Thursday, May 26, 2016

Zootopia - 5/10

Zootopia is stapel kinder animasie, maar met 'n poging na dubbellaag vermaak. Een van die beste lyne sover in 'n fliek: "Oh, we settled hard..." Skerp. Saam met Anrich en Bella op die bank.

Gods of Egypt - 4/10

Urgh! hierdie is glad nie 'n fliek oor die gode van Egipte nie, eerder rekenaargrafika toertjies. Swak lyn, flou vertolkings, onverwagse rol deur 'n redelike hoe" profiel akteur. Vermy dalk eerder. En ek is seker die Egiptiese meisies het nie so aangetrek nie. Saam met die familie op die bank. 

Saturday, May 14, 2016

A Brilliant Young Mind - 7/10

A Brilliant Young Mind le^ al 'n hele rukkie in ons bibliotekie. Dit is 'n regte onontdekte juweeltjie. Sensitiewe, net soos die Britte dit kan doen, kykie na outisme en wiskunde geniee. Saam met Bella op die bank.

Zoolander 2 - 2/10

Ek is nogals spyt ons het ons tyd so gemors met Zoolander 2. Dit is pateties sleg, maar het tog 'n snaakse toneel of wat. Dalk het ek net hierdie tipe films ontgroei. Saam met Bella op die bank.


Sunday, May 8, 2016

Joy - 5/10

Joy is 'n redelike fliekie, gebaseer op ware gebeure. Dit is 'n goeie alternatief vir moedersdag, na al die lekker eet en luiwees. Die vroulike hoofrol kon tot 'n mate beter vertolk gewees het, maar in geheel is die film kykbaar. Saam met Bella en Anrich (tyddeel) op die bank.

Better Call Saul, Seisoen 1 - 6/10

Better Call Saul lyk heel goed, maar val buite ons aptyt vir reekse. Het net die eerste episode gekyk, lyk of dit redelik kan ontwikkel, maar gaan hierdie eerder los vir iets anders. Saam met Bella op die bank.


Wednesday, May 4, 2016

They Came Together - 3/10

Hierdie is 'n gespottery met tjiekflieks, maar slaag ongelukkig nie heeltemal nie. Dit het wel 'n paar snaakse tonele, maar dit rafel uit na die eerste helfte. Op eie risiko. Saam met Bella by Lindani Lodge op die bed bank.