Saturday, January 26, 2019

The Nutcracker and the Four Realms - 5/10

The Nutcracker and the Four Realms het glansryke (opulente?) grafika, kostuumwerk en karakters, maar het geen hart nie. Die teikengehoor is onduidelik, die lyn net te eenvoudig, maar tog nie 'n slegte idee nie. Alles is perfek, dit werk egter net nie. Dalk is dit die swakker rolverdeling, dit voel net nie oortuigend nie. Saam met Bella op die Bank.


Friday, January 25, 2019

Les Misérables, Minireeks - 6/10

Les Misérables maak in die eerste episode gereed vir groot swaarkry. Mens sien dit sommer kom. Kostuum en milieu korrek, maar met Brits as die taal, geen poging tot Frans nie. Lyk beslis die moeite werd as 'n kort reeks. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, January 19, 2019

The Girl in the Spider's Web - 5/10

The Girl in the Spider's Web het 'n papperige rolverdeling, met die hoofrol taamlik onvanpas. Dit voel baie lank, maar tog is dit redelike Saterdagaand vermaak. Beslis nie van dieselfde fanrikaat as die ander films in die reeks nie. Saam met Bella op die bank.


Friday, January 18, 2019

A Star is Born - 7/10

A Star Is Born is beslis 'n kragtoer vir beide die manlike en vroulike hoofrolle. Dit is harde werk en talent wat vertoon word. Dit voel egter of die manlike leidende rol net te een-dimensioneel is, met beperkte karakterontwikkeling. Die vroulike rol oor-ontwikkel in 'n metamorfose wat terleurstel. Dit voel dan ook of die film sy hart verloor vir die glinster wereld van plastiek-roem en geld. Dit kyk gemaklik, maar wees gewaarsku, die taal is kru, veral die eerste helfte. Saam met Bella op die bank.


Tuesday, January 15, 2019

Homecoming, Minireeks - 6/10

Homecoming het 'n sterk rolverdeling, maar flou loodsepisode. Dit is beslis nie aangrypend nie, maar beweeg mens tog om die tweede episode te wil kyk. Nog heelwat onseker wat die doel agter die storie is, en waarna dit mik. Het na die tweede episode moed opgegee, hierdie maak net glad nie sin nie. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, January 12, 2019

The Decoy Bride - 5/10

The Decoy Bride is 'n baie ligte, maar sonder pretensie, tjiekfliekie. Romantiese milieu, gepaste rolverdeling en 'n eenvoudige storielyn. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, January 9, 2019

The ABC Murders, Seisoen 1 - 6/10

The ABC Murders is 'n drie-episode minireeks. Het ongelukkig nie die eerste episode goed gesien nie, was net te vaak maar kon die res behoorlik volg. Die ontknoping is nie naastenby so kompleks as wat ek verwag het nie, maar dalk was die fokus eerder op die vervaardiging, ongure karakter rol-verdeling en die milieu. Beslis nie vermaak nie. Saam met Bella op die Bank. 

Sunday, January 6, 2019

The Old Man & the Gun - 6/10

The Old Man & the Gun is 'n baie rustige - soos die hoofrol gepas is - fliekie van iemand wat nooit regtig opgegee het nie. Moet geen aksie, skop, skiet of seks hier verwag nie. Dit is periode korrek met heelwat karakter, milieu en storielyn ekonomie. Losweg gebaseer op ware gebeure. Saam met Bella op die bed by Kimberley Protea (langs die groot gat). 


Saturday, January 5, 2019

Patrick Melrose, Seisoen 1 - 6/10

Patrick Melrose het 'n briljante hoofrol vertolking, maar val net buite ons idee van ontspanning. Dit is amper soos Sherlock sonder die Sherlock dele. Het die eerste episode deur geswoeg en uiteindelik moed opgegee. Saam met Bella op die bed by Boulder's Beach Lodge


Tuesday, January 1, 2019

London Has Fallen - 3/10

London Has Fallen het swak grafika, veral aan die begin, onoortuigende vertolkings en 'n voorspelbare verloop. Dit was egter nog steeds lekker om dit op die bank in Braeside House te kyk saam met Bella en Anrich en Franko.