Monday, June 29, 2020

In the Dark, Reeks - 4/10

In the Dark se lokprent herinner aan Stumptown, maar dit is nie Stumptown nie. Die eerste episode oortuig net nie, en die rolverdeling volg 'n reseppie wat net te opsigtelik is. Gaan eerder verbyhou. Saam met Bella op die Bank.


Sunday, June 28, 2020

Fanny Lye Deliver'd - 6/10

Fanny Lye Deliver'd teken 'n stryd tot oorlewing en waar jou veronderstelde ondersteuningsnetwerk moes help en nie deel van die swaarky is nie. Hierdie is swaar materiaal met 'n taamlik overwagte draai aan die einde en dan kommentaar oor die feitelike pad vorentoe... In Fanny se lewe is en was niks ooit maklik nie. Die arme vrou. Sterk vertolkings deur die bank met 'n idiliese milieu, maar harde lewens, intern en ekstern. Saam met Bella op die Bank.

Saturday, June 27, 2020

The Sleeping Dictionary - 5/10

The Sleeping Dictionary is 'n redelike fliekie, wat dalk so ietwsat sy ouderdom wys (2003). Dit is tot 'n mate leersaam, en alhoewel van die liefdestonele oorbodig voel, is die res piekfyn. Dit is wel duidelik dat Me   Alba as lokaas vir die film gebruik was. Saam met Bella op die Bank.


Friday, June 26, 2020

Pinocchio - 8/10

Pinocchio soos dit moet wees, glad nie met nimlike karakters nie, maar met slinkse wolve en ongure sirkusmeesters. Wel 'n kreatiewe en visuele ryk weergawe en spesiaal omdat dit in Italiaans is. Ek het steeds my Pinocchio leesboek en dit was my gunsteling kinderverhaal. 'n Moet-kyk as jy met hierdie stout seuntjie grootgeword het, met sy neus wat so groei. Ai. Saam met Bella op die Bank.







Monday, June 22, 2020

Perry Mason, Reeks - 6/10

Perry Mason is 'n tipiese HBO interpretasie wat meer fokus op sensasie, gril en skok, maar hou mens se aandag omdat jy graag wil sien wie is die skuldige. Verwag verskeie dwaalspore met groot fanfare. Ten minste ontspannend eerder as spanning. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 20, 2020

The Girl in the Fog - 7/10

The Girl in the Fog is 'n realistiese maar proseduraal-vermaaklike fliek. Nog 'n bewys dat flieks met onderskrifte baie maal beter is as die Hollywood pulp waarvan ons afgestomp geraak het. Die fliek is wel realisties, dus is die verloop en einde ook so, en moet dus nie 'n gewilde einde verwag nie. Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 19, 2020

Agatha and the Curse of Ishtar - 6/10

Agatha and the Curse of Ishtar val nie buite die verwagte Agatha Christie lyn nie. Ek het hier en daar bietjie die plot verloor, die fliekie het nie my aandag goed genoeg behou nie.... Redelike vermaak, voel of daar meer kon wees. Saam met Bella op die Bank.

Monday, June 15, 2020

Waiting for Anya - 6/10

Waiting for Anya is 'n bittersoet oorlog fliekie. Dit sou dalk meer outentiek met onderskrifte wees, maar die milieu en vertolkings red dit net. Die storie skans teen die grim en uiterlike geweld van oorlog, en fokus meer op die mense en hul verhoudings, ook dan oor die opposisie lyn. 'n Rustige fliekie wat maklik kyk en mens nogals deel van die innerlike spanning maak. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, June 14, 2020

Artemis Fowl - 6/10

Artemis Fowl is glad nie so sleg nie. Dit het powere resensies gekry - Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 13, 2020

The Personal History of David Copperfield - 6/10

The Personal History of David Copperfield is op die ou einde ietwat saai, veral omdat die periode-tydperk nie heeltemal tydloos is nie. Mens kan seker moeite doen en dit terwyl jy kyk vertaal na 'n hedendagse idioom. Die produksie is wel ryk en vol fieterjasies. Tog sal dit vermaaklik bly vir 'n uitgesoekte gehoor. Saam met Bella op die Bank.


Friday, June 12, 2020

Calvary - 9/10

Calvary maak redelike swaar materiaal baie verteerbaar. Mens sou 'n volledige PhD tesis kon doen op al die simboliek versteek in onverwagte hoekies van die lyn. 'n Oe"nskynlike idiliese milieu, maar met innerlike onderstrominge in skerp kontras met die uiterlike. Daar is ook dan 'n paar geleenthede waar amper profetiese uitsprake die einde voorspel, veral die toneel oor vergifnis as die belangrikste deug - eerder as om op die sewe doodsondes te konsentreer. Die hoofrol vertolking maak die tema amper vermaaklik, en is 'n voorbeeld van 'n gesoute akteur wat sy nering as kunsvorm beoefen. Ek sou reken Oscar materiaal. En daar leer ek die term is Calvary nie Cavalry nie... groot verskil. Saam met Bella op die Bank.



Thursday, June 11, 2020

The Great, Reeks - 6/10

The Great is beslis 'n gespottery met soortgelyke reekse, maar veral die wat hulself meer ernstig opneem. Dit is meer ontaktvol as komedies, maar laat mens tog ongemaklik giggel op plekke. Die produksie is beslis nie lae koste of swak kwaliteit nie en die rolverdeling gepas. Saam met Bella op die Bank.


Wednesday, June 10, 2020

The Trial of Christine Keeler, Minireeks - 6/10

The Trial of Christine Keeler wys beslis nie 'n rooskleurige prentjie van Me Keeler nie. Die eerste episode voel ietwat pap, maar bou die konteks vir die res van die episodes. Hoop dit tel op. Die periode lyk wel korrek en akkuraat, en met sulke situasies kan mens werklik niks glo nie, alles is maar oop vir interpretasie en aanbieding. Dit was wel 'n speelse en stout tyd in Britse politiek met meer flair as hedendaagse pione. Saam met Bella op die Bank.

Sunday, June 7, 2020

2 Guns - 4/10

2 Guns is dalk meer as vier uit tien werd, dalk was ek net nie lus vir die tipe fliek nie. Het sowat 20 minute gekyk en die aftog geblaas. Saam met Bella op die Bank.


Saturday, June 6, 2020

The Irishman - 5/10

The Irishman is vir geharde fliekvlooie bedoel - dit is meer as drie ure lank, met lang sinnelose dialoog (wie gee nou om of die gevriesde vis in die kar was?), soms as monoloe" bedoel. Dit voel of hulle deur die hele geskiedenis van Italiaanse mafia en unie rampokkery probeer werk in een fliek. Wel 'n sterbelaaide rolverdeling en behoorlike periode stuk. Sou dalk beter as 'n 3 of 6 episode minireeks gewerk het. As mens die fliek kan glo is dit nie vreemd dat Hoffa verdwyn het nie... Saam met Bella op die Bank.

Friday, June 5, 2020

La Gomera (The Whistlers) - 5/10

La Gomera (The Whistlers) doen uiteindelik afbreek aan hierdie kommunikasie kunsvorm, maar is tog kykbaar vanwee die taal en ander manier van fliekmaak. Die vertolkings, alhoewel seker vir die land 'n relatiewe sterk rolverdeling, voel stomp en emosieloos. Dit het dan ook die nodige Roemeense model wat nie skaam is vir seks nie, en 'n verbeeldinglose milieu. Saam met Bella op die Bank.