Showing posts with label Dokumenter. Show all posts
Showing posts with label Dokumenter. Show all posts
Saturday, May 21, 2022
Fukushima: A Nuclear Story - 7/10
Fukushima: A Nuclear Story het 'n rustige pas, maat skep 'n grim beeld van atoomenergie. Dit voel nie sensaioneel nie, maar dit sal mens self nooit kan vasstel nie. Wel die moeite werd al is dit net vir 'n oorsig van die gebeure. Saam met Anrich op die Bank.
Monday, May 2, 2022
David Attenborough: A Life on Our Planet - 6/10
David Attenborough: A Life on Our Planet is uiteindelik 'n opsomming van verskeie van sy bekende programme. Die opsomming is egter neerdrukkend met 'n klein gleufie hoop vir ons geliefde planeet. Saam met Anrich op die Bank.
Saturday, August 14, 2021
James May: Our Man in Japan, Dokumenter, Minireeks - 6/10
James May: Our Man in Japan bevestig wat ek lankal wil doen, Japan van Noord na Suid besigtig. 'n Kykie buite die gewone toeriste attraksies. Saam met Bella en Anrich op die Bank.
Saturday, February 1, 2020
Greatest Events of WWII in Colour - 8/10
Greatest Events of WWII in Colour is beslis iets wat mens moet kyk as hierdie geskiedenis vir jou interessant is. Die beelde is verblyk, grim en flitsend. Die hedendaagse analises vertel hoe hierdie menslike gruwel afgewend kon word op sleuteltye... Net as jy sterk voel. Saam met Bella op die Bank.Sunday, January 5, 2020
Free Solo - 5/10
Free Solo fokus heeltemal te veel op die nie-tegniese oploop na die groot klim. Wanneer die groot klim wel gebeur, is mens verbysterd deur die skaal van Die Muur, die klimmer, en die aanpak van so iets. Daar is verskeie oomblikke wat jy self voel hoe jy aftuimel en amper dronk in die kop voel. Het dit alleen in Muizenberg, Surfer's Corner, Nr 122, op die skootrekenaar gekyk, en met die snel knoppie (behalwe vir die klim).Monday, September 10, 2018
Naked SNCTM, Minireeks - 6/10
Naked SNCTM is hedonisme op sy rykste. Teen klubgelde wat wissel tussen $50k en $100k kan net die ander helfte dit bekostig. Die episodes is kort, wys net genoeg, maar tog met 'n element van herhaling. Hierdie is waarskynklik meer bedoel as advertensie as dokumentering. Sunday, June 25, 2017
Micro Monsters, Seisoen 1 - 7/10
Micro Monsters is minder aanskoulik as van Sir David se ander reekse, maar steeds die moeite werd en interessant. Hier is hy nog so bietjie jonger. Saam met Anrich op die bank.Saturday, March 4, 2017
Planet Earth II, Seisoen 1 - 12/10
Planet Earth II is die beste natuurprogram ooit. Die beeldmateriaal is eenvoudig verstommend. Ek wonder net wie gaan Sir David se skoene enigsins kan volstaan? Saam met Anrich op die bank.Sunday, December 25, 2016
Sunday, July 3, 2016
Top Gear, Verskeie Seisoene - 7/10
Top Gear met sy drie mal Britte is beslis nie 'n gewone motorprogram nie. Hulle doen mal, onvanpaste dinge, maar met gusto en pret. Saam met Anrich en Franko op die bank. Ons het nie naastenbly al die episodes gekyk nie. Jammer dit hulle ook nou gestop het. Saturday, March 5, 2016
MythBusters, Seisoen 1 tot 14 - 10/10
Kyk 'n ode aan die manne van MythBusters is nodig. My twee manne se kennis van eksperimente beplan en uitvoer, fisika, chemie en sommer alles en hoe dit werk het dramaties toegeneem omdat hulle nogals slaafs na hierdie programme gekyk het. Ons kan amper niks meer noem nie, dan het hulle dit reeds reg of verkeerd bewys op MythBusters. Van of dit maklik is om swiets van 'n baba af te vat, en of dit erger is om dronk of moeg te bestuur, tot of mens kan oorleef as jy op 'n matras uit 'n hoe" gebou spring, of dalk eerder die stortgordyn as 'n valskerm gebruik, tot die spoed van koee"ls deur verskeie media, hierdie ouens het dit gedoen. Ons is in afwagting van die finale seisoen... Saam met Franko en Anrich op verskeie banke en plekke. Wednesday, January 20, 2016
King George and Queen Mary the Royals who Rescued the Monarchy, Episodes 1 & 2 - 7/10
Hierdie is 'n interessante kykie na hoekom daar gereken word, het ons nog Britse bloubloed aan bewind, spesifiek die Windsor-huis. Kyk net as jy in hierdie geskiedenis belangstel. Die tweede episode is nie werklik die moeite werd nie, grotendeels 'n herhaling van die eerste. Saam met Bella in Midlands begin kyk en op die bank klaar gemaak.Tuesday, January 19, 2016
BBC Human Planet, Seisoen 1 - 8/10
Human Planet is nou wel nie 'n David Attenborough reeks nie, maar is desnieteenstaande steeds puik natuur dokumenter. Saam met Anrich by Midlands en Ballito begin kyk.Tuesday, November 17, 2015
Animal Planet - Mutant Planet, Seisoen 1 - 6/10
Ons planeet bly tog 'n wonder met die mees interessante gediertetjies en goggas wat mens moontlik kan verbeel. Hierdie is nou wel nie 'n Sir Attenborough dokumenter nie, maar steeds goed vervaardig en kykbaar. Saam met Anrich op die bank.Tuesday, June 16, 2015
Beyond the Edge - 6/10
Beyond the Edge is nogals 'n dokumenter met 'n spanningslyn, ten spyte daarvan dat mens weet wat die uiteinde is. Redelik goed gemaak, met net een fokus, hoe gaan dit gebeur en wees? Die menslike ondernemingsgees ken geen perke nie. Saam met Anrich op die bank.Friday, June 5, 2015
Rome's Invisible City - 7/10
Monday, June 16, 2014
Madagascar, Seisoen 1 (4 episodes) - 9/10
Kyk, daar is net een ou wat enige natuurtoneel met soveel gevoel, agting, amper gewydheid en passie kan beskryf as ou David Attenborough. Sy Madagascar reeks is net soos al die ander, puik, interessante, asemrowende natuurlewe programme. Saam met Anrich en Bella op die bank. Franko het darem stukke saam gekyk... Sunday, April 20, 2014
Frozen Planet, Seisoen 1 - 8/10
Frozen Planet volg die suksesvolle resep van puik natuurlewe videografie met David Attenborough as verteller. Daar is sekerlik nie 'n beter verteller tans nie, veral nie vir natuurlewe programme nie. Sy The Trials of Life is sekerlik die beste ooit in hierdie kategorie. Laat my terug dink aan my jong dae en die reeks, Ter Wille van Oorlewing, ook 'n Britse reeks, maar vertaal in Afrikaans (was dit Paul Eilers se stem?). Saam met Anrich op die bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)


