Monday, November 28, 2016

The Young Pope, Seisoen 1 - 5/10

The Young Pope is modern-vreemd. Beslis nie 'n geskiedenis les nie, eerder 'n kykie na - waarskynlik - die pous se vyande se hoop van wat in sy kop aangaan en dan ook, alles wat onheilig is, in die binnekamers van die Vatikaan. Sal dit nog 'n kans of wat gee, hierdie is nie ligte vermaak nie, eerder diep emosionele ondertone met flitse van Sodom en Gemorra variasies. Nee wat, net 'n stilistiese reeks, niks anders nie. Los eerder. Saam met Bella op die bank.

Pete's Dragon - 3/10

Pete's Dragon begin stadig, is dan ook van meet af net op die vroee" laerskoolmark gerig en kry dit nie reg om mens langer as die eerste 15 minute vas te vang nie. Het maar opgegee. Saam met Bella en Anrich op die bank probeer.


Sunday, November 27, 2016

Jason Bourne - 6/10

Dankie tog, vir 'n slag weer 'n ordentlike Jason Bourne fliek. Van die tonele voel bietjie lank en uitgerek. Die lyn is glad nie kompleks nie, waarskynlik hoekom hulle met langer veg en jaag tonele probeer opmaak het. Saam met Bella en Franko op die bank.

Roald Dahl's The BFG - 9/10

Roald Dahl's The BFG is 'n gevoelvolle fantasie fliekie. Dit het 'n redelike eenvoudige lyn, maar die kombinasie van Spielberg se visuele skepping en Dahl se ryk karakters en detail maak hierdie 'n juweel. Dit is sag en snaaks en warm van hart. Meer gemik op die laerskool kyker, maar sal grootmense ook bekoor. Saam met Bella en Anrich op die bank.



Sunday, November 13, 2016

Nerve - 6/10

Nerve is nie die beste fliek van die jaar nie, maar dit het 'n spanningslyn wat mens nuuskierig en betrokke hou, al is van die vertolkings dalk net te oordrewe. Daar moet 'n mate van oordrewendheid wees, ons werk tog hier met Amerikaanse tieners. Die lyn is ook nie verregaande vreemd nie, heel realisties. Saam met Bella op die bank.
   

Among Ravens - 0/10

As mens in die eerste 15 minute van 'n fliek glad nie met die karakters of gebeure identifiseer nie, en ook nie 'n verband met die akteurs se vertolkings ontwikkel nie is dit net pyn en lyding vorentoe. Gelukkig het ons besluit om oor te skakel na iets beters as om deur Among Ravens te swoeg. Saam met Bella op die bank.

The Crown, Seisoen 1 - 6/10

The Crown is beslis vir die' wat belangstel in die Britse geskiedenis, maar die slag heelwat meer onlangse gebeure. Die hoofrol verdeling kon sterker gewees het. Nog steeds interessant en kykbaar. Die Kenya episode is nogals 'n verleentheid vir die neus-in-die-lug Brite sou ek reken. Saam met Bella op die bank.

The Secret Life of Pets - 5/10

The Secret Life of Pets is beslis kortvolk materiaal, maar tog vermaaklik. Dit het 'n beperkte dubbellyn (een vir blikoortjies en een vir die ouers). Saam met Bella en Anrich op die bank.

The Mechanic 2: Resurrection - 4/10

The Mechanic 2: Resurrection is redelike Vrydag of Saterdagaand vermaak. Die lyn het beslis 'n paar lelike gate (woorspel hier beslis bedoel), maar wie gee nou om as Mev Alba daarin speel, veral op 'n verlate Thaise strand. Saam met Bella en Franko op die bank.

Thursday, November 10, 2016

Aloft - 6/10

Aloft is beslis nie vir die die groter fliek gehoor bedoel nie, kunsfilm materiaal. Ons het eers met Criminal begin, en na 15 minute daarvan na hierdie oorgeswaai. Eintlik dieselfde film behalwe fisiese geweld is hierdie innerlike, emosionele teistering. Sinvolle vertolkings, maar ek moet erken, hierdie een is bietjie bo my beperkte manlike emosionele intelligensie. Saam met Bella op die bank.

Criminal - 3/10

Criminal is seker nie 3/10 sleg nie, maar dit het net flou gelyk, met 'n ietwat sinlose lyn en net te min vermaak. Het so 15 minute lank kon uithou. Op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Saturday, November 5, 2016

Tutankhamun, Seisoen 1 - 6/10

Tutankhamun is nie 'n aksie belaaide reeksie nie, kort en tipies Brits. Dit het net 4 episodes en mens leer darem so bietjie geskiedenis daarby. Dit is heel kykbaar, sal dit waarskynlik klaar kyk. Sover gepas vir familie verbruik. Hou van die era en die milieu en die rolverdeling. Saam met Bella op die bank. 

I.T. - 1/10

Ons het I.T. begin kyk, maar daar is 'n naiwiteit, amateuragtigheid en blote swak vertolkings wat hierdie net te pynigend maak. Na sowat 20 minute opgegee. Saam met Bella op die bank.

Dirk Gently's Holistic Detective Agency, Seisoen 1 - 7/10

Dirk Gently's Holistic Detective Agency is regte ingenieurskos, presies soos ou Douglas dit bedoel het. Ek verstaan die reeks volg nie die boeke nie, maar hierdie kon net sowel Ford Prefect en Arthur Dent gewees het. Gepaste, oordrewe vertolkings, half mallerige mense, vreemde tonele, en 'n erg verdraagsame manier van dinge doen. Saam met Bella en Anrich op die bank, alhoewel ek dink ons Bella vir hierdie een gaan verloor.


People of Earth, Seisoen 1 - 5/10

People of Earth lyk belowend, sal dit nog 'n episode of twee kans gee. Ek hou van die hoofkarakter se droe" vertolking, regte kruidjie-roer-my-nie. Kort episodes. Saam met Bella op die bank.

Tuesday, November 1, 2016

Berlin Station, Seisoen 1 - 6/10

Berlin Station het die potensiaal om seker lank en uitgerek te voel, maar ek is mal oor die Berlyn milieu. Die lyn beweeg redelik, die vertolkings is gepas, en die gevoel net reg. Saam met Bella op die bank, alhoewel hierdie nie heeltemal haar smaak is nie. Hmmm, die tweede episode was net te flou, eerder vir eers ophou volg. 

Speechless, Seisoen 1 - 7/10

Speechless is verfrissend alternatief, en met Minnie wat in haar moeder-aksent praat is hierdie regtig snaaks. Die vertolkings is gepas en mens hou nogals van die karakters. Dit het ook 'n Kanadese gevoel, maar pla nogals nie. Saam met Bella op die bank, maar gepas vir die familie. 


Timeless, Seisoen 1 - 5/10

Timeless begin redelik, sal dit nog 'n kans of wat gee. Hou van die geskiedenis storietjie per episode konsep. Mens hou ook nogals van die karakters. Gepas vir die familie. Saam met Bella op die bank.