Sunday, February 21, 2016

A Walk in the Woods - 7/10

A Walk in the Woods is 'n baie ligte kykie na ouderdom, ouderdom van gees en die menslike ondernemingsgees. Dit het nogals heelwat snaakse tonele, maar die taal is dalk te kru vir die jonger span. Nick Nolte se vertolking is gepas, met sy mompel praat en al. Hy praat eintlik sy eie dialek hier, mens moet nogals mooi luister. Lekker ligte materiaal vir 'n Vrydagaand. Saam met Bella op die bank.


The Good Dinosaur - 6/10

The Good Dinosaur is beslis kortvolk materiaal sonder 'n dubbellyn vir ou husse. Die grafika is sekerlik die beste wat ek nog gesien het, veral die natuur en water tonele. Dit lyk so werklik. Kyk gerus saam met die jongspan, die spanningslyn is heel aanvaarbaar. Saam met die familie op die bank, alhoewel, ek dink Franko het nie regtig gekyk nie.

Tuesday, February 16, 2016

Bridge of Spies - 8/10

Bridge of Spies is 'n noukeurige kykie na diplomatieke en intelligensie operasies, en in hierdie geval, 'n spesifieke situasie met 'n hardkoppige student, en 'n slegte-geluk vlieënier. Ou Tom speel die sinvolle, noukeurige rol van 'n prokureur wat onwetend, ten minste aan die begin, en ongevraagd betrokke raak. Die spanningslyn is aanvoelbaar, die vertolkings uit die boonste rakke. Kyk gerus vir stadige, kwaliteit film materiaal. Saam met Bella en Anrich op die bank.