Monday, March 28, 2011

Spud - 6/10

Wel-wel, Spud is nog 'n Suid Afrikaansie fliekie wat nie te sleg afsteek teen die res van die wereld nie. Ek vermoed die boek gaan heelwat beter lees. Mens verdiep tog so bietjie in die fliek, seker oor al die herinneringe aan 'n onsekere sosiale bestaan in die tienerjare.... Saam met Bella op die bank.

Gnomeo & Juliet (3D) - 4/10

Wel, hierdie is seker uitstekende vroeg-laerskool vermaak. Dit is oulik en alles, maar tog maar vervelig vir die ouer garde. Daar is 'n paar snaakse grappe darem. Grafika raak al beter en beter... Wonder waar dit gaan eindig? Saam met die families Le Roux, Schroeder en King in die teater.

Tuesday, March 8, 2011

Black Swan - 7/10

Genugtig, maar Black Swan is maar 'n donker prentjie van Ballet! Hierdie is die eerste probeerslag vir Ballet-Riller wat ek van weet.... Die tempo van die fliek, veral die kameraskote pas by die tempo van die ballet, en dan veral Swan Lake. Die musiek is pragtig, en die mooi snitte word telkemaal herhaal. Ek is nie seker of hierdie goeie Sondagaand materiaal is nie....Dit is beslis nie ligte materiaal nie. En foeitog, die arme Swaan Koningin is maar in 'n penarie.. Saam met Bella op die bank.

The Kids are All Right - 7/10

Hmmm, hierdie is seker nie vir almal bedoel nie, maar is tog op die ou einde 'n baie goeie verhoudings-studie van moderne gesinne. Die karakterontwikkeling is puik en al die rolle word baie realisties vertolk. Nie heeltemal my idee van kyk genot nie... Ek sou dit glad nie as 'n komedie-drama (soos op die kassie) klassifiseer nie...Saam met Bella op die bank. 

Alpha and Omega - 5/10

Die grafika vir Alpha and Omega is glad nie op die standaard van ander onlangse animasie flieks nie, maar is steeds heel kykbaar. Ons kinders het dit geniet. Dit is maar vol cliches. Saam met die familie op die bank.