Wednesday, February 28, 2018

Daddy's Home 2 - 4/10

Daddy's Home 2 is tipiese Hollywoodstapel. Oordrewe, onekonomies, raserig, stereotiperend, oorsentimenteel en 'n paar snaakse grappe. wat mens nie kan help om voor te lag nie. Lekker springmielie komedie op 'n Saterdagaand as dit koeler buite is. Saam met Bella en Anrich op die bank.


   

The Mountain Between Us - 6/10

The Mountain Between Us maak beslis van rolverdelingekonomie gebruik. Maar dit ten spyt, werk die fliek verbasend goed. Die Hollywoodoordrewenheid voel minder, maar daar is tog 'n beperkte element daarvan. Dit neig ook so ietwat na sentiment teen die einde se kant, maar maak dan dit vir 'n bepaalde tjiekfliek. Saam met Bella op die bank.     

Sunday, February 25, 2018

Wonder - 6/10

Wonder speel met mens se emosies en neig na sentiment, tipies Hollywoodstyl. Dit kyk egter maklik, met 'n goeie rolverdeling en glad nie oordrewe vertolkings nie. Minder komiese elemente wat die drama kwaliteit meer ernstig laat voel, maar steeds nie swaar nie. Kyk gerus, maar wees gewaarsku, die knop in die keel gaan 'n hele paar keer sy verskyning maak. Saam met Bella en Anrich op die bank. 


Sunday, February 18, 2018

Altered Carbon, Seisoen 1 - 6/10

Altered Carbon lyk goed, maar gebruik die verwagte skokmateriaal in die eerste episode. Dit is nie 'n lang reeks nie, so sal dit waarskynlik klaar kyk. Standaard futuristiese tegnologie, samelewing en gedrag - alles grotendeels deur Blade Runner bei"nvloed. Ten minste is dit die reeks met die koelste naam. Saam met Bella op die bank.



Sunday, February 11, 2018

Jessica Jones, Seisoen 1 - 7/10

Jessica Jones het 'n noir gevoel, met min fokus op haar superkragte. Dit voel eintlik eerder soos 'n tipiese privaat speurder reeksie, maar kyk tog heel aangenaam. Sal dit beslis verder volg. Saam met Bella op die bank. 


Saturday, February 10, 2018

Counterpart, Seisoen 1 - 8/10

Counterpart gebruik parallel we^reld teorie op so manier dat mens nie eers agterkom dit is wetenskapfiksie nie. Die hoofrol, eintlik twee rolle deur een akteur, is 'n kragtoer van vermoe" en ervaring. Mens moet mooi oplet, kophou en luister, die intriges is nogals vervlegd. Uitnemende reeks, beslis die moeite werd. Saam met Bella op die bank.

McMafia, Seisoen 1 - 3/10

McMafia voel sommer met die eerste episode soos 'n sepie. Aag nee wat, gaan nie tyd hierin bele^ nie. Saam met Bella op die bank.

Don Quixote - 6/10

Don Quixote is 'n soet ou fliekie, baie rustig, en glad nie met Hollywood se glinster en glimmer nie. Dit is kort, en vertel die bekende, maar eenvoudige verhaaltjie. Nogals snaakse dialoog hier-en-daar, maar moet nie aksie, angs of eskapism verwag nie. Saam met Bella op die bank.

Saturday, February 3, 2018

Bright - 6/10

Bright is ietwat vreemd, amper soos 'n kombinasie van kuns, aksie, sprokie en wetenskapfiksie, maar met 'n donker en growwe benadering. Nogals baie vloek, veral die f-bom, aanhoudend. Seker gepaste vertolkings, en dan 'n baie sterk sinspeel op spesisme (as analoog vir rasisme, maar eerder tussen spesies as tussen rasse van 'n spesie). Maar mens kry die gevoel hulle verwys eerder na rasisme. Heel kykbaar, gepas vir 'n Vrydag of Saterdagaand. Saam met Bella op die bank.



Friday, February 2, 2018

Great News, Seisoen 1 - 4/10

Great News begin baie snaaks, maar dan besef mens na die derde episode dit gaan dieselfde bly en dalk nie snaaks bly nie. Wat wel snaaks is, is die oop en bloot gespot met korporatiewe lewe, self-help verbeteringskursusse, gurus, en tipiese pseudo-sielkunde wat om elke hoek en draai ingewurg word in arme redelose, niksvermoedende werkerbye. Die eerste drie episodes saam met Bella op QR126 gekyk van Venisie af terug.

Lethal Weapon, Seisoen 1 - 4/10

Lethal Weapon lyk glad nie sleg nie, maar daar is net te veel ander reekse wat meer opwindend lyk. Dalk later as daar niks anders is om te kyk nie. Begin kyk op QR126 oppad van Venisie af terug



The Hitman's Bodyguard - 6/10

The Hitman's Bodyguard het blykbaar BAIE vloek in, maar een voordeel om dit op Qatar te kyk is dat hulle al die vloek en ongewenste dele sny. Seker nie altyd tot voordeel van die kyker nie, maar ten minste het die film baie lekker Saterdagaand vermaak uitgemaak. Dit het genoeg komiese elemente en dan baie van Amsterdam. As mens eers daar vakansie gehou het, is al die tonele, veral op die kanale heimwee-snellers. Saam met Bella op QR126 van Venisie af terug.


Murder on the orient express (2017) - 7/10

Murder on the Orient Express is 'n aangename opdatering van die redelik bekende Inspekteur Hercule Poirot verhale. Natruurlik nou met grafika effekte om alles net soveel meer dramaties te draai. Die einde is ietwat voorspelbaar, maar mens waardeer tog die finale ontknoping. Dit het my 'n hele rukkie geneem om agter te kom dit is wel Kenneth Branagh wat die rol vertolk. Die res van die rolverdeling is heel modern en vermaaklik. Saam met Bella op QR126 van Venisie af terug