Saturday, November 25, 2017

Tut, Minireeks - 6/10

Tut is 'n kort minireeks, maar met allemintige lang eposides. Hulle kon dit dalk maar eerder ses as drie episodes gemaak het. Veral ook omdat dit net te dramaties-stadig gepas word. Daar is redelik aksie, maar van die tonele is net te gerek. En ek is redelik oortuig die oor-gechoreografeerde sekstonele maak dit steeds nie meer toeganklik vir 'n wyer gehoor nie. En ja, die Egiptenare het vreemde idees oor skoon bloedlyne gehad... Ten minste is die rolverdeling redelik demografies oortuigend. Saam met Bella op die bank. 
 

Gunpowder, Minireeks - 7/10

Gunpowder vertel meer oor iets wat mens as kind as term leer, Guy Fawkes. Hierdie minireeks met net drie episodes het nogals 'n paar erge martel tonele. Die Britte het maar ook 'n donker geskiedenis. Die reeks is voorbeeld periode drama materiaal. Moet nie 'n romantiese, almal leef gelukkig vir ewig einde verwag nie, jy ken mos die storie.... Saam met Bella op die bank.


Friday, November 24, 2017

Tulip Fever - 7/10

Tulip Fever lyk aanvanklik swaar drama, maar dan neig dit meer na 'n romantiese, ligte drama. Ten minste leer mens van die eerste dot-kom borrel wat gebars het, grotendeels oor mooi tulpe. Neig ook na 'n tragie-komedie.... Gepaste rolverdeling met tipies Amerikaanse vertolking van Hollandse gedrag. Kyk gerus, maar meer gemik op die connoisseur fliekganger. Saam met Bella op die bank. 

Logan Lucky - 7/10

Logan Lucky is ligte, Vrydagaand vermaak. 'n Paar skreeusnaakse tonele, en 'n algemene ontspanne lyn. 'n Verassende rolverdeling wat uitstekend werk. Kyk hierdie as jy moet ontspan na die taai week, hierdie spannetjie se mannewales is net die regte doepa. Saam met Bella en Anrich op die bank.  

Sunday, November 19, 2017

Valerian and the City of a Thousand Planets - 6/10

Valerian and the City of a Thousand Planets is indrukwekkende grafika, met minder storie om die lyf. Dit kyk heel goed, alhoewel ek redelik pootuit was en hier-en-daar 'n stukkie gemis het.... Daar is heelwat interessante konsepte, veral die miljoen winkel kompleks. Die hoofrol vertolkings is nie heeltemal oortuigend nie, dit kort bietjie energie. Geniet gerus op 'n Saterdagaand. Saam met die familie op die bank. 


Sunday, November 12, 2017

Genius (2016) - 6/10

Genius lyk baie goed, veral vir die tipe fliek, maar ek kon net nie my oe" oop hou nie. Het halfpad die stryd opgese^. Bella het dit klaar gekyk. Tom Wolfe word uitgebeeld as 'n suiwer emosionele, impulsiewe, oormatige, melodramatiese karakter, amper dronk-mal. As hy wel so was, was die wereld vir hom een groot emosie. Die rolverdeling en vertolkings is seker gepas, met 'n algemene gevoel dat skrywers van hierdie era almal bietjie 'n varkie dalk mis,,,, 
  

Thor: Ragnarok - 6/10

Thor: Ragnarok is nogals komies en heel lig, maar met konstante geveg tonele. Dit is sekerlik Hulk se grootste praatrol ooit. Soos Bella ook noem, die Maleficent-tipe vroulike antagoniste raak so ietwat geyk. Egter 'n perfekte Saterdagaand fliekie met springmielies. Ons gesin by die dooie Zambezi mall, Capitol Cinemas.  

Saturday, November 4, 2017

The Infiltrator - 6/10

The Infiltrator is minder wreed as wat ek verwag het, maar tog steeds so. Het dit in paaimente gekyk, meesal alleen. Die rolverdeling en milieu is gepas, die vertolkings uitstekend. Moet dit nog klaar kyk. 

Ali and Nino - 8/10

Ali and Nino is 'n stroopsoet liefdesverhaal ten tyde van Azerbeidjan se eerste pogings vir onafhanklikheid van Sowjet-Rusland besetting gedurende die 1920's. Die milieu is kleur-ryk en romanties, ten minste tot voor die eerste struwelinge. Die skerp kontras tussen Bakoe en lewe in die berge maak dit moeilik om te besluit wat uiteindelik 'n beter keuse sou wees, 'n lewe van eenvoud en geluk, of 'n lewe van teensetting en soeke na soewereiniteit? In ieder geval, verwag 'n tragiese einde, of gaan lees dit sommer op. Sulke diamante soos hierdie is goed versteek in die hoofstroom pulp geraas, en dan leer mens nog sommer bietjie geskiedenis op die koop toe. Saam met Bella op die bank.



Doctor Who, 2005 Seisoen - 6/10

Doctor Who lyk heel interessant, en hierdie seisoen reeks beter as 'n ander een wat ek 'n stukkie van 'n episode gesien het op EK768. Het dit nog nie begin volg nie, sal 'n plan maak om saam met Anrich dit dalk te kyk. 

Dracula, Seisoen 1 - 5/10

Dracula lyk of dit potensiaal het, maar dan stel die loodsepisode ietwat teleur, en as mens na die opvolgende episodebeskrywings kyk, lyk dit nie of dit gaan beter raak nie. Sal dalk nie tyd in hierdie opsie bele nie. Saam met Bella op die bank.