Sunday, March 25, 2012

Beginners - 6/10

Beginners is 'n baie stadige lewensdrama, maar die moeite werd om te kyk. Dalk nie almal se koppie tee nie, en nie so snaaks as wat die DVD kassie probeer voorgee nie. Daar is tog humor in. Vir 'n baie rustige Sondagaand bedoel. Die vertolkings is voortreflik. Saam met Bella op die bank.

Saturday, March 24, 2012

I Don't Know How She Does It - 5/10

I Don't Know How She Does It is 'n lekker ligte tjiekfliekie maar tog met 'n boodskap aan voornemende ouers. Dit is darem nie so erg nie, maar seker tog baie realisties. As die vrou net so bietjie minder gepraat het n die fliek sal dit heelwat beter gewees het. En die pa is helemal te genoee" om te verstaan.... Op stadiums voel die fliekie soos 'n dokumente^r, maar dit raak beter na die eerste helfte. Saam met Bella op die bank. 

Diary of a Wimpy Kid - 6/10

Diary of a Wimpy Kid is lekker laat laerskool vermaak. Dit is baie getrou aan die boeke, wat net soveel pret is om saam met die kortvolk (wat nie meer so kort is nie) te lees. Kyk gerus saam met die hele familie. Lekker snaaks, lig en vol goeie lessies. Saam met die familie op die bank. 

Girl with a Dragon Tattoo (US Remake) - 7/10

Dit is min dat 'n nuwe weergawe van 'n vorige film so getrou aan die oorspronklike is, soos hierdie Amerikaanse weergawe van Girl with a Dragon Tattoo. As mens jou oe" toe hou, klink Craig amper Sweeds. Kyk gerus, hierdie weergawe het meer detail en is storielyn, milieu en gevoelsgewys baie getrou. Dit is ook heelwat langer as ek my nie misgis nie. Dit kry dan ook 'n punt beter, wat vreemd is vir 'n Hollywood weergawe van 'n Europese fliek... Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 18, 2012

The Inbetweeners Movie - 3/10

The Inbetweeners Movie is die Britse ekwivalent van American Pie en Bakgat. Baie toilet humor, seks (praat daaroor, eerder) en drank en lelik praat. Hier en daar heel snaakse tonele, maar op die ou einde maar ietwat lig in die broek. Dis jammer dat 'n fliek soos hierdie groot winste maak, en 'n fliek soos Anonymous 'n verlies. Kyk op eie risiko...

Saturday, March 17, 2012

Anonymous - 7/10

Anonymous gee 'n interessante, alternatiewe kykie na wie eintlik Shahespeare se werke geskryf het. Dit skep ook maar 'n bleek prentjie van Engeland, koninklikes en edelmanne in die algemeen. Kyk gerus, maar wees gewapen vir moeiliker Engels as jou gewone Amerikaanse fliek, veral meer in die eerste helfte. Baie goeie vertolkings, regdeur. Wat ook interessant is, is die politieke milieu rondom teater, wat baie goed in die fliek uitgebeeld word. Ek kan nogals dink dat dit so was. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 11, 2012

Kooperasiestories Seisoen 1, Episodes 1 tot 4 - 6/10

Kyk ek en Bella toe gisteraand weer die eerste episode van Kooperasiestories. Kan jy glo?! SAUK op sy beste.... Wat ook verassend is, is dat dit in Cullinan verfilm is?! Baie ou memories....

Tower Heist - 4/10

Ek het baie meer komedie van Tower Heist verwag, veral oor die rolverdeling. Dit is nie sleg nie, en raak beter na die einde se kant toe. Gewone fliekie, met so paar oulike elemente in. Saam met Bella op die bank. 

The Artist - 6/10

Behalwe vir die paar Chaplin fliekies wat ek gesien het, is The Artist die eerste, vol lengte Silent wat ek deurgekyk het. Ook net oor al die Oscars. Dit is nie sleg nie, maar raak tog maar ietwat vervelig. Die akteurs vertolk hulle rolle puik, stilweg, en die stel is perfek. Alles werk, maar soos ek se^, raak mens hier en daar verveeld. Ek sou ook se^ die fliek is baie getrou aan sy genre. Saam met Bella op die bank. 

The Three Musketeers - 5/10

Wel, die musketiere in hierdie weergawe is baie meer tegnologies gevorderd en slinks as hulle tradisionale voorgangers. Nie te slegte Vrydagaand vermaak nie, maar nie ook nie die beste nie. Milady is ook baie meer aktief en waaghalsig... Kyk gerus saam met die jongspan. Saam met die familie op die bank.  

Monday, March 5, 2012

The Descendants - 7/10

The Descendants is 'n ietwat swaarder drama, gepas vir 'n Sondagaand. Dit beweeg redelik stadig, en is maar 'n tipiese kunsfliek wat mens bly laat wees jou lewe is so gewoon. Dit is 'n kuns-tjiekfliek sou ek reken. Redelike karakterontwikkeling met goeie vertolkings regdeur. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, March 4, 2012

One Day - 6/10

One Day is 'n glad nie te slegte fliekie nie. Dit het 'n ietwat vreemde tempo, maar raak beter na die einde se kant. Dalk so klein bietjie voorspelbaar, veral die gebeurtenis aan die einde, maar met redelike karakterontwikkeling. Dit is nie 'n swaar drama nie, maar beslis nie 'n ligte komedie nie. Kyk gerus wanneer vir daai klein bietjie ekstra brein in jou tjiekfliek vermaak soek. Saam met Bella op die bank.