Sunday, March 30, 2014

Last Vegas - 4/10

As komedie faal Last Vegas so bietjie. Daar is wel twee vreksnaakse lyne van ou Morgan Freeman, maar dan is die res net te gewoon en nie meer snaaks nie. Kyk as daar nie iets anders op die rak oor is nie. Saam met Bella op die bank. 

The To Do List - 5/10

The To Do List is 'n beter as gewoonlike tienierfliekie. Verwag onder die belt humor, en heelwat seksverwysings. Beslis nie vir almal se smaak nie. Meer vir laat hoe"rskool bedoel, nie laerskool nie... Die hoofrol word ietwat meganisties, proseduraal vertolk, wat seker by die lyn pas, maar dalk net te veel so. Saam met Bella op die bank.

Thor: The Dark World - 6/10

Opvolg flieks is gewoonlik nie beter as die oorspronklike nie, maar Thor: The Dark World is tog beter, met beter humor en 'n beter storielyn. Saam met die familie op die bank. 

Everything Must Go - 7/10

Kyk, ek is nie 'n baie groot Will Ferrell aanhanger nie, hy kan nogals erg irriterend raak. Maar ek dink Everything Must Go is sekerlik een van sy beter films nog. Die fliek het hart, en laat mens voel vir die hoofrol se absolute laagtepunt in sy lewe... Kyk as jy wil seker maak jou probleme is nie so groot nie. Saam met Bella op die bank. 

The Best Offer - 8/10

The Best Offer bevestig Mnr Rush as 'n kragreus in die akteurswereld. Die fliek het 'n baie stadige spanningslyn wat skerp herhinner na Hitchcock. Dit eindig dan gepas so. Saam met Bella op die bank.


Castle, Seisoen 1 - 6/10

Castle lyk belowend, sal dit beslis begin kyk, maar ons is 6 reekse agter... Saam met Bella op die bank.

Fleming, Seisoen 1 - 6/10

Fleming is 'n lekker Britse reeksie, goeie periode styl. Dit eindig maar stomp, mens is jammer dit beweeg nie dan sommer aan na Bond toe nie. Moet se^ enigste steurende deel was die amper oormaat sepie-styl seks. Ek weet Bond is 'n man van reputasie, maar die styl en volume het afbreek gedoen aan die kwaliteit van die reeks. Saam met Bella op die bank.

Sunday, March 9, 2014

The Book Thief - 7/10

The Book Thief is 'n ietwat ligter weergawe van die Tweede Wereldoorlog, maar tog met 'n paar tonele wat mens herinner hoekom oorlog eintlik 'n baie slegte ding is. Dit wys ook meer van die anderkant, nie die eensydige weergawes wat so gereeld voorgehou word nie. Dit is dan ook 'n vertoning van die menslike gees, wat ten spyte van baie grim omstandighede steeds kan voortleef. Kyk gerus, dit is 'n opbouende verhaal. Al wat my so bietjie afgesit het, is die doodsengel as derdepersoonsverteller vir die openings en slottonele...nie seker hoekom hulle hierdie meganisme gebruik het nie. Saam met Bella op die bank.



Saturday, March 1, 2014

Savings Mr Banks - 8/10

Savings Mr Banks is Hollywood op al sy silinders. Vreemd dat hulle nie lankal Mary Poppins se ware verhaal vertel het nie. Periode drama op sy beste, met puik vertolkings, ware Hollywoodstyl. Kyk gerus, veral as jy Mary Poppins as kind gesien het. Saam met Bella op die bank.

Mind Games, Seisoen 1 - 7/10

Mind Games lyk heel interessant, dalk so bietjie woes met Steve Zahn wat helemal van sy trollie af is, maar tog pret. Lyk na 'n sielkundige weergawe van Leverage. Sal dit so paar episodes kans gee. Mens moet nogals kophou, mooi luister en fyn kyk om al die subtiele en vinnige planne te volg. Saam met Bella op die bank.