Monday, October 31, 2016

Bad Moms - 1/10

Bad Moms verteenwoordig Hollywood op sy swakste. Die tema het regtig baie komedie potensiaal, sekerlik ook ander genres, maar in hierdie een wys hulle swak ma's will eintlik net drink en vloek en fuif. Agnee wat! Regtig tydmors. En Mev Kunis-Kutcher is sterk oppad om na my lys van vermy-akteurs te beweeg. Saam met Bella op die bank.



Sunday, October 30, 2016

Nine Lives - 4/10

Nine Lives is 'n rustige fliekie, kykbaar. Dit mis dalk so bietjie 'n paar potensiele komiese situasies, het die gewone lewenslessie of twee, maar met 'n redelike ster belaaide rolverdeling. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Saturday, October 29, 2016

Star Trek Beyond - 7/10

Star Trek Beyond is pure lekker Vrydagaand fliekmateriaal, en hierdie slag vir my meer getrou aan die Star Trek filosofie as die afgelope paar flieks. Indrukwekkende grafika, redelike lyn en gepaste vertolkings. Saam met die familie op die bank.

This Is Us, Seisoen 1 - 6/10

This Is Us lyk baie goed, maar is meer drama, en dalk net te swaar. Sien nie nou heeltemal kans vir die temas nie, dalk later. Gaan eers nie verder kyk nie. Saam met Bella op die bank.

The Nice Guys - 5/10

The Nice Guys is seker nie so sleg nie, hulle vloek net baie, en uiteindelik tog onnodig. Het dit op SA264, oppad na Greding vir werk, begin kyk, maar wou dit eerder saam met Bella kyk op die bank. Ons moes dit eintlik maar ophou kyk het. Die fliek voel so bietjie sinloos. Saam met Bella op die bank. 


Finding Dory - 5/10

Finding Dory is perfek vir die kortvolk. As mens as ouer dit in die teater moes sou gaan saam kyk, is daar darem 'n paar snaakse stukke. Jy sou dit oorleef. Saam met Bella en Anrich op die bank.

Sunday, October 16, 2016

Captain Fantastic - 8/10

Captain Fantastic is 'n ordentlike komedie-drama met die perfekte rolverdeling. Die fliek slaag daarin om mens te laat dink, en hopelik 'n slag vir jouself ook... Dit is 'n gepaste Sondagaand keuse, en sal vir die familie werk, alhoewel dit nie doekies omdraai nie, en goeters by name noem. Eintlik moes Anrich en Franko dit ook gekyk het. Ek het selfs 'n paar terme beter verstaan na hierdie fliekie. Nogals sterk aan te bevele. Saam met Bella op die bank.


The Angriest Man in Brooklyn - 4/10

The Angriest Man in Brooklyn is kort voor Robin se dood gemaak. Dit is beslis nie sy beste werk nie, maar tog darem kykbaar. 'n Paar snaakse tonele, en dan maar eintlik gewone goeters. Saam met Bella op die bank.


Our Brand Is Crisis - 6/10

Our Brand Is Crisis is een van die beter politiek-flieks. Gepaste rolverdeling, met redelike realistiese milieu en gebeure. Raak darem nie te sentimenteel nie, maar het tog 'n element van Amerikaanse groter-is-beter. Het dit op SA264 oppad na Greding vir werk begin kyk, maar wou eerder saam met Bella op die bank kyk. 

Friday, October 14, 2016

The Shallows - 5/10

The Shallows is ietwat kykbaar, maar omdat goeters redelik gou onrealisties raak met Jaws se klein-nefie, verloor die film sy spanningslyn. Darem is Blake nie te onaangenaam as kykmateriaal nie. Saam met Bella en Franko op die bank, Anrich het gaan paartie.

Tuesday, October 11, 2016

Independence Day: Resurgence - 4/10

Independence Day: Resurgence is sommer gewone, net-net ondergemiddelde, breinlose Vrydagaand vermaak. Soos te verwagte met die soort film is die grafika uit die boonste rakke. En dan die lagwekkende cliches. Saam met die familie op die bank.


Westworld, Seisoen 1 - 7/10

Westworld lyk baie goed, selfde onderliggende spanning as in Black Mirror en Humans. Dit het 'n kort seisoen, en beweeg redelik vinnig. Na die eerste episode wonder mens nog oor die antagoniste en protagoniste... Saam met Bella op die bank.

Sunday, October 9, 2016

Marvellous - 7/10

Marvellous het nogals 'n baie vars aanslag vir 'n biografiese rolprent. Dit is ook snaaks, hartseer en beslis opbouend. Dit gee mens vir 'n slag weer moed en hoop in die mensdom. Dit maak mens ook skaam vir jou eie bevooroordeelheid, en dat mens nie iemand op sy baadjie moet takseer nie. En ook die nut van geduld. Ai. Soos Bella se^, 'n slag 'n film sonder allerhande tierlantyntjies en spesiale effekte, 'n doodgewone, dog aangrypende verhaal. Saam met Bella op die bank.

Saturday, October 8, 2016

Café Society - 6/10

Café Society laat maar eintlik net een vraag, wie gaan toekomstige Woody Allens maak? Die oubaas is nou al oor die tagtig. En die vroulike hoofrol in hierdie geval kon baie beter gewees het. Tipiese Allen materiaal, dalk nie die beste nie. Saam met Bella op die bank.

Quarry, Seisoen 1 - 6/10

Quarry is 'n Sewentigs Amerikaanse periode drama. Dit begin met 'n redelike lyn, sal nog 'n episode of wat kyk. Ophou kyk, is te donker vir ons smaak. Saam met Bella op die bank.

Sunday, October 2, 2016

Ghostbusters - 5/10

Ghostbusters het baie swak resensies en rapport gekry, met 'n redelike flou lokprent ook. Dit is egter heel kykbaar, voel dalk so bietjie pap, maar ten minste met 'n paar goeie snaakse tonele. Die rolverdeling kon beter wees. Glad nie dieselfde impak as die oorspronklike nie, maar met goeie verwyings daarna, selfs van die ou akteurs. Saam met Anrich en Bella op die bank.

MacGyver (2016), Seisoen 1 - 0/10

Hierdie poging tot MacGyver is so flou, dit val al in die eerste 2 minute heeltemal plat. Ons kon net 10 minute kyk, moes eenvoudig dit net afsit. Saam met Bella en Anrich op die bank.  

Alice Through the Looking Glass - 6/10

Alice Through the Looking Glass is nogals glad nie sleg nie, inteendeel dalk selfs beter as die vorige een vanuit 'n storielyn hoek, Dit is beslis baie minder donker. Perfekte Vrydagaand familie vermaak. Saam met Anrich en Franko en Bella op die bank.