Showing posts with label Hollands met opskrifte. Show all posts
Showing posts with label Hollands met opskrifte. Show all posts

Sunday, December 12, 2021

De Tweeling - 7/10

De Tweeling is 'n Tweede We^reld Oorlog periode drama met 'n geloofwaardige storie. Dit het 'n duursame gevoel en ordentlik vervaardig. Daar is ook heelwat Duits saam met die Hollands, wat mens redelik kan volg. Saam met Bella op die Bank.




Sunday, October 17, 2021

De slag om de Schelde (The Forgotten Battle) - 8/10

De slag om de Schelde draai geen doekies om nie, dit wys oorlog vir wat dit werklik is. 'n Grim, donker, onstellende en onnodige aksie waar sommige mense hul donkerste onderwesens uitleef ten koste van ander. Die magtelose gevoel wanneer sinlose verwoesting sonder rede en keuse gesaai word, is 'n deurdraende tema. Die tonele voel hiper realisties, mens beleef dit met alle sintuie. As jy sterk voel. Uitstaande produksie. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, October 3, 2020

Tulipani: Liefde, eer en een fiets - 7/10

Tulipani: Liefde, eer en een fiets is 'n ligte fliekie maar met so draaitjie drama en tragedie by. Die einde is nie een honderd persent maanskyn en rose nie, maar mens voel tog dit eindig wel met 'n skurk of twee wat skouspelagtig sneuwel. Die fliek kom eerlik en opreg voor, nie pretensieus nie. Saam met Bella op die Bank.