Tuesday, April 27, 2010

FlashForward - 6/10

Wel, ons het nog net twee episodes van FlashForward gekyk, en dit beloof om soos The 4400 of dalk selfs beter te wees.... Daar is net 22 episodes in die reeks - ons trek al baie 17... die storie is vrek interessant....

Aag vrek, daar is dit nou ook oor. Die reeks is die moeite werd, maar dit eindig soos al die ander met meer vrae as antwoorde....

Monday, April 26, 2010

Lie to Me (S1E1-E13 & S2:E1-E10 ) - 7/10

Ek en Bella het lanklaas 'n reeks so geniet as Lie to Me. Ons kan nie wag om die res van Seisoen 2 klaar te kyk nie. Die stories volg nie op mekaar nie, maar daar is tog 'n paar drade wat deurvleg. Ek geniet Foster se maniertjies baie, en Cal kan darem vir jou iemand se m*er pluk. Saam met Bella op die bank.

Ons kon darem nou die derde reeks begin kyk (Okt 2010). 

What Doesn't Kill You - 5/10

What Doesn't Kill You is 'n heel kykbare fliek, gebaseer op 'n ware verhaal. Dit begin ietwat stadig en deurmekaar, maar raak dan tog beter. Amanda Peet speel 'n onverwagse rol, en nogals heel goed. Die fliek handel oor 'n boef wat dan op die regte pad terug swaai maar met moeite. Saam met Bella op die bank.

Y.P.F. - 4/10

Wel, Y.P.F. is blykbaar die gewildste Kanadese film in 'n hele ruk, maar dit is steeds ietwat ondergemiddeld. Dit is is beslis vir bietjie meer avontuurlistige fliekgangers... Geniet dit op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Motherhood - 4/10

Motherhood is maar heel ondergemiddeld, maar tel na die einde se kant onverwags op. Wat die fliek nog erger maak, is die feit dat Uma dit nie kan regkry om soos 'n afgesloofde ma te lyk nie, sy is net te seksie daarvoor. Saam met Bella op die bank.

Monday, April 19, 2010

2012 - 3/10

Ek wou 2012 eintlik 'n een of twee gee want dit maak op die ou einde net op grafika staat om iets te beteken. Die spel is vrot, die storielyn is vrot, die spanningslyn is vrot, die eskapism tonele is vrot, maar die skaal van die ontberings en rampe is redelik groot. Die fliek werk eenvoudig net nie, want dit volg die Hollywood reseppie tot vervelens toe akkuraat. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Sunday, April 11, 2010

August - 2/10

August is 'n designer moewie oor die DotCom bubble wat gebars het. Dit werk eenvoudig net nie, alhoewel daar dalk hier en daar iets is wat die moeite werd is. Die lyn is nie spannend of interessant nie, en die hoofkarakter probeer net die hele tyd koel wees. Vermy maar eerder. Saam met Bella op die bank.

Alvin and the Chipmunks: The Squeakquel - 5/10

Alvin and the Chipmunks: The Squeakquel is goeie materiaal vir die jonger geslag. Hulle geniet al die grappies en kan die skril stemmetjies vir 'n volle fliek ongedeerd oorleef....Saam met die familie, ouma en oupa ingesluit, op die bank.

Monday, April 5, 2010

How to Train your Dragon 3D - 6/10

Sjoe, die grafika in hierdie 3D fliek is so voortreflik, dit laat mens op stadiums wonder of hulle regte mense gevat het, en met hulle animasie gepleeg het. Die storie is heel goed, maar het net te min dubbellaag humor om grootmense te vermaak. Dit het wel 'n lewenslessie oor kindersgrootmaak in. En dan natuurlik dat drake nie so sleg is as wat mens dink nie. Dit is dan die tweede lewenslessie... Die derde een is dat dit partymaal genoeg is om net met een verskil 'n hele verandering te bewerkstellig. Die 3D aspekte word goed gebruik, met omtrent al die skote. Saam met die familie in die teater, asook die Shroeders. 

Sunday, April 4, 2010

V (2009) (Episodes 1-4) - 5/10

V (2009) is basies 'n nuwe V (1983). Ek het die ou reeks geniet. Die nuwe reeks voel so bietjie flou. Ons kon net episodes 1 tot 4 sien. Sal dalk later die res kyk, as daar nie meer ander reekse oor is nie. Moet se die nuwe Vs is aansienlik mooier as die oues...

The 4400 (Reekse 1 tot 4) - 6/10

Moet se^ dat ek en Bella The 4400 baie geniet het. Dit is sekerlik nie die beste van reekse nie, maar dit bou lekker stadig op na 'n redelike finale. Ongelukkig kon ons nie die heel laaste episode sien nie, maar danksy WikiPedia, kon ons dit wel lees... Daar was interessante episodes, en die karakters het darem redelik ontwikkel. Die Isabelle karakter se akteur het nogals 'n teenwoordigheid. Saam met Bella op die bank oor 'n hele paar weke. Ek sou dit nogals aan beveel as jy van reekse hou.

Ek en Bella het eers in Junie 2010 die laaste episode kon kyk - soos op Wikipedia, gebeur dit alles, maar eindig tog vir my meer geslote as oop. 

The Invention of Lying - x/10

The Invention of Lying is nog 'n Ricky Gervais fliek. Ek het van sy vorige werk baie snaaks gevind, soos Ghost Town. Hy het goeie tydsberekening vir komedie. Hierdie een lewer meer sosiale kommentaar, asook baie oor geloof. Die fliek sal beslis deur heelwat as Godslasterlik beskou word. Ek het egter aan die slaap geraak (ai!), en wil dit dus weer 'n slag kyk voordat ek verdere kommentaar lewer.

Friday, April 2, 2010

Astro Boy - 4/10

Astro Boy is 'n kinnerfliekie en sal deur hulle geniet word ook. Dit is nie te sleg aan die begin nie, maar verval maar in die gewone na die einde toe...Moet se^ dat daar heelwat bekende akteurs is vir die stemwerk. Saam met die familie op die bank.