Saturday, January 27, 2018

Crooked House - 710

Crooked House het nogals 'n aantrekking, veral met die periode en milieu. Verfrissende rolverdeling, vol hoekies, draatjies en donker geheime, intriges en agendas. Maar dan is daar die einde, sommige vind dit onstellend, maar dit is onverwags. Mens het eintlik vir iets anders gehoop as jy besef wat gaan gebeur. Saam met Bella op QR1368 oppad na Venisie, maar sy het dit eers later by die huis gekyk.  


Interlude in Prague - 6/10

Interlude in Prague wys dat selfs superheld musikante dit nie maklik gehad het nie. En dan dat geld en mag en politiek (en die pous in hierdie geval) ook maar alles bepaal het. Niks anders as hedendaags nie. Mooi musiek, stelinkleding, kostuums, en gepaste vertolkings. Nie die beste kunsfliek nie, maar dalk meer toeganklik. Op QR1368 saam met Bella na Venisie



Home Again - 5/10

Home Again is 'n redelike tjiekfliekie met 'n paar nogals snaakse tonele. Van die tonele kan mens net waardeer as jy al so entjie af in die pad met voorstedelike familielewe is....Dit kyk maklik, so perfek vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op QR1368 oppad na Venisie


Friday, January 26, 2018

Professor Marston and the Wonder Women - 6/10

Professor Marston and the Wonder Women voel so bietjie oordrewe, meganisties, amper dokumente^r. maar tog met 'n erotiese sy. Saam met Bella op die bank. Anrich is weg op bosskool en Franko kuier by Michelle tot more en dan by Luca-hulle. Ons is oppad Venisie" toe mo^re. 


Corporate, Seisoen 1 - 6/10

Corporate het sekerlik sy oomblikke, maar dit is nie snaaks genoeg om mens se aandag te behou nie. Dit is 'n lekker gespot met groot korporasies en hulle werkmagte. Kon so drie episodes uithou, maar gaan nie verder volg nie. Saam met Bella op die bank.


Sunday, January 21, 2018

Brittania, Seisoen 1 - 7/10

Britannia het nogals 'n oortuigende openings episode. Sal beslis verder kyk, hoop net die bonatuurlike aspek oorheers nie. Tipies vir die periode, milieu en geskiedkundige interpretasies, is daar die verwagte tipe karakters en rolverdeling. Voel soos 'n mengsel van Vikings en Game of Thrones met 'n raps Rome (moet laasgenoemde nog kyk) by. Van die vertolings het so ietwat van 'n tong-in-die-kies gevoel, met 'n onderliggende ondeundheid, ook in die dialoog. Sal dit nog volg. Saam met Bella op die bank.
  

Geostorm - 4/10

Geostorm is voorbeeld Hollywood stapel, met baie vlak karakters, erge Amerikaanse sentiment, ontmoontlike ruimte fisika en onwaarskynlike natuur response. O, en so terloops het die Aarde eweskielik 'n Kardashev Tipe I Beskawing geword.... Ten minste is hierdie breinlose springmielie ontspanning. Saam met Bella en Anrich op die bank. Die aand voor Anrich vertrek het op Graad 9 Bosskool.


The Girlfriend Experience, Seisoen 1 - 6 / 10

The Girlfriend Experience lyk kykbaar, maar soos Bella se^, dit is nie 'n opbouende tema nie. Dit het nogals 'n donker gevoel, en 'n baie spesifieke kamera tegniek, stadiger skote, stilisties gekomponeer. O, en oppervlakkige karakters, met redelik min emosie.... Saam met Bella op die bank.

Sunday, January 14, 2018

Goodbye Christopher Robin - 8/10

Goodbye Christopher Robin is 'n bittersoet, maar roerende periode drama oor die skepper(s) van die geliefde en alombekende beertjie en sy maters. Puik vertolkings, raak rolverdeling en uitstaande fotografie. Die hele film het 'n storieboek gevoel, en met dele lyk dit amper geteken (daar is wel een kort getekende toneel). Aan die einde van die fliek voel mens om jou kinders 'n druk te gaan gee en tyd met hulle te spandeer.... Perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die bank.

    Isn’t it funny 
    How a bear likes honey? 
    Buzz! Buzz! Buzz! 
    I wonder why he does? 
                           - A.A. Milne

Saturday, January 13, 2018

Verskietende Ster - 7/10

Verskietende Ster wys dat ten spyte van al die prikkels van die lewe, talent soms wel seevier. Ten spyte van alles wat daarteen druk. Die fliekie voel wel so bietjie oordrewe in sekere opsigte, maar dan probeer dit seker die punt juis duidelik en omonwonde stel. Uitstekende vertolking van die hoofrol. Die vaderfiguur rol kon beter vertolk gewees het. Saam met Bella op die bank in Ballito.  

*batteries not included - 6/10

*batteries not included is 'n soete fliekie, van so paar dekades terug, toe grafika en al sulke goeters nog nie die industrie oorheers het nie. 'n Gewone verhaaltjie van veg teen verandering en Dawid teen Goliat. Saam met Anrich op die bank een oggend vroegerig in Ballito.   

The Foreigner - 7/10

The Foreigner is 'n aks beter as standaard stapel aksie. Mens kry nogals 'n nuwe perspektief op gebeure in die Engelse en Ierse konflikte, veral omdat ek as skoollaaitie al die nuusberigte op televisie onthou van bommeldings. Ek vermoed daar was heelwat soortgelyke - en waarskynlik meer - gekonkel tussen partye en polotici. Tussendeur hierdie geskiedenis, gebeur daar dan goeie ou Jackie Chan sekwense. Die fliekie, alhoewel nie ligte materiaal nie, kyk nogals heel lekker. Anders as ander Chan en aksie flieks, het hierdie een nogals 'n ander tempo en gevoel, dit het meer hart en siel. Saam met Bella op die bed, Ballito, Les Palmiers Nr 6

Philip K. Dick's Electric Dreams, Season 1 - 7/10

Philip K. Dick's Electric Dreams begin goed, met soos mens kan verwag, episodes wat redelik oop vir interpretasie eindig. Dit voel so bietjie minder onheilspellend en donker as Black Mirror (veral die tweede seisoen). Wat wel indrukwekkend is, is dat hierdie stories meesal in die Vyftigs, Sestigs en Sewentigs geskryf is. Dit is wel verwerkings van die oorspronklike kort verhale. Saam met Bella op die bank (Het die eerste twee episodes in Ballito gekyk, Les Palmiers Nr 6).

Tuesday, January 2, 2018

Blade Runner 2049 - 8/10

Blade Runner 2049 werk. Net jammer die klankbaan - indrukwekkend soos dit is - het nie dieselfde aangrypende note nie as die oorspronklike fliek nie. Die milieu, periode, tegnologie en atmosfeer, alles is in pas met die voorganger en bou sinvol voort. Die verhaal voel logies en korrek. Dit is 'n lang fliek, en daar is lang stadiger tonele. Maar die pakkie is die kyk werd. Wetenskapfiksie uit die boonste rakke. Dalk nie heeltemal hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die bank, nuwejaarsdag. 

Rememory - 5/10

Rememory bevat al die korrekte bestandele. Teoreties moet hierdie 'n goeie fliek wees. Maar iewers faal dit, dit het nie hart nie. Dit voel meganisties. Dit is 'n meer tragiese drama, maar dan voel  dit beslis nie so nie. Saam met Bella op die bank.


Monday, January 1, 2018

Justice League - 5/10

Justice League stel nogals heel teleur. As dit nie vir die verspreide tong-in-die-kies dialoog krummels was nie, sou ek hierdie nie eers klaar gekyk het nie. Dit is maar die hele premis en storielyn van die fliek wat faal. Ag nee wat, die antagonis is fantasties magtig, met verskriklike omvattende magte, en fantastiese vegtonele, alles baie nikseggend en sinneloos. Nie eers goeie Vrydagaand kyk materiaal nie. Saam met Bella en Anrich op die bank. Anrich het dit al voorheen in die teater gesien, en nie kans gesien om dit 'n tweede keer deur te kyk nie...

The Counsellor - 7/10

The Counsellor is soos Filosofie 101 vir aspirant misdaadsindikaatlede. Daar word nogals heelwat tyd aan diep monoloe", en selfs sinvolle dialoe" afgestaan. Die hele lyn handel maar rondom een berekende, maar erg beroude misstap van 'n man van die reg - daar word telkemale deur ander karakters herinner dat hulle nie in staat - of in posisie - is om advies te kan gee nie. So ironiese, tong-in-die-kies stekie na die titel en hoofkarakter wat naamloos bly, regdeur die hele film. Die openingstoneel, en selfs die Ferari-windskerm toneel is nogals pynlik-ongemaklik, en mens wonder oor beide se bydrae tot die lyn. In elk geval, swart humor in 'n pakkie wat mens laat wonder tot op die einde. O, en 'n sterbelaaide rolverdeling, nogals goed gedoen en vertolk. Saam met Bella op die bank.