Thursday, May 10, 2012

We Bought a Zoo - 5/10

Het aanvanklik gedink hierdie gaan 'n lekker snaakse grap fliekie wees, maar dit is nie. Dit het 'n meer ernstige toon, en sal waarskynlik my twee manne verveel. Het dit oppad na Zurich gekyk LX 289

Tuesday, May 1, 2012

The Royal Tenenbaums - 5/10 (uitstaande finale punt)

Ek het The Royal Tenenbaums op SA 265 begin kyk, maar was net te laat voor landingstyd. Ai. Sal dit een of ander tyd verder probeer kyk. Lyk glad nie te sleg nie, maar ek sal eers beter kan se^ as ek die einde sien....

The Lost Valentine - 5/10

The Lost Valentine is 'n gemiddelde fliekie oor oorloghelde wat verdwyn en die wat agterbly. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou naastes baie waardeer. Saam met die familie op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012.

What Happens in Vegas - 3/10

What Happens in Vegas is 'n redelik ondergemiddelde tjiekfliekie wat ek oppad terug op SA 265 gekyk het. Dit is sekerlik op die hoogtepunt van die twee hoofkarakters se privaat verhouding, oftewel, ten minste lyk dit so. As jy regtig niks anders het om te doen nie. 

The Change-Up - 2/10

The Change-Up is regtig 'n baie swak fliek, wat jammer is, want dit het tog potensiaal. As dit nie vir al die vloek was nie, en die akteurs so bietjie meer moeite gedoen het, sou dit baie beter gewees het. Dit is 'n redelik holruggeryde tema, uit 'n nuwe oogpunt. Vermy dalk eerder. Saam met Bella op die bank. 

Stolen - 5/10

Stolen is 'n gemiddelde fliekie oor twee moorde, 50 jaar uit mekaar. Heel kykbaar, en laat mens eers weer jou eie kinders ekstra oppas... Saam met Bella op die bank in Dullstroom, Dunkeld. Was daar vir die langnaweek einde Apr 2012. 

Crazy, Stupid, Love - 5/10

Crazy, Stupid, Love is seker 'n Hollywood remake van Run, Fatboy, Run. Dit is heel kykbaar, met so paar snaakse tonele. Ek het dit in twee paaiemente tussen Johannesburg en Munich gekyk (SA 265/264). Dit het 'n paar baie goeie oomblikke, maar kon seker tog nog so bietjie snaakser/beter.