Monday, February 24, 2014

Shameless - 5/10

Shameless, wel, nou-ja, is regtig skaamteloos. Nog vroeg in die eerste seisoen, so sal later 'n beter opinie vorm... Moet beslis nie saam met Ouma kyk nie. Saam met Bella op die bank.

Het op die ou einde aan die einde van episode besluit, sal dalk eerder vir eers los... 

Sunday, February 23, 2014

Upside Down - 8/10

Upside Down is 'n bittersoet tjiekfliekie, maar met die mees kreatiewe milieu wat ek baie lanklaas gesien het in hierdie tipe van flieks. Die fliek is baie visueel ingerig - jammer, manne, nie wat julle dink nie. Dit is asemrowend. Maak seker om die reels van die milieu wat redelik vinnig aan die begin verduidelik word, goed te snap. Die lyn is redelik eenvoudig, maar word soveel interessanter in die kompleksiteite van die omgewing. Kyk gerus, dit is beslis die moeite werd. Saam met Bella op die bank. 
 

The Night Before the Night Before Christmas - 4/10

Man, het ek nou 'n lekker slapie deur hierdie oukie - The Night Before the Night Before Christmas - gevat, maar kyk gerus steeds op Ou Kersaand saam met die familie. Nogals lankslaas Me Beals in 'n fliek gesien. Sy kan sekerlik dans, maar nie 'n voorstedelike ma vertolk nie... Saam met Bella en Anrich op die bank, Franko wou nie byt nie...

Saturday, February 22, 2014

Black Sails, Seisoen 1 - 5/10


Die eerste episode van Black Sails stel so bietjie teleur, maar sal dit nog 'n kans gee. Die vertolkings is net 'n aks te vlak, veral as mens dit met ander periode drama reekse vergelyk. Lekker om hier en daar Kaap tonele te sien, dele daarvan is hier vervaardig. Saam met Bella op die bank.


Ender's Game - 7/10

Ender's Game is nogals 'n verassende fliekie, wat dalk meer vir die laat laerskool/hoe"rskool manne bedoel is. Die grafika is uitstekend, en dan sien mens nog ook aan die einde ons eie Gavin Hood was die regiseur! Die vertolkings is tipies van die generasie, maar mens geniet tog die ietwat bogemiddelde dialoog by tye. Kyk gerus saam met die familie, lekker Vrydag of Saterdagaand materiaal. Saam met die familie op die bank. 
  

Sunday, February 16, 2014

Pad na jou Hart - 5/10

Pad na jou Hart is 'n redelik gemiddelde Afrikaanse tjiekfliekie. Dit is nie juis op die manne gemik nie, dus 'n ware tjiekfliek. Die lyn is heel eenvoudig, maar gebruik ons natuurskoon tot voordeel. Saam met Bella en Anrich in The Grove se teater op 'n Saterdagaand 8h00! Franko en Dane het so ry of wat agter ons gesit...wie't nou kon dink ons begin weer op Saterdagaande fliek! 

Sunday, February 9, 2014

In a World - 7/10

In a World is 'n aweregse (sou dit die beste vertaling vir off-beat wees?) komedie tjiekfliekie, met 'n ewe anderse vertolking van die vroulike hoofrol. Dit is redelike ligte materiaal, met die gewone disfunksionele familie intriges in 'n taamlik geslote deel van die filmbedryf. Kyk gerus as jy vir ietsie anders lus is. Lake Bell veras nogals met haar vaardigheid as stemkunstenaar. Saam met Bella op die bank.

Friday, February 7, 2014

Gravity - 7/10

Gravity het nogals 'n gesonde spanningslyn, maar ek moet se dat Me Bullock so ietwat irriterend hier-en-daar is, maar dan beter raak na die tweede helfte van die film. Ek was nou nog nie op 'n ruimteuitstappie om eerstehands te kan se^ nie, maar die gewiglose milieu lyk heel korrek volgens Newton. Mens verwag dat dit dalk so aks minder geweldadig is, maar dan aan die ander kant lyk alles heel geloofwaardig. Hulle druk dalk die bus-klim analogie so bietjie ver, veral dat alles so mooi uitwerk in die derde been van die reis terug aarde toe. In elk geval, goeie ontspanningsmateriaal, nie denke-dagende materiaal nie. Op SA 265 van Munich na Johannesburg

Tuesday, February 4, 2014

Rush - 7/10

Rush het puik vertolkings met 'n baie kykbare lyn, veral as mens in ag neem dit is gebaseer op 'n ware verhaal. Dit skep 'n baie goeie beeld van die sport, met dalk so ietwat van 'n aandikking hier en daar, maar ook dalk 'n verflou van hoe erg dit kan wees, in die sport en van die veld af... In Ballito saam met Bella op die bank.

The Family - 6/10

The Family is hier en daar so bietjie grim, veral die sleep toneel, maar is redelik grim-komies-kykbaar vir die res. Nogals 'n paar snaakse tonele met goeie vertolkings. Moet dalk nie die film saam met Ouma kyk nie. In Ballito saam met Bella op die bank.


Monday, February 3, 2014

Tomorrow People, Seisoen 1 - 4/10

The Tomorrow People begin maar flouerig, met net daardie een klein iets wat mens darem episode 2 laat oorweeg. Dit gaan dan ook nie beter nie, so ek sal nog 3 kyk en sien wat gebeur. In Ballito begin kyk, saam met Bella op die bank.

Sunday, February 2, 2014

A Fantastic Fear of Everything - 5/10

A Fantastic Fear of Everything is iets anders as gewoon. Die baie vloek sit mens net nogals af, anders sou dit seker 'n 6 kon kry. Simon se gesig bly maar snaaks, en dan is boonop nog so mal soos 'n haas in die fliek. Darem eindig dit "normaal"... Saam met Bella op die bank.