Sunday, April 28, 2013

Silver Linings Playbook - 4/10

Silver Linings Playbook is 'n lang, stadige, pyn van 'n tog deur die onstuimighede van komplekse menslike gedrag. Die fliek is nie vir sissies nie. Wat dit nog vreemder maak is die mak, Hollywoodstyl, cliche einde. Dit pas glad nie by die res van die fliek nie, tempo, styl en lyn gewys. Kyk gerus as jy probleme het, dit laat joune klein lyk. Wees weereens gewaarsku, dit is 'n pyn om te kyk, veral op 'n Saterdagaand. Hierdie, as gevolg van die einde, klassifiseer dan as 'n tjiekfliek, maar ek sou dan reken in die riller sub-kategorie van tjiek flieks. Die vertolkings is redelik gepas en goed. Saam met Bella op die bank.   

Saturday, April 27, 2013

Django Unchained - 7/10

Django Unchained is 'n moderne Western, baie goed gemaak vir sy genre en heel kykbaar. Dit is vir my ietwat aan die lang kant, maar dit pla nie te erg nie. Dit is op die ou einde 'n love story daarby. Die skiet tonele het oormatig baie bloed wat spat, so die werklikheid word so bietjie meer verteerbaar gemaak. Kyk gerus op 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, April 21, 2013

The Words - 5/10

The Words is nie te sleg nie, maar staan die gevaar om 'n generiese fliekie te word ten spyte van die rolverdeling. Dit is gelukkig kort, en het 'n redelike spanningslyn wat op 'n papperige manier ontknoop word. Kyk op 'n flouerige Sondagaand, beslis nie Vrydag of Saterdagaand vermaak nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, April 20, 2013

Life of Pi - 8/10

Life of Pi slurp mens in 'n wereld van oorlewing in, sodat jy die soutwater proe. Ryk visuele beelde, met 'n sterk boodskap. Kyk gerus as jy 'n skeepsvaart beplan... of dalk nie. Werk goed vir enige aand van die week. Die film is nie net somber nie, het ook humor in, met goeie afwisseling tussen emosies. Saam met die familie en ma Else op die bank. 

Looper - 8/10

Looper het 'n baie interessante benadering tot tyd toerisme - eintlik glad nie vir toerisme nie, maar laat dit eers daar - en 'n vars apokaliptiese uitbeelding van 2044 of so iets. Die lyn is lekker kompleks, die spanningslyn perfek en die wetenskapfiksie deel geloofwaardig. Dit is op die ou einde 'n sad love story, so die skoner geslag kan dit gerus kyk. Daar is 'n paar bloederige tonele, maar gelukkig vinnig en finaal. Kyk gerus op 'n Vrydagaand, perfekte anti-werk tonikum. En ou Bruce werk goed in die fliek, en sy jonger self pas mooi in. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, April 14, 2013

Hitchcock - 7/10


Hitchcock is beslis die moeite werd, lekker kort, bondig sonder te veel frilletjies. Puik vertolkings, regdeur. Kyk beslis as 'n 'n fe^n is van sy werk. 

Saam met Bella op die bank.

Saturday, April 13, 2013

Klein Karoo - 6/10

Klein Karoo is 'n lekker ligte Afrikaansie tjiekfliekie en heel kykbaar vir die hele familie. Dit lyk of die Afrikaansie filmbedryf op 'n klimpad is. Saam met Bella op die bank.

Monday, April 8, 2013

The Big Bang - 3/10

The Big Bang klink of dit potensiaal het maar die kombinasie tussen kwantum meganika en skop-skiet-en-donder werk net nie, selfs nie eens die sekstonele help nie. Nee wat, ek het groot stukke geslaap in hierdie flou makou. Streng op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

The Master - 3/10


Mens kan soms uitnemende films met Hoffman sien, maar dan is sy spel soms so goed dit raak ontoeganklik.  The Master bevat spel uit die boonste rakke, milieu en alles ingesluit, behalwe dat die fliek dodelik vervelig is, en glad nie regkry wat dit beoog nie. Dalk was ek weereens net te moeg om die subtiele boodskappe en tonele te snap. Nee wat, as jy lus is vir 'n teoretiese puik fliek, maar absoluut geen ontvlugting nie. Beslis nie 'n Vrydagaand fliek nie. Saam met Bella op die bank. 

Jock of the Bushveld (1986) - 5/10

Jock of the Bushveld is 'n stukkie geskiedenis wat redelik getrou vervaardig is, veral as mens die era waarin dit vervaardig is in ag neem. Daar is heelwat gewoontes, uitbeeldings en se^goed wat vandag taboe is. Fokus op die brak en eienaar en vergeet 'n oomblik van die omstandighede (lees politiek). Saam met Bella en Anrich op die bank.  

Celeste and Jesse Forever - 3/10


Celeste and Jesse Forever is 'n moderne, gesels tjiekfliek wat eintlik maar net te irriterend is. Dalk was ek net te moeg, maar die film het klaaglik misluk om my aandag te behou. Kyk gerus op eie risiko. Saam met Bella op die bank. 

Hysteria - 6/10

Wel wat kan mens se van Hysteria... Dat mans so simpel kon wees is darem vir jou 'n ding. Wat 'n interessante en toeganklike stukkie geskiedenis wat op 'n baie ordentlike manier aangebied word. Vrouens wees gewaarsku, dis seker Histerie... Saam met Bella op die bank (nie histeries nie, of wel?)