Sunday, June 25, 2017

Kong: Skull Island - 7/10

Kong: Skull Island het 'n sterk Sewentigers gevoel wat deur die klankbaan ondersteun word. Daar is heelwat bloed, binnegoeters en mega-goggas, maar dit ten spyte is die fliek kykbare Vrydagaand materiaal. Saam met die familie op die bank.

Micro Monsters, Seisoen 1 - 7/10

Micro Monsters is minder aanskoulik as van Sir David se ander reekse, maar steeds die moeite werd en interessant. Hier is hy nog so bietjie jonger. Saam met Anrich op die bank.


Riviera, Seisoen 1 - 6/10

Riviera is iets tussen Falcon Crest en The Night Manager, met so gevoel van Revenge daarby. Seisoen 1 is net 10 episodes, sal dit 'n kans gee. Mooi huise, plekke, meisies, karre en seiljagte. Saam met Bella op die bank.

Sunday, June 18, 2017

Power Rangers - 3/10

Power Rangers begin heel goed, maar raak dan net te voorspelbaar en net te min koel truuks. Nie die moeite werd nie. Saam met die familie op die bank.


Their Finest - 7/10

Their Finest is 'n bittersoet oorlog fliekie. Tipies onderspeeld met 'n Britse rolverdeling en glad nie swaarmoedig nie, maar met genoeg traantrekkrag. Dit stel ook die meer deurdringende karakter van die mens in swaar tye bloot. Gepaste vertolkings, en 'n mooi periode stuk. Saam met Bella op die bank.  

Saturday, June 17, 2017

CHIPS - 6/10

Kyk, CHIPS is nie materiaal wat jy saam met Ouma gaan kyk nie, maar dit is nogals baie snaaks, met heelwat onder die belt humor. Moet ook nie kyk as vloek jou gaan ontstel nie. Die rolverdeling is perfek. Ek was redelik moeg, maar die fliek kon my wakker hou. Saam met Bella op die bank.

The Finest Hours - 6/10

The Finest Hours hou mens nogals op die punt van jou stoel, veral omdat dit op ware gebeure gebaseer is. Wat egter heeltemal flop is die flou pogings van die hoofrolle om onderliggende emosies te probeer uitdruk. Dit werk eenvoudig nie, en die fliek kon maklik 30 minute korter gewees het, sonder lang staar tonele. Dit ten spyt, wat die 3 manne kon regkry bly 'n wonderwerk. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Fearless, Seisoen 1 - 6/10

Fearless val in die kategorie van The Killing en The Fall. Daar is net anders aan Britse reekse oor ondersoeke en moorde wat dit beter maak as die res. 'n Lekker kort reeks met heelwat ontwikkeling in elke episode. Goeie vertolkings. Saam met Bella op die bank. 

Fast and Furious 8: The Fate of the Furious - 6/10

The Fate of the Furious Lekker vermaak, veral vir 'n Vrydagaand. Heelwat nuwe truuks, van hulle fantasties onmoontlik. Moet nie diep dialoog, 'n sterk storie lyn of so verwag nie. Skerp dialoog veral tussen The Mechanic en The Rock. Saam met die familie op die bank.
  


Wednesday, June 14, 2017

Poldark, Seisoen 1 - 6/10

Poldark lyk belowend, voel klein bietjie sepierig, maar sal dit nog kans gee teen die milieu. Saam met Bella op die bank.


Tuesday, June 13, 2017

The LEGO Batman Movie - 6/10

The LEGO Batman Movie is nogals heel goeie kykmateriaal, of dalk eerder luister materiaal. Pittige dialoog, goeie humor, sou nogals graag hierdie ietwat van 'n parodie op superhelde met regte mense wou sien (ook). Saam  met Bella en Anrich in Franko se kamer, terwyl hy ....


John Wick: Chapter 2 - 5/10

John Wick: Chapter 2 is dalk beter as die vorige een, maar die arme John lyk of hy swaar trek... Die fliekie is goeie Vrydagaand, breinlose vermaak met 'n bak springmielies. Saam met die familie op die bank, ten minste kon die fliek almal geboei en op die bank hou.



Monday, June 5, 2017

The Son, Seisoen 1 - 5/10

The Son voel so bietjie sepierig, maar dit het net 10 episodes en blykbaar is Seisoen 2 goedgekeur. Sal dit nog so episode of wat kans gee. Kyk as die Amerikaanse olie geskiedenis in Suid-Texas jou interesseer, asook hulle verhouding met die Mexikane en Indiane. Saam met Bella op die bank.

Saturday, June 3, 2017

Hacksaw Ridge - 7/10

Hacksaw Ridge wys maar die grimmigheid van oorlog in redelike fyn detail, maar dit ten spyt, kyk dit nogals heel maklik. Nie oormatig sentimenteel of melodramaties nie, met uitstekende vertolkings. Saam met Bella en Anrich op die bank.