Saturday, October 28, 2017

Fifty Shades Darker - 2/10

Fifty Shades Darker is beslis tydmors, dit werk net nie. Te stadig, powere rolverdeling, swak vertolkings, en glad nie eroties nie. Lagwekkende situasies waar dit nie moet wees nie... Vermy beslis, strengste op eie risiko. Saam met Bella op die bank.

Strike: The Cuckoo's Calling, Seisoen 1 - 7/10

Strike: The Cuckoo's Calling is 'n ordentlike wie't-dit-gedoen. Gepaste rolverdeling, oortuigende vertolkings. Raak-raak so aan noir (die kantoor, nie die vertelstyl nie). Kyk gerus, hierdie is Brits, so meer onderspeeld. Dit is 'n herhalende minireeks. Saam met Bella op die bank.

Sunday, October 22, 2017

Vir die Voels - 6/10

Vir die Voels is 'n redelike Afrikaanse drama-romanse. Dit is goed vervaardig, periode korrek, en glad nie te soetsappig nie. Alhoewel dit lig voorkom, is dit so bietjie aan die swaar kant, maar met genoeg humor of ligte oomblikke om dit nie swaarmoedig te laat voel nie. Kyk gerus, jy sal aangenaam verras wees. Het hierdie een op DVD moes kyk, iets wat ons jare laas gedoen het. Moes op die ou einde by Mr Video Wonderboom-Suid gaan huur. Daar is nie meer video winkels nie.... Saam met Bella op die bank. 

Viceroy's House - 5/10

Viceroy's House voel baie soos 'n dokumenter met twee hoofrolle wat sukkel om uit hulle suksesse te ontsnap. Lord Grantham, bly maar Lord Grantham, en Scully sukkel om geloofwaardig te wees. Ek het groot stukke geslaap, so kan nie regtig se^ ek het die fliek behoorlik gekyk nie. Saam met Bella op die bank. Gaap. 

Sunday, October 15, 2017

House of Cards, Seisoen 1 - 5/10

House of Cards is waarskynlik fantiesties goed, maar dit lyk vir my net te uitputtend om te kyk. Hou eers verby. Op EK768 vir werk na Dubai.


Alien: Covenant - 6/10

Alien: Covenant het my ietwat onkant betrap, ek het dit heelwat meer geniet as wat ek gedink het ek gaan. Dit is nie te grim nie, maar met 'n dodelike einde. Nogals 'n spannende lyn, nie oor die monsters nie, eerder oor die toekoms en ander goeters. Op EK768 vir werk na Dubai.


Mad Men, Seisoen 1 - 6/10

Mad Men stel bar chauvinisme hier aan die kaak, soveel so dat dit 'n moderne een nogals kriewelig sal laat voel. So-ook met die blatante breinspoel van die massas, aanvanklik gefokus op die verleiding van dampies slaan. Het die eerste opisode op EK768 gekyk, en dadelik Bella laat weet ons moet die res kyk. Was nogals teleurgestel dat daar al sewe seisoene is! Ek vermoed dit word dan sepierig, sal nog stees dalk net die eerste seisoen kyk.


SS-GB, Seisoen 1 - 7/10

SS-GB herinner sterk aan The Man in the High Castle , maar hierdie interpretasie voel so aks donkerder. Kragtige vertolkings, veral die manlike hoofrol, met 'n gepaste antagonis. Het die eerste episode op EK768 gesien en dadelik Bella laat weet ons moet beslis hierdie kyk. Alternatiewe uitkomste vir historiese gebeure, as dit periode-korrek is, is 'n aangename ontsnapping van die gewone stapel. 

Monday, October 9, 2017

Sully - 6/10

Al weet mens eintlik hoe Sully verloop het in realiteit, bly die film nogals spannend. Dit is gepas vervaardig, met net so 'n rolverdeling. En dit bly 'n wonder dat almal dit oorleef het - iets wat die film in slaag om te bevestig. Saam met Bella op die bank. 

Sunday, October 8, 2017

The Gifted, Seisoen 1 - 4/10

The Gifted se eerste paar minute laat mens besluit, hierdie is dalk nie so sleg nie, en dan aan die einde van die eerste episode maak mens vinnig die besluit, net nog gewone pulp, nie die tyd of energie werd nie. Dit raak baie vinnig hiper-generies. Saam met Bella op die bank.

Inhumans, Seisoen 1 - 4/10

Neewat, Inhumans is so bietjie lagwekkend simpel. Hou verby. Mens voel glad nie tot enige van die karakters aangetrokke nie, die belegging in tyd is nie die moeite werd nie. Saam met die familie op die bank, alhoewel Franko nie eers wou probeer nie. 

War for the Planet of the Apes - 6/10

War for the Planet of the Apes beweeg nogals baie stadig, en spreek sterk eksistensiele elemente aan. Soveel so, beide Anrich en Franko het tou opgegooi na 'n kort rukkie. Die grafika is waarskynlik die nuwe industrie standaard, so perfek lyk dit. Dit kyk 'n bietjie moeiliker oor die stadige dialoog, maar dan, ten einde, voel mens nie ingedoen nie. Dit gebeur min, maar hierdie uitgawe verbeter op die eerstes. Saam met Bella op die bank.  


Spider-Man: Homecoming - 8/10

Spider-Man: Homecoming is regtig 'n verfrissende poging tot die superheld genre. Dit voel of iemand die gewone, tipiese tienerreaksie tot so 'n toestand gebruik het as leiding. Die humor en heelwat minder uitgerekte, sinlose gevegstonele, laat 'n genotvolle nasmaak in die mond. Dee fliek kyk lekker, selfs vir Anrich en Franko ook. Die enisgte krietiek tot die film is dat Tante May heeltemal te seksie vir haar rol is, dit moet mos 'n ou tannetjie wees!? En dit is glad nie donker nie, selfs kleineres sal dit kan geniet. Die stukke met Mnr Stark werk ook baie goed. Saam met die familie op die bank.
  

Atypical, Seisoen 1 - 7/10

Atypical herinner sterk aan Speechless. Mens vind byval met die karakters, en wil sien waarnatoe die storie beweeg. Daar is nog 'n nuwe reeks rondom 'n briljante Dokter met die selfde tipe tema, maar gaan dit nie probeer nie. Saam met Bella op die bank. 

Bywerking 12 Oktober 2021 Het die punt van ses na sewe hersien. Atypical het afgehandel maar is een van die min reekse wat nou 'n gaping laat in mens se gereelde kykmateriaal. Die vertolkings is uitnemend, veral die hoofrol.  

Young Sheldon, Seisoen 1 - 6/10

Young Sheldon is redelik, maar nie naastenby so goed as die hoofreeks nie. Sal dit nog kans gee, maar dan moet dit ietwat optel. Saam met die familie op die bank, alhoewel ek dink beide Franko en Anrich gaan dit nie verder kyk nie.


Original Sin - 5/10

Original Sin moes eintlik Original Sins gewees het, want die fliekie spreek wellus en hebsug aan.... Hierdie is beslis ook toe Angelina en Antonio nog jonk was - dit is 'n 2001 film. Kyk heel gemaklik, maar moet nie te veel verwag nie. Saam met Bella op die bank

The Last Post, Minireeks - 6/10

The Last Post is 'n kort reeks en lyk interessant genoeg om deur te volg. Dit is boonop in Suid Afrika verfilm, so mens herken heelwat van die plekke, veral Simonstad. Saam met Bella op die bank.


Saturday, October 7, 2017

Churchill - 7/10

Churchill is eintlik meer 'n kragtoer vir die hoofrol verdeling. Die ou man was maar moeilik, en het sekerlik hedendaagse geskiedenis eiehandig bepaal. Mens leer iets onverwags - ons eie Gen Jan Smuts se invloed en verhoudig met die Engelse Bulhond. Ook dat Churchill se vrou van staal, of dalk eerder titanium - gemaak was. Kyk gerus as hierdie geskiedenis jou interesseer, anders gaan jy heelwat gaap en slaap. Saam met Bella op die bank.