Saturday, February 29, 2020

Motherless Brooklyn - 5/10

Motherless Brooklyn is in die noir styl, maar oortuig nie. Die kombinasie van Tourette sindroom met die milieu en tema smee nie wel nie. Dit raak dan langdradig en vermoeiend om te wag vir die einde. Saam met Bella op die Bank, en die slag het sy gesluimer...


Friday, February 28, 2020

Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) - 7/10

Hundraåringen som klev ut genom fönstret och försvann (The 100 Year-Old Man Who Climbed Out the Window and Disappeared) is 'n stil, minimalistiese komedie. Die het heelwat baie snaakse tonele en oomblikke. Dit voel asof die film op 'n werklike persoon gebaseer moes gewees het, maar is nie. Nie seker hoekom mens so 'n boek sou wou skryf nie, maar ten minste is dit goeie kyk materiaal en beslis nie hoofstroom nie. Kyk gerus as jy beter wil voel. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, February 22, 2020

Last Christmas - 5/10

Last Christmas is heel kykbaar vir 'n tjiekfliek met 'n cliche kinkel, maar wat steeds nogals onverwag en onafgekondig gebeur het. Redelike humor en drama. Saam met Bella op die bank.


Friday, February 21, 2020

Hot Air - 6/10

Hot Air is redelike materiaal met dialoog wat mens noukeurig moet volg. Tot 'n mate verwag mens die gebeure en verloop van sake. Saam met Bella op die bank.
  

Wednesday, February 19, 2020

Greyzone - 6/10

Greyzone is 'n realistiese reeksie in 'n ander taal met onderskrifte. Dit het 'n onderspeelde, stylvolle, ongekompliseerde, minimalistiese gevoel. Daar is net 'n paar episodes, en elk beweeg stadiger as wat mens gewoond is vir die tipe genre. Saam met Bella op die bank.

Saturday, February 15, 2020

Charlie's Angels (2019) - 5/10

Charlie's Angels werk nie heeltemal vir my nie, maar is tog redelike kykvermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, February 9, 2020

A Beautiful Day in the Neighborhood - 7/10

A Beautiful Day in the Neighborhood is 'n sagte fliekie, net soos die hoofkarakter daarin. Dat een mens wel so kan optree met so ononderbroke positiewe uitkyk is 'n hoe' standaard vir ons blote sterflinge. Wel 'n uitstaande vertolking van die hoofrol. Saam met Bella op die bank.


Saturday, February 8, 2020

Rambo: Last Blood - 4/10

Rambo: Last Blood lyk maar net flou en laat mens nie voel om tyd en energie in die karakters te bele^ nie. Mens gee nie vir hulle lot om nie. Saam met Bella op die Bank, maar net vir sowat 15 tot 20 minute.


Friday, February 7, 2020

Crash Pad - 4/10

Crash Pad is eintlik maar simpel maar behou tog mens se aandag met die beter as gemiddeld mal-dialoog. Taamlik onder die belt, oordrewe en vol ongemaklike situasies. Goed genoeg vir 'n breindood Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, February 2, 2020

The Windermere Children - 8/10

The Windermere Children is 'n besielende film, wat sag en met onderspeelde emosie na 'n afgryslike onreg kyk. Die grim van oorlog le^ vlak in die agtergrond en sluip in die aandtonele uit. Kyk hierdie as jy iets opbouend nodig het. Die eindtonele met die ware mense laat mens net besef hoe gelukkig ons is om nie deur so tyd te gegaag het nie. Saam met Bella op die Bank.  

Saturday, February 1, 2020

Greatest Events of WWII in Colour - 8/10

Greatest Events of WWII in Colour is beslis iets wat mens moet kyk as hierdie geskiedenis vir jou interessant is. Die beelde is verblyk, grim en flitsend. Die hedendaagse analises vertel hoe hierdie menslike gruwel afgewend kon word op sleuteltye... Net as jy sterk voel. Saam met Bella op die Bank.