Monday, April 18, 2011

The Book of Eli - 6/10

The book of Eli is nog 'n post-apokliptiese fliek, maar die slag met 'n skynbare geloofsinslag. As mens egter na die spesiale, ekstra mteriaal kyk, blyk dit nie so te wees nie. Wonder hoekom dit so uitgedraai het. Mens kry amper die gevoel dit was amper so bedoel, en toe na een of ander insident, verander die vervaardigers/regiseur/skrywer hul storie... Die fliek is amper monotoon, sonder kleur op die visuele front. Die lyn is ook heel eenvoudig, en mens kan amper se^ dit neig na ekonomie op al die fronte. Dit werk redelik, en hou mens geboei tot op die einde. Werk lekker vir Saterdaagaand vermaak. Heel aan die einde kry mens die gevoel dat Eli dalk blind kon wees, wonder nogals oor daardie een..... Saam met Bella op die bank.

Saturday, April 16, 2011

Stone - 6/10

Stone is 'n BAIE stadige spanningsriller! As mens so iets kan kry.... 'n Redelike swaar kykie na manipulasie, eksistensialisme, geloof en die tronklewe.... Sjoe dit was baie swaar vir 'n Vrydagaand. Goeie vertolkings, maar dalk te veel onderskat. Saam met Bella op die bank.

Monday, April 11, 2011

The Chronicles of Narnia: The Voyage of the Dawn Treader - 5/10

Waarskynlik die beste weergawe van die Narnia reeks tot dusver, maar dan moes mens die eerstes gesien het, om te verstaam waar hierdie inpas. Dalk nie meer so getrou aan CS Lewis se werke nie, dalk te veel ver-Hollywoods. Die grafika en spesiale effekte is egter uitnemend in hierdie weergawe. Vir die kleineres is die laaste draak dalk net te erg... Saam met die familie op die bank.

Good - 7/10

Good is 'n alternatiewe kyk op die Nazi's en is darem glad nie bloedig nie. Dit is dalk bietjie stadig en swaar, maar tog die kyk werd. Viggo Mortensen lewer 'n uitstekende vertolking. Die ietwat meer denkende Nazi inslag fliek. Kyk gerus op 'n Sondagaand. Saam met Bella op die bank.

Wednesday, April 6, 2011

The Big Bang Theory (Reekse 1 to 4) - 6/10

The Big Bang Theory is basies The IT Crowd se Hollywood weergawe. Dit is egter baie snaaks en lekker ligte vermaak. Saam met Bella op die Bank. 

The American - 6/10

Ou George bly maar een van my gunsteling akteurs, en nog meer na The Men Who Stare at Goats... Ek moet dus net eenvoudig The American sien, veral met so titel. Die fliek het 'n baie rustige tempo, en is baie ekonomies verfilm. Italie bly darem verleidelik...Dalk nie vir almal se smaak bedoel nie, beslis nie hoofstroom nie. Goeie materiaal vir enige dag van die week. Saam met Bella op die bank.

Pi - 1/10

Pi is pynlik-esoteries ontoeganklik... Die titel het my beslis getrek, maar die fliek is eerder oor 'n neurotiese malkoppie. Die storie het werklikwaar niks te make met Pi nie, en nog minder met wiskunde. Die enigste wat in die fliek se guns tel is die growwe swart en wit beeld. Glad nie toegangbaar vir die gewone fliekganger nie. Saam met Bella op die bank. 

Saturday, April 2, 2011

Memento - 7/10

Memento is al vrek lank op my lysie, bloot omdat ek dit net nie by die gewone video winkels kon opspoor nie. Dit het 'n baie interessante lyn, en is lekker Saterdagaand kyk materiaal. Kyk gerus, ek wil nie veel se^ nie, aders gee dit die lyn weg. Die fliek is minimalisties-ekonomies gemaak, moet dus nie baie klokkies-en-fluitjies verwag nie.  Saam met Bella op die bank.

Eat Pray Love - 4/10

Ek vind Eat Pray Love heeltemal te pretensieus. Die fotografie, veral vir die eerste dele tot in Italie is egter baie mooi. Iets werk net nie lekker nie, dalk pas die rol nie by Julia nie, al lyk dit of sy oenskynlik heel goed speel, of dalk is dit die ander akteurs... Alleen op die bank, terwyl Bella en die manne in Bloemies kuier.