Monday, January 25, 2016

The Intern - 6/10

The Intern is 'n baie rustige tjiek fliekie, Dit het 'n baie ligte lyn, alhoewel met 'n lewens waarheid of twee verweef. Die rolverdeling is gepas en geloofwaardig, en New York is onderspeeld verleidelik, amper soos 'n klein dorpie. Hulle maak dan ook 'n beginnerbesigheid "start-up" af as 'n maklike takie, sonder veel broekskeur, as dit maar net so maklik was! En wragtag, Rene Russo lyk nie 61! sjoe. Hierdie voel soos ou tjiekflieks, Sleepless in Seattle en You've Got Mail. Saam met Bella op die bank.


Sunday, January 24, 2016

The Peanuts Movie - 7/10

Kyk, The Peanuts Movie is beslis eintlik net kortvolk materiaal, maar tog is dit 'n uitstekende voorbeeld van die genre. Die grafika en storielyn is gepas, en dit bly vrek oulik. My absolute gunsteling bly Woodstock. Saam met Bella en Anrich op die bank.


Wednesday, January 20, 2016

Dickensian, Seisoen 1 - 6/10

Dickensian lyk nogals heel interessant, dit is vol vreemde, amper onaardse karakters, party met baie vreemde gedrag... Stephan Rea se vertolking is nogals noemenswaardig, en die milieu 'n anti-sprokies wereld, maar tot fyn detail uitgewerk. Die reeks beeld ook 'n naiwiteit uit wat die anti-sprokies tema teenwerk. 'n Alternatiewe reeks, so besluit eerder self. Saam met Bella op die bank. 

Goosebumps - 6/10

Goosebumps is die moeite werd, maar is beslis net gemik op die kortvolkmark. Ek was redelik verras, nie besef dis nie 'n animasie film nie. Dit het wel die hele familie op die bank gehou, want dit kyk tog steeds lekker. Sal dan toegee dat hierdie 'n baie goeie voorbeeld van die genre is. Saam met die familie op die bank.  

King George and Queen Mary the Royals who Rescued the Monarchy, Episodes 1 & 2 - 7/10

Hierdie is 'n interessante kykie na hoekom daar gereken word, het ons nog Britse bloubloed aan bewind, spesifiek die Windsor-huis. Kyk net as jy in hierdie geskiedenis belangstel. Die tweede episode is nie werklik die moeite werd nie, grotendeels 'n herhaling van die eerste. Saam met Bella in Midlands begin kyk en op die bank klaar gemaak.

Clouds of Sils Maria - 5/10

Clouds of Sils Maria is redelik, maar dan een van daai flieks wat akteurs en kritici van hou, maar nie die kykers noodwendig nie. Die milieu en tempo red die fliek van 'n beter punt, want op die ou einde, behalwe vir die wolkkolom, is ek nie helemal seker wat die punt van die fliek is nie. Tjiekfliek op eie risiko. Saam met Bella in Midlands gekyk. 

Tuesday, January 19, 2016

BBC Human Planet, Seisoen 1 - 8/10

Human Planet is nou wel nie 'n David Attenborough reeks nie, maar is desnieteenstaande steeds puik natuur dokumenter. Saam met Anrich by Midlands en Ballito begin kyk.


The Martian - 9/10

The Martian is 'n besondere ruimtefliek. Dit het verby die gewone wetenskapfiksie trend beweeg om 'n perspektief vir verskillende tipe kykers te gee. Dit is die eerste fliek in hierdie genre wat Bella ten volle kon geniet en kyk het. Selfs Anrich en Franko het dit geniet. Ek moet se^ dit is dalk Matt se beste nog. Hoogs aan te beveel vir lyn, humor, en vele ander aspekte. Saam met die familie op die bank.

Limitless, Seisoen 1 - 5/10

Die fliek was baie goed, die reeks het goed afgeskop, maar verflou in 'n FBI storie, en nie soseer die effek van NZT nie... ai. Het dit ophou volg na episode 5 of so. Saam met Bella begin kyk in Ballito.


Colony, Seisoen 1 - 6/10

Colony lyk redelik, soortgelyk aan eerste seisoen van Under the Dome, sal dit nog 'n kans of wat gee. Saam met Bella op die bank.


The Outcast - 6/10

The Outcast is net twee episodes, maar twee episodes van swaar innerlike drama. Hierdie is nie ligte materiaal nie, wees gewaarsku. Die vertolkings, milieu, periode is gepas, die verhaal is swaar en moeilik. Kyk as jy baie sterk voel, saam met Bella op die bank, tydends Natal Midlands en Ballito vakansie. 


Saturday, January 16, 2016

Star Wars: The Force Awakens - 8/10

Star Wars: The Force Awakens is waarskynlik die beste nog in hierdie reeks. As groot Trekkie moet ek ook erken dat die stukke beter as die laaste paar Star Trek flieks was. Die humor werk baie goed, veral omdat die fliek homself nie ernstig opneem nie. Baie toeganklike ruimte fiksie. Interessant wou ons twee manne dit nie sien nie, so ek en Bella het dit gaan kyk Capitol Cinema, Zambezi Mall!  



Everest - 8/10

Everest hou mens nogals op die punt van jou stiplek, mens voel hoe die klimmers tot in hulle bene koudkry, uitgeput is, en snak na asem by tye. Die fliek is glad nie melodramaties nie, het ook nie die siekte wat baie films-gebaseer-op-ware-gebeure het nie. Dit is 'n fliek in eie reg. Saam met die familie op die bank, en ten spyte van die hitte golf in Pretoria, het ons almal dit in bibber van simpatieke koue. 
 

Hotel Transylvania 2 - 5/10

Hotel Transylvania 2 is ligte kortvolk materiaal wat heel kykbaar is, maar sonder daardie dubbellaag vir kortvolk en hulle ouers. Die komedie is dus meesal op kortvolkvlak. Saam met Bella en Anrich op die bank. 


Paper Towns - 4/10

Paper Towns is nie 'n te slegte tienerfliek nie, dit voel dalk net so bietjie lank en stadig. 'n Paar snaakse tonele red dit ietwat. Groot pluspunt is die einde, glad nie die gewone cliche nie. Saam met Bella op die bank.