Sunday, May 28, 2017

Logan - 4/10

Aag nee wat, Logan was maar baie vervelig, een lang gewroeg en swaarkry en afmaai met twee redelik belangrike gebeure. Die gevegstonele was nie juis indrukwekkend nie, maar die kwaliteit van vervaardiging baie goed. Tegnies seker goeie vertolkings, maar die storie bietjie pap. Mens moet hierdie kyk, maar dit voel meganisties afhandelend. Saam met Bella op die bank.


Sunday, May 21, 2017

Fortitude, Seisoen 1 - 6/10

Het 'n stukkie van die eerste episode op my vlug CX 749 van Hong Kong na Johannesburg gekyk (kort besoek aan Xi'an), en die res saam met Bella op die bank. Lyk interessant, maar laat mens bewe, nie van vrees nie, maar van koue... Lyk of dit sepierig kan draai, maar kom ons gee dit nog so bietjie kans. 



The Founder - 6/10

The Founder wys op die ou einde dat min wat dit tot heelbo gemaak het, nie op een of ander manier, op ander trap om daar te kom nie. Hoe waar of onwaar die fliekie nou al is, mens kry maar so nasmakie in die mond. Goeie vertolkings en die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die bank.


Zero Dark Thirty - 6/10

Zero Dark Thirty is meer soos 'n dokumenter. Dit is darem nie te grim nie, net so toneel of wat, wat veral die veel besproke water boarding tegniek wys. Beslis interessant vir iemand wat hierdie onlangse geskiedenis volg, of wat van spesiale magte operasies hou. Op my vlug CX 749 van Hong Kong na Johannesburg, na 'n blits besoek an Xi'an




Max 2: White House Hero - 4/10

Max 2: White House Hero is baie ligte materiaal. Dit is gepas vir laerskool kykers met 'n baie eenvoudige lyn. Saam met Bella en Anrich op die bank. 

Tuesday, May 16, 2017

The White Princess, Seisoen 1 - 6/10

The White Princess is vir mense wat van die Engelse geskiedenis hou. Alhoewel artistieke vryheid mildelik diens doen, is hierdie maar 'n dokumenter van gebeure. Die vertolkings is hier en daar geforseerd en oorspeeld, sonder dat kykbaarheid te veel ingeboet word. Saam met Bella op die bank.
 

Monday, May 15, 2017

The Magnificent Seven - 5/10

The Magnificent Seven is 'n redelike Western, met baie skiet en min storie. Heel kykbaar vir 'n breinlose aand. Saam met Bella en Anrich op die bank.
  

Genius, Seisoen 1 - 6/10

Geoffrey Rush vertolk Einstein so goed in Genius, mens verbeel jou dit is werklik hy.... Die reeks gee 'n ander blik of wat op 'n vroetelrige, amper aspris denker. 'n Kort reeks wat sekerlik 'n moet vir elkeen is wat belangstel in die Wetenskap, die heelal, tyd, en sulke goeters. Saam met Bella op die bank.


Saturday, May 6, 2017

xXx: Return of Xander Cage - 3/10

Alhoewel xXx: Return of Xander Cage lae punte kry, is dit steeds vermaaklik, veral die powere dialoog. Lekker Vrydagaand, breinlose stapel. Saam met Bella, Anrich en Franko op die bank.