Friday, January 31, 2020

Salt and Fire - 4/10

Salt and Fire het die belt knap getrek met die begroting. Die film voel ook doelloos, en mens is nie seker wat dit probeer bereik nie. Die einde maak sin, maar ook nie. Net vir geharde kunsteater gangers. Ek reken die akteurs het die vir die liefde van die saak, en dalk ook nering, gedoen. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, January 26, 2020

The Soloist - 7/10

The Soloist bewys mens kan verby die oppervlak kyk, jou eie ongemak opsy skuif en 'n verskil maak. Hierdie is perfekte Sondagaand materiaal as jy niksseggend en onbelangrik voel, Mooi musiek in 'n onwaarskynlike milieu. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, January 25, 2020

Midway - 6/10

Midway is minder sentimenteel as Pearl Harbor, en gelukkig met heelwat minder opgemaakte drama. Ek sou egter hierdie ook graag uit 'n Japannese oogpunt wou sien, want die spanning tussen die vloot, lee"r en lugmag van daardie land maak vir interessante interpretasie en kykstof. Oorlog bly wel 'n daad wat tot alle koste vermy moet word. Saam met Bella op die Bank.
  

Friday, January 24, 2020

The Good Liar - 5/10

The Good Liar is 'n ligte fliekie oor swindelary. Die eerste driekwart is redelik mak en stadiger, maar dan kry dit lewe met 'n verwagte en voorspelbare einde. Die ketting van aksies wat dan ontrafel is ook dan minder geloofwaardig maar steeds interessant. Saam met Bella op die Bank.


Thursday, January 23, 2020

Star Trek: Picard, Seisoen 1 - 8/10

Star Trek: Picard lyk belowend en vol nuwe verwikkelinge in my gunsteling Star Trek reeks/tema. Saam met Bella op die Bank.

Tuesday, January 21, 2020

2050 (2018) - 5/10

Ten spyte van die tema is 2050 heelwat makker as wat dit aanvanklik lyk. Dit is egter amateur connoisseur materiaal met 'n totaal onvanpaste, maar sterk klassieke stukke, klankbaan. Die tema is ook nie so vergesog nie, en waarskynlik nader as wat mens verwag. Daar is heelwat onbereikte potensiaal, en sal graag dit met 'n meer ervare vervaardiger, rolverdeling en regisseur wou sien. Het dit by Marakele alleen moes kyk op 'n werksreis.

Sunday, January 19, 2020

The Informer - 5/10

The Informer lyk beter as die punt wat ek gee, maar is net nie lus vir die tipe genre nie. Het dit begin kyk, maar opgegee, voel nie soos Sondagaand materiaal nie. Nie seker of ek dit wel gaan klaar kyk nie, ten spyte van die bogemiddelde rolverdeling. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, January 18, 2020

Float Like a Butterfly - 6/10

Float Like a Butterfly is 'n ligter filmpie, met die mooiste milieu. Dit het nie juis 'n noemenswaardige storielyn nie, maar het wel 'n laer spanningslyn. Dit is maar 'n paar weke van iemand se lewens wat nie soos almal konformeer nie. Vroegmiddag saam met Bella op die Bank terwyl dit saggies buite ree"n, 'n luiste Saterdagmiddag verdryf.

Friday, January 17, 2020

Terminator: Dark Fate - 7/10

Terminator: Dark Fate is waarskynlik, naas die oorspronklike, die beste in die reeks. Dit is perfekte Vrydagaand materiaal, met welkome komedie elemente, soos die suurlemoen toneel. Verwag verder die gewone, maar kyk gerus as jy afskeid wil neem van ou Arnie se rol. Saam met Bella en Franko op die Bank.
  

Tuesday, January 14, 2020

Hustlers - 5/10

Die film Hustlers self is soos Amerikaanse eksotiese dansery, dit is oppervlakkig, raserig, oordrewe, en glad nie eroties nie. Dit kyk darem redelik, maar dit het 'n paar keer gevoel of ek eerder nou iets anders gaan kyk. Wat die aandag hou is die gierigheid van mense. sekerlik die wortel van die dood sondes. Saam met Bella op die Bank.

Monday, January 13, 2020

The Witcher, Seisoen 1 - 6/10

The Witcher begin met 'n redelike onoortuigende openingstoneel en karakters wat mens dalk nie nog nie tyd in wil bele^ nie. Die reeksie geniet dan ook 'n gewldige advertensieveldtog (vir Suid Afrika), en dit lyk regtig of hulle wil he^ mens moet dink dit is goed. Sal nog een episode kyk. Saam met Bella en Anrich op die Bank. 

Sunday, January 12, 2020

Ford v Ferrari - 7/10

Kan jy dit glo! Daar gaan Ford v Ferrari en gebruik 'n Amerikaner om 'n Britse aksent na te boots! Is dit 'n mode neiging in Hollywood wat hoofstroom akteurs probeer oortuig dit is die nuwe Nirvana van vertolkings? Dit irriteer en doen afbreek aan die film. Vir die res, beslis 'n kykfliekie vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Ek sal graag 'n Italiaanse weergawe ook wil sien, die Amerikaanse sentiment loop net te dik hier. Saam met Bella en Anrich op die Bank.

Friday, January 10, 2020

Knives Out - 7/10

Knives Out is 'n boeiende wie't-dit-gedoen (whodunit), met 'n paar kinkels in die kabel. Die milieu, vertolkings en rolverdeling is oortuigend met 'n kleinere mate van oordrywing. Wat wel erg teleurstel is die gedwonge, onoortuigende, kunsmatige, dik-in-die-tong aksent van Blanc. Toevallig met Dolittle wat ons op dieselfde dag gesien het, is dit presies dieselfde geval, net andersom! Die moedertong aksente sou in beide gevalle gepas gewees het. Ai. Saam met Bella en Anrich en Franko op die Bank (dit gebeur min, die fliek het almal oortuig om te bly sit).


Dolittle - 6/10

Dolittle is meesal bedoel vir kortvolk en as heilsame familie vermaak. Dit het baie skoon grappies, uitstekende grafika, en 'n oortuigende lyn. Die enigste aspek wat pla is Robert wat probeer Brits of so iets klink. Dit kom meer as 'n dronk Ier van Australie af oor. Saam met Bella en Anrich by die tjiep fliek.
  

Tuesday, January 7, 2020

Jexi - 6/10

Jexi is snaaks, bar, onder die belt maar raak. Dit is 'n oordrewe uitbeelding van 'n hedendaagse wettige verslawing. 'n Paar tonele staan uit en sal mens langer bybly en steeds laat giggel. Die rolverdeling, veral Jexi se stem, dra by tot die komedie element. Perfekte Vrydagaand materiaal, dalk nie saam met Ouma nie. Saam met Bella op die Bank.

Monday, January 6, 2020

Dracula, Minireeks - 7/10

Gits, dit is min dat ons 'n reeks so vinnig opkyk, maar Dracula was een wat met elke episode slottoneel oortuig het. Net 3, maar lang episodes, met die derde 'n interessante kinkel op die bekende verhaal. Die rolverdeling is perfek, en die hoofrol glibberig vertolk, soos dit moet wees. Saam met Bella en Anrich op die Bank. Franko het stukkies gesien maar nie alles saamgekyk nie. 

Sunday, January 5, 2020

Free Solo - 5/10

Free Solo fokus heeltemal te veel op die nie-tegniese oploop na die groot klim. Wanneer die groot klim wel gebeur, is mens verbysterd deur die skaal van Die Muur, die klimmer, en die aanpak van so iets. Daar is verskeie oomblikke wat jy self voel hoe jy aftuimel en amper dronk in die kop voel. Het dit alleen in Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122,  op die skootrekenaar gekyk, en met die snel knoppie (behalwe vir die klim).



Stumptown, Seisoen 1 - 6/10

Stumptown begin met 'n sterk eerste episode, soveel so dat mens hoop (en wens) die res van die episodes hou kersvas. Die rolverdeling is gepas en die sake is boeiend genoeg. 'n Saak word dan ook nie noodwendig per episode opgelos nie, en daar is 'n ook 'n paar onderliggende lyne wat waarskynlik oor die seisoen of reeks vloei. In Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, begin kyk saam met Bella op die Bank.



Mindhumter, Seisoen 1 - 4-10

Mindhunter begin baie vreemd vir 'n reeks, veral as mens die tema in ag neem. Dalk moet ons 'n tweede of derde episode kyk, maar voel nie lus om so te doen nie. In Muizenberg, Surfer's Corner, 122, op die Bank.





Wednesday, January 1, 2020

The Time Machine - 6/10

The Time Machine is glad nie sleg vir 'n ouer fliekie nie. Die uitbeelding van die verloop van tyd (teen 'n hoe" tempo), voel raak en oortuigend. Die vertolkings is redelik, en die lyn boeiend. Alleen voor die televisie in Muizenberg, Surfer's Corner, 122, terwyl die res herlaai het.