Sunday, March 25, 2018

Father Figures - 3/10

Father Figures is eintlik swak, maar vir een of ander rede het ons dit klaar gekyk. Tipiese Hollywood oordrewe vertolkings en bar sentiment. Saam met Bella op die bank.

The Greatest Showman - 7/10

The Greatest Showman is dalk so bietjie oordrewe vergeleke moet hoe die sirkus werklik gelyk het, maar is beslis kleur en luisterryke vermaak. Die rolverdeling werk baie goed, al is dit nie altyd hul eie stemme nie (Mev Lind bv.). Nie my gunsteling operette (musiekfilm of musical) nie, maar glad nie sleg nie. Saam met Bella op die bank.


Krypton, Seisoen 1 - 3/10

Nee wat, Krypton begin sommer heel power. Na-aap van die Detergent tipe flieks. Saam met Bella en Anrich op die bank, maar vir niks meer as 10 minute nie. 


Saturday, March 24, 2018

Tomb Raider - 6/10

Tomb Raider kyk nogals punt-op-die-sitplek, vinnige aksie. Daar is een donkerder toneel, maar die res is stapel aksie en ontsnapping. Lekker Vrydag of Saterdagaand springmielie materiaal. Saam met die familie by Zambezi mall, vir die vakansiedag.  


Tuesday, March 20, 2018

What Planet Are You From? - 5/10

What Planet Are You From? is 'n 2000 fliekie wat sy ouderdom baie goed dra. Neig na bar, maar eintlik heel snaaks. Die oppervlakkige dialoog, tong-in-die-kies vertolkings red die fliekie. Saam met Bella op die bank.


Saturday, March 17, 2018

Life Sentence, Seisoen 1 - 4/10

In Life Sentence is almal net te mooi - die reeks het geen realisme nie, daarom voel dit net te plastiek vir so 'n tipe drama. Kon net die eerste 15 minute uithou. Saam met Bella op die bank.

The Man Who Invented Christmas - 8/10

The Man Who Invented Christmas is liplekker, taalryke, goedvoel ontspanning. Uitstekende rolverdeling, periode milieu en kostuumwerk. Hierdie is 'n juweeltjie en beslis die moeite werd. Saam met Bella op die bank. 


Star Wars: The Last Jedi - 6/10

Star Wars: The Last Jedi is nie die beste nie, maar darem heel kykbaar. Ek het meer van gehou Star Wars: The Force Awakens. Daar is hier-en-daar klein humor klippies, maar te min om die fliek te red, en dan sal dit boonop seker nie meer Star Wars wees nie. Saam met Bella op die bank, alhoewel sy en die manne dit reeds in die teater ook gesien her. Anrich het die eerste stukke saam gekyk, weer. 

Wednesday, March 14, 2018

Paddington 2 - 6/10

Paddington 2 is net so goed as die eerste een. Ligte humor, met nimlike karakters, selfs die klomp tronkskelms. Dalk meer kortvolk materiaal, maar dit ten spyte, kan mens dit steeds kyk en geniet. Saam met Bella en Anrich op die bank, al het beide van hulle die film in die teater reeds gesien. 

The Alienist, Seisoen 1 - 7/10

The Alienist is 'n donkerige, sielkundige drama in 'n jonger New York. Voel coortgelyk aan The Knick, hopelik net minder bloederig. Net tien episodes, wat oor een komplekse saak handel, Saam met Bella op die bank.

Ferdinand - 5/10

Ferdinand is 'n soete kinderfliekie met 'n paar mooi lessies ter ondersteuning. Regtig net vir die kortvolk bedoel, maar tog kykbaar met heerlike ligte komedie. Die grafika kan beter maar is goed genoeg. Saam met Bella en Anrich (gedeeltelik) op die bank.


Monday, March 12, 2018

Downsizing - 3/10

Aag nee wat, Downsizing is erg teleurstellend. Die rolverdeling is glad nie gepas nie, die storielyn is vol gate, en dit is waarskynlik die mees aweregse vroulike romantiese hoofkarakter ooit. En dan vir 'n omgewingsbewuste fliek, met 'n sterk dokumente^re gevoel, is daar absoluut geen element wat mens darem dit wil laat klaar kyk nie, nie humor nie, nie seks nie, en nie spanning nie. Die sosiale kommentaar faal ook. [Bar taal waarskuwing] Die een groot blaps is dat die naels by stopsels, kak en hare vergeet word! [Bar taal eindig]. Vermy gerus sonder enige twyfel, spyt of skuldgevoelens. Saam met Bella op die bank.

Sunday, March 4, 2018

Hard Sun, Seisoen 1 - 4/10

Nee wat, hierdie lyk nie die moeite werd nie, net te donker. Nie eers die eerste episode langer as 10 minute gekyk nie. Stan Lee's A Lucky Man baie beter.

The Shape of Water - 7/10

The Shape of Water is 'n kuns tjiekfliek. Alhoewel dit ligte Fantasiefiksie is, word die fantasie element so as deel van die normaal hanteer, dit voel soos alledaagse belewenis. Heeltemal iets anders as die gewone hoofstroom, maar steeds 'n bittersoet fliekie en die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die bank.