Saturday, February 25, 2023

brixton

Kon beter kamertjie gebruik het 
Redelik geloofwaardigheid 
Kaptein rolverdeling kan beter

Friday, February 24, 2023

Guillermo del Toro's Pinocchio - 10/10

Guillermo del Toro's Pinocchio is oorrompelende animasie kuns. Behalwe vir die ryk visuele milieu met al sy eienaardighedetjies, is daar ook 'n nuwe interpretasie van die alombekende verhaal. Maar die belangrikste wat die film behaal is om die mees getrouste weergawe ooit van die stoute Pinocchio te gee. Sy lawwe, ligte trippel oor die lewe gee die poppie dimensies nooit voorheen visueel en ouditief gesien nie. Absoluut die moeite werd - ek sal graag ook die maak van film wil kyk, vriesraamverfilming met harsfigure is gebruik. Die rolverdeling is onverbeterlik met die merkwaardige stem- en sangwerk wat tot die prettigheid bydra. Saam met Bella op die Bank.





     

Saturday, February 18, 2023

Sharper - 6/10

Sharper verstrengel mens in 'n komplekse web van strategie en taktiek totdat almal ewe skuldig lyk, of dan die slagoffer blyk te wees. Die film beweeg ietwat stadig by tye, maar bly redelike kyk materiaal. Nie die verwagte rolverdeling nie, maar een wat werk. Saam met Bella op die Bank. 





Friday, February 17, 2023

The Hanging Sun - 7/10

Met The Hanging Sun se twee gunsteling akteurs in die hoofrolle moes ons hierdie eenvoudig net kyk. Die film kan seker as 'n kuns-aksie-drama kategoriseer, maar sonder te veel skop-skiet-en-donder. Die regiseur het egter erge dialoog ekonomie teen milieu afgespeel, want daar is heelwat tonele waar nie die lyftaal of dialoog voldoende inligting oordra nie. Die spraaksamige ondersteunende rol help om die film ligter en draaglik te hou. Nie hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, February 12, 2023

Blonde - 4/10

Gits, Blonde is net te donker, en te kunserig, maar steeds tragies. 'n Gepaste rolverdeling met sterk hoofrol vertolking, maar net te moeilik om te kyk. Het die aftog geblaas. 





Billy the Kid, minireeks - 6/10

Billy the Kid voel heelwat meer realisties as wat party flieks en reekse wil voorhou hoe dit in die Wilde Weste eens op 'n tyd was. Hierdie kort reeksie is nie sensasie-soekend nie, maar vertel eerder die jongman se soeke na geregtigheid en regverdigheid. Nie te swaar drama-rig nie, maar beweeg ietwat stadig, dalk omdat hulle nie allerhande eienskappe aan hom bly toedig nie. Wel die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.


empire of light

Briljante film, titel, rolverdeling, vertolkings, milieu en tema, maar uiters vervelend.... dit beweeg dalk net te stadig.

Sunday, February 5, 2023

Everything Everywhere All the Time

 Gits hectic

Absurde fiksie

Nogals entertaining

Voel bietjie lank

Interessant alternatief vir kung fu truuks

Saturday, February 4, 2023

Vlugtig

 Sterk vertolkings

Karakter ekonomie


lock down fliekie

Afrikaanse kunsfliekie

You People

 nee wat te veel  dreunende dialoog

babylon

Hedonisme

head over heels

Thursday, February 2, 2023

brixton

Lae koste produksie
Gemengde vlakke van vertolkings 
Dialoog natuurlik maar hier en daar geforseerd 
Milieu streng ekonomies