Sunday, December 30, 2018

Jack Ryan: Shadow Recruit - 5/10

Jack Ryan: Shadow Recruit is 'n baie gemiddelde poging tot die Jack Ryan sage ten spyte van die ster-belaaide rolverdeling. Dit staan beslis terug vir die televisie reeks met minder A-lys akteurs. Desnieteenstaande steeds redelike vermaak vir 'n pap Vrydagaand. Saam met Bella op die bank by Braeside House? (iewers wel in dieselfde vakansie). 
  

Wednesday, December 26, 2018

Christopher Robin - 7/10

Christopher Robin is getrou aan die nimlike karaktertjies se verhaal, met 'n uitstaande rolverdeling. Beslis die moeite werd as mens die verhaaltjies oor en oor vir jou kinders gelees het... Ideale Kers vermaak. Saam met Bella op die stoele by Skilpadvlei.

Monday, December 24, 2018

The Sisters Brothers - 4/10

The Sisters Brothers lyk veral belowend as gevolg van die sterk rolverdeling maar stel teleur met die heelwat minder sterk lyn, lae karakterontwikkeling, geen beloofde humor (al is die swart of awaregs) en afwesige tong-in-die-kies dryf met die spot. Ons het nie eens die hele fliek klaar gekyk nie, halfpad moed opgegee, Saam met Bella op die Bank by Skilpadvlei


Tuesday, December 18, 2018

Dog Days - 6/10

Dog Days is baie lig, maar baie snaaks. Kyk dit net as jy nie 'n katpersoon is nie, en baie van hondematers hou. Ek het gehoop Lisa gaan meer aandag aan die skerm gee, maar nou ja.... Saam met Bella op die Bank.


Monday, December 17, 2018

Fahrenheit 451 - 5/10

Fahrenheit 451 lewer seker sterk kommentaar op realiteits televisie sowel as lees en boeke. Maar dit is asof die karakters en die storie hulself net te ernstig opneem. Dalk te dramaties by tye, wat eintlik so bietjie hierdie swaarder tema 'n onreg aandoen. Saam met Bella op die Bank.


A Simple Favor - 4/10

A Simple Favor is maar net simpel, voorspelbaar en regtig saai. Dit probeer te hard om slim, gesofistikeerd en sexy te wees. Dit werk nie ten spyte van 'n redelike rolverdeling. Dit klassifiseer seker as 'n riller tjiekfliek? Saam met Bella op die bank. 

Sunday, December 16, 2018

Puzzle - 7/10

Puzzle is 'n stadige kunsfliek tot oorlopens van onderliggende passiewe aggressie emosies. Eintlik is die legkaarte net 'n bysaak of dalk antitese van die eksterne en interne behoeftes van 'n ongewardeerde huisma (houdster?). Kyk as jy sterk voel. Saam met Bella op die bank.


Saturday, December 15, 2018

First Man - 7/10

First Man laat mens besef die eerste ruimtereise was nie vir sussies nie. Anders as wat die gewone Hollywood stapel mens laat glo, het alles nie glad en maklik afgeloop nie. Ontberings, erge ongemak en onsekerheid was aan die dag. As jy beplan vir Mars toere, kyk dalk eers hierdie... Saam met Bella op die bank.
  


Sunday, December 9, 2018

The House with a Clock in Its Walls - 5/10

Daar was lanklaas 'n fliek met so lang titel as The House with a Clock in Its Walls. Dit doen die repitasie tot 'n mate gestand met redelike humor, redelike fantasie, en 'n goeie rolverdeling. Maar die film bly redelik en volg net te veel gewone stappe, meganisties. Nie my gunsteling nie. Saam met Bella Franko en Anrich op die bank.

Saturday, December 8, 2018

Bohemian Rhapsody - 9/10

Bohemian Rhapsody laat jou voete woel, vingers tik en saam sing in die teater. Die hoofrol kon nie beter vertolk gewees het nie - selfs nie oorlede Freddie sou dit so goed kon nadoen nie. Verskeie vollengte snitte maak hierdie absoluut die moeite werd om te gaan kyk in 'n teater. Saam met Bella by Capitol Cinema.


Sunday, December 2, 2018

Venom - 6/10

Venom is uitstekend vervaardig met 'n kragtoer rolverdeling, maar die monsters pas nie by hulle persoonlikhede nie! Daar is meer as genoeg humor in die film om dit meer as kykbaar te maak. Dit is ook nie so gru as wat mens sou verwag nie. Dis nou behalwe vir die kop-af-byt en opvreet per geleentheid... Ook van die laaste Stan Lee kameerolle. FOOD! (dalk is die monsters net eintlik tieners!?). Saam met Bella, Franko en Anrich op die Bank.