Saturday, January 28, 2017

Jack Reacher: Never Go Back - 4/10

Jack Reacher: Never Go Back is eintlik maar baie flou. Dit voel onderspeeld, vol cliches en pap. Saam met Bella op die bank.

Thursday, January 19, 2017

The Girl on the Train - 7/10

The Girl on the Train hou mens nogals vasgenael soos die waarheid stukkie vir stukkie onthul word. Verwag 'n kinkel aan die einde. Stadige, emosionele, sielkundige riller materiaal, maar met 'n ongemaklike realistiese gevoel. Saam met Bella op die bank.


Monday, January 16, 2017

Keeping Up with the Joneses - 0/10

Keeping Up with the Joneses is pleinweg net swak en heel onkykbaar. Die vertolkings werk net glad nie. Selfs nie Gal Gadot nie, want eintlik nie baie goed kan toneelspeel nie. Kon nie verder as die eerste 20 minute kom nie. Vermy beslis. Saam met Bella op die bank.


Medici: Masters of Florence, Seisoen 1 - 8/10

Medici: Masters of Florence lyk baie belowend. Nie die absolute beste periode drama ooit nie, maar ek is mal oor hierdie geskiedenis en milieu. Ten minste gebruik hulle ook regte Italiaanse aktrises. Mev Medici se kostuums is regtig uitstaande, klassieke drag. Sjoe. En dan is die finale episode getrou aan die geskiedenis met 'n behoorlike einde. Saam met Bella op die bank.


Need for Speed (2014) - 5/10

As mens aanvaar dit het foute en is ligte vermaak is Need for Speed (2014) nogals heel kykbare ontspanning. Verwag die gewone, maar wat hierdie oukie anders maak is dat daar blykbaar geen rekenaargrafika gebruik is nie. Eweskielik bewonder mens die kar truuks... Saam met Bella, Franko en Anrich in Ballito



Bridget Jones's Baby - 6/10

Bridget Jones's Baby is ligte tjiekfliek vermaak, met redelik humoristiese dialoog en situasies. Dit is dalk meer vir die tjieks as die manne, maar is tog kykbaar. Saam met Bella op die bank.

Saturday, January 14, 2017

Suicide Squad - 5/10

Suicide Squad was ietwat teleurstellend, ten spyte van die sterbelaaide rolverdeling. Dit kom net nie lekker aan die gang nie. Die begin skep groot afwagting en dan kom mens op 'n punt waar jy besef die begin was die beste deel. Die fliekie het baie onvervulde potensiaal. Ai. Saam met die familie op die bank by Ballito.

Friday, January 13, 2017

Deepwater Horizon - 6/10

Deepwater Horizon is glad nie te sleg vir 'n ware verhaal gebaseerde fliek nie. Daar is dalk so bietjie aangedik, maar dit bly een van die groter en slegter olierampe in die geskiedenis. Dit is heel kykbaar as Vrydagaand materiaal met tipiese Hollywood sentiment darem laag genoeg. Saam met Bella en Franko op die bank.