Saturday, June 25, 2022

The Man from Toronto - 6/10

The Man from Toronto het inderdaad 'n meer indrukwekkende titel as wat die film self is. Die fliekie het wel sy oomblikke met 'n paar snaakses daarby toe. Ligte tong in die kies materiaal vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die Bank.


 



Monday, June 20, 2022

Redemption, Minireeks - 6/10

Redemption is 'n redelike Britse prosedurale polisie storie met geloofwaardige vertolkings, rolverdeling, gebeure en milieu. Mens wil dit nogals klaar kyk om agter die kap van die byl te kom. Die ontkoping maak sin, maar mens voel tog bietjie ingedoen. Saam met Bella op die Bank.



Sunday, June 19, 2022

Julia, Reeks - 7/10

Julia se stem kan ietwat te veel raak, maar haar warmte en hartlikheid oorrompel enige gehoor. Kyk beslis hierdie as jy van haar weet, haar boek gelees het, of haar reeks gekyk het, of die fliek oor haar reeks gekry het. Sy het beslis voluit (volstoom?) geleef en alles met gusto aangepak. Sy was ook lewens groot, fisies teen 1.88m! Saam met Bella op die Bank. Bon Appetit!  


Star Trek: Strange New Worlds - 3/10

Dalk het ons verleer om Star Trek te kyk, maar Star Trek: Strange New Worlds is beslis vreemd vervelig. Die intriges en karakters wen beslis nie mens se guns nie. Nie eens die loodsepisode was boeiend nie. Saam met Bella op die Bank.





Black Site - 1/10

Black Site is 'n papperige fliekie met so-so vertolkings. Dit begin heel belowend, maar verval dan vinnig in dodelike cliches. Ons het maar die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.




The Tragedy of Macbeth - 5/10

Dalk as ek Macbeth op skool gedoen het so ek deur hierdie swoeg, maar vir eers het ons The Tragedy of Macbeth gelos. Saam met Bella op die Bank.




The Sunset Limited - 5/10

The Sunset Limited is waarskynlik uitstekend maar die slag het ons nie kans gesien vir so hoe" film nie. Saam met Bella op die Bank.


Greenberg - 4/10

Greenberg het 'n sterbelaaide rolverdeling, maar dalk is dit sy ouderdom wat wys, of net nie ons tipe storie nie. Na sowat 20 minute die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.



Melancholia - 4/10

Melancholia het aanvanklik na iets kykbaar gekyk, maar binne minute het ons vasgestel dit gaan nie werk nie. Saam met Bella op die Bank.


Father Stu - 4/10

Father Stu het 'n indrukwekkende rolverdeling maar was nie ons koppie tee nie. Het eerder die handskoene ingegooi vir hierdie een. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 18, 2022

Cha Cha Real Smooth - 3/10

Cha Cha Real Smooth het 'n aanloklike titel en redelike rolverdeling, maar heelaas, flou vertolkings. Aftog geblaas na sowat 15 minute. Saam met Bella op die Bank.



 

Thursday, June 16, 2022

Interceptor - 3/10

Interceptor begin belowend maar verval dan baie skielik in 'n papperige affere. Nee wat, beslis nie klaarkyk materiaal nie. Die vertolkings is eenvoudig nie oortuigend nie. Saam me Bella op die Bank.


Sunday, June 12, 2022

Im Labyrinth des Schweigens (Labyrinth of Lies) - 7/10

Labyrinth of Lies is 'n stylvolle na-oorlog periode drama. Dit wys 'n verassende element wat gebaseer is op ware gebeure. Beslis die moeite werd as geskiedenis jou kos is. Saam met Bella op die Bank.





The Spy Who Never Dies - 3/10

The Spy Who Never Dies lyk erg belowend, maar faal binne die eerste 15 minute. Dit is pap en flou en leeg. Nee wat, gaap. Saam met Bella op die Bank.




Spitfire Over Berlin - 6/10

Spitfire Over Berlin vertel die reeks van tragiese gebeure wat gelei het tot iets wat beide kante nie wou had nie. Die rekenaar grafieka is hier en daar sigbaar, maar die vertolkings sterk en gepas. Die film slaag wel daarin om mens deel van die absolute paniek te maak, veral waar die name deur 'n jong seun gelees word. Saam met Bella op die Bank.



  

Friday, June 10, 2022

Downton Abbey: A New Era - 7/10

Downton Abbey: A New Era is 'n gepaste afsluiting van die reeks (en vorige film). Vol van die verwagte, met 'n ietwat meganistiese gevoel hierdie slag - afhandeling van 'n saak. Maar steeds iets wat Downton-kykers moet kyk. Saam met Bella op die Bank.



Saturday, June 4, 2022

Toscana - 6/10

Toscana het 'n sterk onderspeelde trant met 'n besliste Deense minimalisme. Die hoofrol vertolking is vreemderig, maar dit ten spyte voel die film eerlik en hartlik. Alles is nie hier maneskyn en rose nie. Maar goeters werk tog uit soos dit moet. Kyk wanneer jy oop is vir iets anders maar met die verleiding van die Italiaanse landskap, sy mense, en belangriker, sy kos kan saamleef. Saam met Bella op die Bank. 
 

 

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore - 3/10

Fantastic Beasts: The Secrets of Dumbledore het wel uitstaande grafika, 'n indrukwekkende rolverdeling (wel sonder die trekpleister, Mnr Depp), en 'n fantastiese draaiboek. Heelaas beindruk die hele petalje my ongelukkig glad nie. Gaap. Saam met Bella op die Bank.




The Lincoln Lawyer, Minireek - 6/10

The Lincoln Lawyer is een van die min reekse wat ons so vinnig moontlik klaar gekyk het. Die reeksie slaag daarin om die aandag te behou en die afwagting na die volgende episode te verseker. Die rolverdeling werk en mens kan die uitkoms seker nie heeltemal voorspel nie, maar is tog geloofwaardig. Die milieu dra by as karakter op eie stoom. Saam met Bella op die Bank.