Thursday, April 16, 2015

Dragonheart 3: The Sorcerer's Curse - 4/10

Dragonheart 3: The Sorcerer's Curse is so flouerige poging van 'n Game of Thrones namaaksel. Vermy dalk eerder, baie voorspelbaar. Saam met Bella en Anrich op die bank.


My Man is a Loser - 3/10

My Man Is a Loser is sekerlik die beste swakste fliek ooit. Daar is een spesifieke grap oor 'n klein babavoe"ltjie wat heeltemal onverwags insluip in 'n toneel, en waar dit so onwaarskynlik en onvanpas is dat ek nou nog daaroor lag. Die aantal se^goed wat hierdie buiteweste grappie ontsluit is 'n bonus. Die fliek is darem kykbaar, maar wees gewaarsku, moet nie saam met prim en propper tannie Bets kyk nie! Saam met Bella op die bank.  


Fast and Furious Furious Seven - 5/10

Ek het die meeste van Fast Five gehou, maar moes hierdie uitgawe in die reeks sien, bloot net oor Paul Walker se ongeluk en overwagte dood. Verwag onophoudelike aksie, onwaarskynlike toertjies en harde klanke. Die Etihad Toring toertjie is redelik skouspelagtig. Saam met Franko in die Kolonnade

Tuesday, April 14, 2015

Laggies - 4/10

Aag nee wat! Ou Keira kan nie meer tjiekflieks maak nie! Sy werk beter in periode dramas en ander flieks, maar nie hedendaagse tjiekflieks nie. Vreemd, want sy het goed begin daarmee... Laggies is 'n onder gemiddelde tjiekfliek, met aanvegbare hoofrol toedelings. Dalk voel mens self nog so raps onvolwasse...daarom die ongemaklike kakkerlakgril in die rug af!? Saam met Bella op die bank.


Big Eyes - 6/10

Big Eyes, gebaseer op ware gebeure is 'n interessante kyk werd. Dit voel egter dokumente^r, 'n siekte van baie sulke films. Dit is baie gepas vervaardig in terme van milieu en periode. In Bloemfontein saam met Bella. 

Lien se Lankstaan Skoene - 6/10

Lien se Lankstaan Skoene is 'n redelike Afrikaanse filmpie. Dit is dalk so bietjie lig in die broek vir die tema wat aangeraak word, maar is tog heel kykbaar. Mens leef jou hier en daar in die omstandighede in. Dit raak-raak aan sentiment. Saam met Bella en Ouma Lenie in Bloemfontein op die bank, met Ouma se peewee-aar.  

Don Jon - 4/10

Wees gewaarsku, Don Jon het maar growwe kante... Die film is in 'n ligte, alternatiewe styl vervaardig, Dit ruik van pronk-stap (Engels: Swagger). Beide hoofrolle is regtig onaantreklik, selfs met Scarlett in die vroulike hoofrol... Mens moet maar baie oopkop na hierdie oukie kyk. Moet se^, dit raak ietwat beter na die einde, maar is erg voorspelbaar. Ek sou reken dit is dalk 'n anti-tjiekfliek. Saam met Bella op die bank.