Friday, May 31, 2019

Stockholm - 7/10

Stockholm is gebaseer op ware feite, maar draai dan die antagonis en protagonis rolle om van die verwagte. Die vertolkings is uitstaande, die periode akkuraat, en die stelinkleding 'n absolute nostalgie. Die rolverdeling is gepas, en die ontknoping, al is die ietwat voorspelbaar - wonderlik anti-cliche. Saam met Bella op die Bank.


Tuesday, May 28, 2019

Chernobyl, Minireeks - 10/10

Chernobyl, soos Kursk, laat mens wonder hoe onbeholpe die Russe werklik is, en of hierdie net nog Yank proganda is. Dit ten spyt, is dit briljant vervaardig met vertolkings uit die boonste rakke. Dit is onstellend realisties, en hou mens vasgenaal, al het mens as jong lat die TV beelde gesien van die werklike gebeure. Saam met Bella op die Bank, 

Sunday, May 26, 2019

The Mercy - 8/10

The Mercy laat mens soutwater proe en ruik. Alles werk in hierdie fliek, Mens kry sommer self vlinders op die maag met die solo vertrek. En dan die onvoorbereide vertrek. Ware gebeure, wat mens nogals erg laat wonder wat feit en wat verbeelding is. Ek kan egter net dink hoe eensaam en klein mens kan voel in sulke omstandighede. Saam met Bella op die Bank.

En hy het gedink hy kon nie terug gaan nie, hy het verkeerd gedink, hulle sou hom aanvaar het, al het hy gedink hy het gefaal. Hy het verkeerd gedink. Hy het nie gefaal nie. Hy sou steeds hulle held gewees het. Hy het probeer.  

Saturday, May 25, 2019

The Twilight Zone (2019), Seisoen 1 - 6/10

The Twilight Zone is weer terug, met die eerste episode dalk anders as wat mens verwag het, maar dan is dit die vreemde dimensie wat mens betree. Die tema musiek is steeds daar, net minder aggressief, of dalk is ek net heelwat ouer.... Ons praat hier van 25 jaar terug, mense. Saam met Bella op die Bank, in die gewone dimensie. 

Friday, May 24, 2019

The Professor - 6/10

The Professor het heelwat skerp dialoog en komiese situasies, alhoewel sommige (heelwat) nie preuts is nie. Daar is 'n mate van herhaling, maar die rolverdeling en interpretasies red hierdie fliekie van erge pyn en smart. Dit maak eintlik van 'n baie gewigtige - veral in konteks van ons ou gesinnetjie tans - verteerbare en verstaanbare en ligter materiaal. Kyk, maar wees gewaarsku, dalk nie almal se materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


Thursday, May 23, 2019

The Truth About the Harry Quebert Affair, Minireeks - 7/10

The Truth About the Harry Quebert Affair is 'n 10 episode minireeks. Die loodsepisode lyk belowend, sal dit nog kans gee. Saam met Bella die Bank. 


Sunday, May 12, 2019

The Aspern Papers - 2/10

The Aspern Papers lyk belowend, maar stel dan erg teleur. Nie eers Venisie" red dit nie. Sterk rolverdeling maar te hoogdrawend. Ai. Sowat 20 minute se vergaap aan die milieu en tuin!? En dan besef mens hierdie gaan net nie werk nie. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, May 11, 2019

Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile - 7/10

Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile (een van die langer film titels) laat mens nogals wonder oor of ou Ted skuldig was al dan nie. Mens besef eers later die film is uit die perspektief van 'n nie-slagoffer verfilm (sy meisie). Alhoewel die rolverdeling nie sterk voorkom nie, is die akkuraatheid van die vertolkings siniste^r, onheilspellend. Hierdie by maar grillerig, maar gelukkig is die film glad nie bloed en binnegoed nie, en nie op die oog af ontstellend nie - dit skop eers later in... Saam met Bella op die Bank.
  

Friday, May 10, 2019

Old Boys - 7/10

Wel, Old Boys is seker op 'n meesterstuk gebaseer, maar hierdie interpretasie is prettig, komieklik, vermaaklik en net lekker om te kyk. Familie vriendelik, maar dalk nie 'n tema vir die jongeres nie. Gepaste rolverdeling en gepaste vertolkings. Beslis voor in die genre. Saam met Bella op die Bank. 

Untogether - 3/10

Untogether het 'n redelike rolverdeling met 'n erotiese ondertema - maar dit faal en trek mens nie aan nie, Van die vertolkings is net papsleg. Dit voel net nie die moeite werd om tyd daaraan te spandeer nie. Sowat 15 minute is al wat ek kon regkry. Saam met Bella op die Bank.

 

Wednesday, May 8, 2019

Hawking - 6/10

Hawking is redelike kyk materiaal, dalk nie die beste biografiese film ooit nie. Dit voel hier en daar oorgedramatiseerd, veral met sekere kamera skote. Die rolverdeling is goed, die vertolkings baie goed. Dit voel soos 'n baie goeie televisie fliek. Saam met Bella op die Bank.

Tuesday, May 7, 2019

The Stolen - 2/10

The Stolen is maar lig in die broek, met een van die swakste klankbane ooit - soveel so dit doen aktief afbreek aan die fliek. Ek kon dit nie klaar kyk nie, het so 20 minute oorleef. Die fliek het 'n vreemde ritme. Saam met Bella op die bank.


Saturday, May 4, 2019

Wind River - 6/10

Wind River is 'n redelike drama, losweg op ware omstandighede gebaseer. Dit het 'n sterk onderliggende tema, maar word nie te swaar of gru aangebied nie. Dit is wel tragies en ontstellend, so nie vermaak nie. By tye is die dialoog so binnesmonds mens sukkel om belangrike dele te volg, so gebruik beslis onderskrifte. Me Olson is ook nie my gunsteling verdeling nie - sy is bloot net te een-dimensioneel on on-dinamies. Saam met Bella op die Bank. 


Drunk Parents - 0/10

Drunk Parents maak dit nie, selfs nie met die rolverdeling nie. 'n Totale oordoende affe^re. Ag nee wat. Nie eers 10 minute kon uithou nie. Saam met Bella op die bank.

Friday, May 3, 2019

55 Steps - 7/10

55 Steps is 'n kragtoer van vertolkings in 'n sterk periode drama formaat. Dit is gebaseer op ware gebeure en persone, met realistiese situasies. Nie oormatig sentimenteel nie, en beslis nie lig nie. Dit gebruik wel humor om die tema verteerbaar te maak. Sterk vroue. Saam met Bella op die bank.