwikkeling, maar voel soos 'n fliek van akteurs vir akteurs. Saam met Bella op die bank.