Friday, August 30, 2019

John Wick: Chapter 3 - Parabellum - 6/10

John Wick: Chapter 3 - Parabellum is dalk nie heeltemal my gunsteling nie, maar is een van die meer ordentlike skop-skiet-en-donder films. Daar is heelwat aksie, stylvolle stelle, en 'n skeutjie humor hier en daar. Beslis Vrydag of Saterdagaand materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank. 

 

Saturday, August 24, 2019

Peterloo - 5/10

Peterloo het 'n sterk rolverdeling en akkurate periode stel, maar faal om mens se aandag te hou. Meer as die eerste helfte voel soos 'n verhoogstuk mat dralende, dreunende monotone dialoog. Soveel so dat mens maar opgee en dan vinnig so paar skote aan die einde kyk. Dit bly tragies en jammer dat mense tot sulke dade in staat is. Ek kon net nie aanhou kyk nie. Beslis kunskring materiaal. Saam met Bella op die Bank.

 

Friday, August 23, 2019

Men in Black: International - 7/10

Men in Black: International is die ideale Vrydagaand ontspannings materiaal saam met ongesonde wegneem etes en bier voor die televisie. Dit voel ietwat onderspeeld maar het 'n sterbelaaide rolverdeling. Die perfekte balans tussen marsmanne, skop, skiet en boomklim. Niks voel oordoen nie, net genoeg van alles. Saam met Bella en Franko en Anrich op die Bank.

Saturday, August 17, 2019

The Boys, Seisoen 1 - 6/10

The Boys haal beslis die masker van skoongeskeerde, netjiese, welsprekende superhelde af. Hulle jaag roem en rykdom na, en neem aanvegbare besluite. Sal hierdie nog 'n kans gee. Saam met Bella op die Bank.

Friday, August 16, 2019

The Secret Life of Pets 2 - 5/10

The Secret Life of Pets 2 het sy humoristiese oomblikke en voldoen grotendeels aan wat mens verwag. Die rekenaargrafika is wel uitstaande. Saam met Bella en Anrich op die Bank.


Saturday, August 10, 2019

Ode to Joy - 6/10

Ode to Joy is 'n ligte fliekie van 'n redelike moeilike kondisie. Dit kyk maklik en is nie oormatig stroperig nie. Die rolverdeling werk en die vertolkings is net-net nie oordadig nie. Meer vir die meisies, maar die vroulike hoofrol maak dit die moeite werd vir die manne. Saam met Bella op die Bank.


Friday, August 9, 2019

Employee of the Month - 4/10

Employee of the Month is 'n aks onder-gemiddeld, naar hou tog mens se aandag. Daar is nie skreeusnaakse tonele nie, meer van die grynslag soort. Die tema is universieel, of jy nou die grootbaas van 'n top maatskappy of 'n tilslaner by die OK Bazaars is, dis maar orals dieselfde as jy we'rk. Saam met Bella op die Bank.


Thursday, August 8, 2019

Aladdin (2019) - 7/10

Aladdin doen die animasie weergawe met al die musikale snitte beslis gestand. Dit het steeds 'n animasie gevoel, maar kyk net so goed indien nie beter nie. Die rolverdeling stel gerus met 'n tempo en lyn wat voorspelbaar verloop (na gelang van die animasie), en wyk nie van die resep af nie. Indrukwekkende grafika en produksie. Saam met Bella en Anrich op die bank, alhoewel hy na sowat 20 minute moed opgegee het. 

Saturday, August 3, 2019

Romulus & Remus: The First King - 6/10

Ek sidder om te dink wat sou Hollywood met Romulus & Remus: The First King gemaak het... Ten spyte van die proto Latyns wat hulle praat met waarskynlik swak vertaalde teks (onderskrifte), kyk hierdie fliek moeiliker maar hou mens se aandag. Ek sou graag 'n kundige span se poging wou sien met die vertaling. Dit voel egter hiper realisties en histories korrek, soveel so dat mens regtig net hoop iemand gaan van die mense 'n behoorlike bad aanbied! Ek dink daardie jare was swaar, veral as jy nie in die regte klas of familie was nie. En 'n slaaf was. Dit was rof, hard en onheilspellend. Saam met Bella op die Bank.


Friday, August 2, 2019

Ghost Light - 6/10

Ghost Light is baie lig, beslis 'n komedie met so ligte ril element daarby. Baie tong in die kies, maar tog kykbaar. Ek sou dit nou nie in die teater gaan kyk het nie, maar op die Bank, saam met Bella, is dit skaflik.


Thursday, August 1, 2019

Pennyworth, Seisoen 1 - 6/10

Pennyworth is donkerder maar nie te veel nie. Dit het 'n pretelement en gekoppel aan die milieu en taal en kultuur kyk dit heel maklik. Saam met Bella op die Bank.