Sunday, August 29, 2021

Efterforskningen (The Investigation), Minireeks - 8/10

Soos te verwagte, absolute minimalisme, geen koeitjies en kalfies nie, maar met 'n opbouende afwagting, al ken mens die ware gebeure van Efterforskningen (The Investigation). Stylvolle minireeeks van 'n moord wat net na ons in Kopenhagen was plaas gevind het. Hiper-realistiese vertolkings, milieu, kostuumwerk, stelinkleding en vertolkings. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, August 28, 2021

The Toll - 5/10

The Toll is ietwat sinloos en te geweldadig. Ek het by tye aan die slaap geraak en dalk die einde gemis. Saam met Bella op die Bank.
  

Sunday, August 22, 2021

Reminiscence - 6/10

Reminiscence is gangbaar maar vir een of ander rede werk die Noir stem van die manlike hoofrol nie lekker nie. Interessante konsep met so paar gate hier en daar. Saam met Bella op die Bank.




Saturday, August 21, 2021

The White Lotus, Reeks - 7/10

Ek was so bietjie teleurgesteld by die verneme dat The White Lotus 'n opvolg seisoen het. Hierdie tipe reeks het die beste slaankrag as 'n kort, kragtige minireeks. Maar dit ten spyt, met die openingstoneel van die reeks primie^re is daar 'n afwagting na 'n verduideliking geskep wat met elke episode meer intens raak, veral omdat die saak glad nie aangeraak word nie. Daar is verborge wenke na moontlike oorsake, maar word verdoesel deur ander sensasie-skok elemente. Die reeks raak menslike natuur op so 'n manier aan dat dit nogals onrusbarend, onheilspellend, half ontstellend is. Nie een van die karakters, behalwe dalk een, is gure mense nie. Maar die oordonderende Hawaiise klankbaan versterk die broeinde sweer wat sekerlik moet oopbars. Beslis 'n vlak van kreatiwiteit versteek in blote sig. Saam met Bella op die Bank.



 

Annette - 3/10

Annette is 'n vertoonstuk vir veeldoelige en talentvolle akteurs. Dit is egter wel nie kykbaar en sinvol vir 'n gehoor nie. Meer as 'n aks esoteries. Dalk die perfekte finale jaar projek van 'n drama student. Sowat 15 minute is al wat ek kon maak. Saam met Bella op die Bank.

 

Friday, August 20, 2021

Snake Eyes - 5/10

Snake Eyes is maar gewone skop-skiet-en-donder met 'n tikkie Ninja fantasie by. Dit is gemiddelde, breinlose vermaak vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die Bank.


 

Sunday, August 15, 2021

Toorbos - 9/10

Toorbos sou tien uit tien kry as dit nie vir die swakker manlike hoofrol rolverdeling was nie. Maar die milieu, periode, kostuumwerk en vertolkings is alles uit die boonste rakke, en dit vir 'n plaaslike produksie. 'n Mooi verhaal in 'n feetjiebos. Saam met Bella op die Bank (sy het dit wel reeds gesien).



Saturday, August 14, 2021

Land - 6/10

Land is 'n stadige maar kort kunsfliekie oor die onvermoe" om te herstel na 'n erge traumatiese ervaring. Dit is sielvol en besielend, en beslis nie lig nie. Saam met Bella op die Bank.


James May: Our Man in Japan, Dokumenter, Minireeks - 6/10

James May: Our Man in Japan bevestig wat ek lankal wil doen, Japan van Noord na Suid besigtig. 'n Kykie buite die gewone toeriste attraksies. Saam met Bella en Anrich op die Bank.




 


Friday, August 13, 2021

The Last Mercenary - 6/10

The Last Mercenary is onpretensieus en sommer net laf. Die tong-toneel is skreeusnaaks, en daar is heelwat aksie humor. Moet nie 'n JCVD film verwag nie, hier het hy al heelwat myle op, mens herken hom amper nie. Daar is wel 'n gespot met van die aksie-tonele uit sy vroee"re films. Mens moet nogals vinnig lees om 'n aksie-komedie met onderskrifte te kyk. Verfrissend non-Hollywoods. Saam met Bella op die Bank. 




  

Monday, August 9, 2021

Spoorloos, Reeks - 5/10

Spoorloos is net te drama-agtig. Sal nog besluit en nog so een episode kyk. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, August 8, 2021

Queen & Country - 7/10

Queen & Country is die opvolg van Hope and Glory. Dit is minder oorspeeld as sy voorganger en op die ou einde net 'n verdere verloop van gebeure. Dit het wel hart, en mens bly tog kyk. Lewensdrama op ware gebeure geskoei. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, August 7, 2021

The Suicide Squad - 4/10

The Suicide Squad kan doen met skerper humor eerder as die afgestompte optrede. Die rolverdeling is raak, en die haai (King Shark) is waarskynlik die snaakste en beste deel van die fliek. Die antagonis is nie waarlik die antagonis nie, en eerder 'n tragiese verloop van gierigheid, gulsigheid en goedgelowigheid. Saam met Bella op die Bank.



Friday, August 6, 2021

Jungle Cruise - 4/10

Jungle Cruise is maar flou makou, en dalk te veel op die kortvolk mark gerig. Die dialoog is skoon, daar is nie seks en vloek nie, maar die antagonis is werklikwaar vreemd, veral die keuse van karakter en rolverdeling. Dit voel regtig onvanpas. Ek is seker 'n swetterjoel Standerd Eens sal hierdie baie waardeer. Saam met Bella op die Bank.




  

Sunday, August 1, 2021

F9: The Fast Saga - 4/10

Moet nie enigsins verwag F9: The Fast Saga vervolg mooi op die voorgangers nie. Hierdie is iets nuuts, maar eintlik maar onsinnige Hollywood pulp. Ten minste redelike eskapism met verregaande tonele. Saam met Bella op die Bank.