Saturday, January 17, 2015

Third Person - 5/10

Soos Bella se^, Third Person het baie potensiaal, maar die lyn is net te kompleks, en van die vignettes net te vreemd. Dit voel baie lank, en daar is paar strekke waar mens verveeld rondkrap. 'n Groot teleurstelling na die aanvanklike opwinding van Parys, Rome en New York as milieu, is dat die stede glad nie as karakters gebruik word in die fliek nie. Dit dien, as streng doel, net om te onderskei tussen die gevlegte parallelle lyne. Die vertolkings is hier en daar te aangedik, maar die een toneel in die hotelgang voor 'n toe hoteldeur het baie goed gewerk. Mens kon die chemie hier sien werk... 'n Baie sterk rolverdeling, wat mens op die ou einde voel nie tot volle reg ontgin is nie. Beslis nie 'n Vrydagaand film nie, dalk was dit ons fout. Saam met Bella op die bank.
  


Night at the Museum: Secret of the Tomb - 6/10

Night at the Museum: Secret of the Tomb is die laaste een met Robin Williams in, wat 'n jammerte. Tipiese Hollywood cliches en sentiment, maar steeds heel vermaaklik om te kyk. Het die London milieu nogals geniet. Saam met Anrich en Franko in Kollonade as 'n aflsuiting van die laaste vakansiedaggie.

Chariots of Fire - 7/10

Ek dink ek het Chariots of Fire laas as 'n laerskool laaitie gesien. Dit is seker een van die mees herkenbare filmtitels as gevolg van die temalied deur Vangelis. Wat egter nogals pla van die vloeiende, strelende elektroniese klanke is dat dit vir my glad nie tydens die film werk nie. Dit werk uitstekend vir die spesifieke tonele, maar nie so wel vir die res nie. Die era en gevoel van die fliek ondersteun net nie elektroniese klanke nie. In elk geval 'n klassieke film, en beslis die moeite werd om te kyk. Het dit oor twee paaimente saam met Bella gekyk, die manne het nie baie belanggestel nie, ten spyte van die drafsport tema.
 

Tuesday, January 13, 2015

Jack Reacher - 5/10

Sjoe, wat 'n vreemde aksiefilm, ietwat van 'n identiteitskrisis, komedie? skop-skiet? Jack Reacher is wyd oorgestilleerd in terme van dialoog en mikro-bewegings - vinger op die sneller skote en so. Soveel so, dat dit eintlik vermaaklik is, en mens tog die moeite doen om die, dit voel baie lank, film klaar te kyk. Saam met Bella op die bank.




The Giver - 5/10

The Giver val in een van die paar kategoriee" rondom toekomsvisies vir ons planeet en die gevolglike samelewing. Hierdie oukie val in die klinies-beheerde groep, wat darem aanvanklik beter voel as die as die nihilistiese groep, maar op die ou einde maar ewe erg is... Redelik eenvoudige plot, baie basiese eskapism, en tipiese, onverklaarbare Hollywood-einde.


Sunshine on Leith - 7/10

As jy van Edinburgh hou, en meer, as jy van die The Proclaimers hou is hierdie 'n absolute moet. Lekker lig, onpretensieus en dan 'n Skotse (!?) musical. Die einde herinner sterk aan 'n knikkie-knakkie fliek (Bollywood). Saam met Bella op die bank.





Marvel's Agent Carter, Seisoen 1 - 7/10

Whoa! 'n stylvolle periode Marvel reeks, maar wat 'n jammerte die klankbaan, alhoewel toepaslik, is nogals irriterend. Eerste twee episodes baie belowend, sal dit graag verder kyk. Saam met Bella op die bank.


Harry Potter and the Philosopher's Stone - 6/10

Is dit nou Harry Potter and the Sorcerer's Stone of Harry Potter and the Philosopher's Stone. Ek hou meer van laasgenoeme, en in elk geval, nie te sleg nie, heel kykbaar en vermaaklik. Het dit in verskeie paaimente probeer kyk op vlugte na en van Frankfurt/SA. Finaal as geheel op die bank saam met Bella en Anrich.




Magic in the Moonlight - 7/10

Magic in the Moonlight is 'n meer toeganklike Allen fliek, en 'n puik periode/milieu komedie. Al kyk mens dit net vir die styl van die era is dit al die moeite werd. Ietwat voorspelbaar om 'n effektiewe spanningslyn te handhaaf, maar dit pla nie te veel nie. Die vertolkings is gepas en die rolverdeling 99%. Ek sou dalk 'n beter alternatief vir die manlike ondersteunende rol (Howard) wou sien, maar dit werk steeds. Saam met Bella op die vliegtuigsitplek van Frankfurt na SA.  

Sunday, January 11, 2015

Hector and the Search for Happiness - 6/10

Hector and the Search for Happiness het 'n paar baie snaakse tonele, en poog tot 'n mate om so bietjie diepte aan 'n baie belangrike, gewigtige vraag te gee. Tydsgewys, kry die film net kans om 'n paar van die opsies vir geluk te ondersoek. Hier kon die film dan ook uitgestaan het, as dit nie die cliches ondersoek het nie, eerder alternatiewe, kreatiewer opsies. Anders as met Gone Girl, pas die vroulike hoofrolverdeling 100% vir Rosamund Pike. Kyk gerus, daar is genoeg snaakse dele om 'n saai Vrydag of Saterdagaand op te kikker. Saam met Bella op die vliegtuigstiplek, van Frankfurt na SA.

Saturday, January 10, 2015

I, Origins - 6/10

I Origins val so bietjie rond, maar het tog 'n interessante benadering. Mens kry 'n baie sterk pseudo-wetenskap gevoel, so moet dalk nie dit vanuit daardie oogpunt kyk nie. Ek het dit op die vlug na Frankfurt begin kyk, maar mos stop omdat dit so ietwat te rof is vir 'n familie omgewing. Het dit wel in Switserland saam met Bella klaar gekyk. 

Pompeii - 6/10

Pompeii is maar gewone eskapism, en dalk is ek te vrygewig met 'n 6. Dit is redelik familie vriendelik, so ons almal het dit saam op die bank gekyk.


The Expendables 3 - 5/10

Redelik gemiddelde skop-skiet-en-boomklim, maar meer interessant met die versameling van vervloee" helde, insluitend Frasier (!?). Soos verwag is dit meerendeels plastiek geweld, met 'n onverwagte lae aantal vloek woorde, dink ek kan hulle op een hand tel. Dit is anders as die vorige twee. Saam met Bella en Franko en Anrich in Switserland.




The Book of Life - 7/10

The Book of Life is 'n lekker familie fliekie, wat oor die ouderdom grense baie goed werk, selfs vir tiener laaities. Dit het uitstekende grafika, wat eerder op animasie gefokus is, as foto realisme. Die grafika is ook visueel en kleur ryk, iets wat mens sal verwag van Mexiko. Die hele pakkie voel baie kreatief, en mens geniet die verhaaltjie. Kyk beslis. Saam met die familie op die bank.



Wednesday, January 7, 2015

Gone Girl - 6/10

Die film het 'n redelike spanningslyn, en mens verwag nogals kinkels as jy so paar minute gekyk het, Nie 'n gewone Hollywood einde nie, maar tog so ietwat ongeloofwaardig. Die fliek is heeltemal te lank, maar tog kykbaar. Die vroulike hoofrol verdeling is nie helemal gepas nie, kon beter gewees het. Saam met Bella in Switserland.

300: Rise of an Empire - 6/10

Ek het meer van die vorige 300 gehou, maar hierdie een is ook redelik. Verwag 'n oordosis gevegstonele, maar dan moet ek noem dat hierdie uitgawe meer vertel waar die vorige dalk nie het nie. Die grafika is heel gepas. Het dit saam met Franko in Switserland gekyk. 

Thunder and the House of Magic - 6/10

Thunder and the House of Magic is 'n ligte kinder fliekie, gepas vir vroeer en middel laerskool. Die grafika is mooi, en die verhaaltjie het sy lessies en grappies. Saam met Anrich in Switserland gekyk. 

True Detective, Seisoen 1 - 5/10

Aag nee wat, te veel wroeg en praat. Dit is asof hulle die twee hoof karakters probeer uitstal, eerder as om 'n storie te vertel. Sal nie die tweede seisoen kyk nie. Het die reeks op ons Italie 2014 trippie gekyk, saam met Bella. 


The Musketeers, Seisoen 1 - 7/10


Nogals 'n lekker ligte TV reeksie om te kyk. Is al besig met die tweede seisoen, sal dit beslis verder kyk. Rolverdeling werk goed, en die vertolkings is gepas. Het heelwat van die episodes op ons Italie 2014 trippie gekyk. Saam met Bella op die bank, soms met die manne by. 


Seeking a Friend for the End of the World - 7/10

Die opsomming van die fliek vang mens se oog, maar op die ou einde het ek so bietjie meer verwag as wat uitegebeeld is. Dit het 'n ietwat teleurstellende einde, miskien het mens verwag Hollywood gaan wel die aarde red (maar dit is eintlik duidelik van die opsomming dat dit nie die geval is nie...), of dat daar ten minste goeie grafika gaan wees as die einde wel aanbreek. Nietemin, het ek steeds die verskillende reaksies op so 'n gruwe, onstuitbare eindpunt redelik geniet. Daar is seker 'n klomp ander ook, maar dan sou die fliek baie lank gewees het. Kyk gerus as jy voel jou probleme is oorweldigend, hierdie probleempie oorskadu als. Gekyk op die vlug van Johannesburg na Frankfurt vir ons Italie 2014 vakansie

Tuesday, January 6, 2015

Love Is All You Need - 7/10

'n Noorweegse fliekie met Engelse onderskrifte en dan een Engelse karakter, ou Pierce Brosnan! Die mengsel werk baie goed, want dit speel dan ook nog in Italie af... Dit is net asof nie-Hollywoodse tjiekflieks - en hierdie een het 'n paar lekker komiese elemente - meer eerlike emosies uitbeeld en nie verregaande verstrengelings uitbeeld nie. Kyk nogals lekker en is net soet genoeg. Saam met Bella op die bank.