Monday, April 23, 2012

Once Upon a Time S1 - 6/10

Lekkerrr, moderne kinder sprokies... Nou net daarmee begin maar dit lyk baie belowend. Once Upon a Time lyk so bietjie ligter, met heelwat intrige. Saam met Bella op die bank. Aag deksels, die reeks klaar gekyk! Was lekker kyk materiaal. Tweede seisoen word beplan, hoop dit gaan wys.

Game of Thrones S1 & S2 - 6/10

Game of Thrones is beslis nie preuts nie... Dit is 'n redelik goed vervaardigde reeks met so trappie beter akteurs as die gewone. Lekker komplekse plot met heelwat kinkels. Ons is besig met Seisoen 1. Saam met Bella op die bank. 

My Week with Marilyn - 6/10

Wel, nog 'n floskopfliekie, amper soos Midnight in Paris, net behalwe hierdie slag is dit 'n vrou en nie 'n stad wat so verleidelik speels is nie. Die fliek is pragtig verfilm, maar reflekteer absoluut die optrede van Me Monroe. Dit raak ook amper half dokumenter na die einde se kant toe. En moet my nie laat vertel dat die jong mannetjie 'n hele memoir oor Marilyn geskryf het net omdat hy haar twee maal sonder klere gesien het nie... Klink vir my helemal te fieshie.... Moet se dat die vertolkings nogals goed is. Oppad na Munich op SA 264

Midnight in Paris - 6/10

Midnight in Paris maak mens sommer van vooraf verlief op Parys, maar dan eerder 'n 1920 Parys... Woody Allen het ook daarin geslaag om 'n vervanging vir homself in sy eie flieks te kry... Ek raak net bekommerd wie by hom agter die skerms gaan oorvat. Die fliek raak so tema of wat op 'n baie lawwe (soos 1920 Parys was) manier aan. Parys word dan ook nog 'n karakter in die fliek, met karakterontwikkeling en al, die hele ketoetie. Lekker lig om te kyk, en moenie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bank. 

Real Steel - 5/10

Real Steel is 'n baie effens beter as gemiddeld fliekie. Dit voel amper asof dit eerder animasie moes gewees het.  Beslis vir die jongklomp, maar dan ook nie, want dit spreek 'n ander tema aan as net rou robotika. Saam met die familie op die bank.

Sunday, April 15, 2012

The Rum Diary - 6/10

The Rum Diary kry dit heeltemal reg om mens dronk te laat voel. Die hoeveelheid wat die manne drink is verbysterend... Die milieu is baie getrou, en mens kan nie anders as om op die ou karre en afgeleefde plekke verlief te raak nie. Die fliek het so paar skreeusnaakse tonele, wat baie gepas is by die trant en wat die fliek uitbeeld, storm-dronk. Kyk gerus vir 'n ligte aandjie. Saam met Bella op die bank. 

Hugo - 9/10

Die aandag aan detail in Hugo is ongelooflik, die romantiese stasie in Parys perfek. Mens ruik die Croissants, die koffie en al die Brasso om al daai koperwerk so mooi te hou. Die swaar klokke voel mens, dit is 'n film van sintuie. Saam met die familie op die bank. Die vertolkings pas perfek by die Franse tema, en daar is 'n verassing of twee (veral die stasieinspekteur...) Saam met die familie op die bank. 

Tinker Tailor Soldier Spy - 8/10

Tinker Tailor Soldier Spy het 'n baie komplekse storielyn, met baie fyn aandag aan detail van die era. Die vertolkings is almal uit die boonste rakke. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, dit is nie 'n maklike kyk nie. Saam met Bella op die bank.  

Alcatraz S1 - 5/10

Alcatraz het net een reeks oorleef, maar is nie te sleg nie, heel kykbaar. Ons het nog so 4 episodes oor. Saam met Bella op die bank.  

Sunday, April 1, 2012

Apollo 18 - 5/10

Apollo 18 bevat redelik realistiese maanvaart tonele, en skep seker die beste idee van die beknoptheid en uitdagings van so 'n reis. Dit is egter waar dit stop. Die storielyn bou tot 'n mate op, maar vir een of ander rede werk dit nie goed nie. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank.