Monday, April 21, 2014

Silicon Valley, Seisoen 1 - 5/10

Silicon Valley lyk flouerig, sal nog een episode kyk om te besluit. Saam met Bella op die bank.


The Fifth Estate - 5/10

The Fifth Estate het te veel van 'n dokumente^re gevoel om as 'n drama-riller geklassifiseer te word. Ek vermoed ook sterk dat mens eintlik maar net 10% hoor van wat alles in groot korporasies en goewermente regtig fout kan gaan en wel gaan... Die tempo van die film is ook op plekke ietwat uit pas. Saam met Bella op die bank.

Sunday, April 20, 2014

Frozen Planet, Seisoen 1 - 8/10

Frozen Planet volg die suksesvolle resep van puik natuurlewe videografie met David Attenborough as verteller. Daar is sekerlik nie 'n beter verteller tans nie, veral nie vir natuurlewe programme nie. Sy The Trials of Life is sekerlik die beste ooit in hierdie kategorie. Laat my terug dink aan my jong dae en die reeks, Ter Wille van Oorlewing, ook 'n Britse reeks, maar vertaal in Afrikaans (was dit Paul Eilers se stem?). Saam met Anrich op die bank.

Snowpiercer - 6/10

Snowpiercer is 'n somber, fatalistiese kykie na die afsienbare toekoms. Die film is baie goed vervaardig, maar die geweld, wat tot 'n mate verdun is, die sinneloosheid van bestaan, en die verdeling van klasse maak hierdie swaarder materiaal om te verteer. Selfs al word dit in ligte wetenskapfiksie formaat verskuil, is dit nie 'n maklike film om te kyk nie. Ek sou ook reken die fliek het baie sterk ondertone, so wees maar op die uitkyk daarvoor. Baie elemente van die hedendaagse lewenstyl word uitgebeeld as tasbare voorbeelde. As jy sterk voel. Saam met Bella op die bank. 

Saturday, April 19, 2014

Sparks - 6/10

Sparks is 'n superheld film in die Film Noir styl. Dit bied 'n vars alternatief vir die hoofstroom pulp waaraan fliekvlooie gewoond geraak het. Dit is dan ook alternatiewe helde wat nie altyd eens bewus is van hulle eie superkragte nie... Die fliek herinner sterk aan Defendor, maar is ietwat minder fatalisties en tragies. Kyk gerus as jy lus is vir iets anders. Saam met Bella op die bank.

Friday, April 18, 2014

Philomena - 8/10

Philomena is 'n rustige tempo ware verhaal, wel seker gebaseer op 'n ware verhaal. Wat uitstaande is, is die puik vertolkings. Dit spreek 'n ontstellende tema aan, maar is tog nie self ontstellend nie. Wat ook verder hiertoe bydra is die versteekte, subtiele humor. Kyk gerus as jy rustig voel. Saam met Bella op die bank.

Sunday, April 13, 2014

Touch, Seisoen 1 - 7/10

Touch lyk baie belowend. Het die eerste episode probeer op SA265 terug van Greding. Sal die res saam met Bella kyk. Daar is sover net een seisoen om op te vang.

Grudge Match - 4/10

Grudge Match is maar eintlik net Hollywood sentiment in sy ergste graad. Die fliek het darem tog ietwat humor en hart, maar dalk nie genoeg nie. Op SA265 terug van Greding.


The Secret Life of Walter Mitty - 8/10

Daar is min flieks soos The Secret Life of Walter Mitty. Dit is 'n kunsfliek, komedie, drama en lewensles in een. Dit is veral die Groenland en Ysland natuurtonele wat bekoor, tesame met die lyn wat die fliek aanneem. Hierdie is waarskynlik Mnr Stiller se beste film ooit. Dalk nie sy snaakste nie, maar beslis 'n loopbaan hoogtepunt. Kyk gerus saam met die hele familie. Saam met Bella en Anrich op die bank.


Enough Said - 6/10

Enough Said is nogals 'n nugtere kykie na romanse na die 40's, of seker die 45 mylpaal. Dis nou as mens oor moet begin na vorige pogings... Die fliekie volg nie die gewone reseppie nie, dit is stil, prakties, realisties. Amper 'n kuns tjiekfliekie sou mens kon se^. Dit is beslis nie pretensieus nie, iets wat met die lewens fases van die verliefdes strook (dit is nou die twee hoof karakters). Kyk gerus as jy rustig voel, en net wil ontspan sonder fieterjase en 'n oormaat van "entertainment". In twee paaiemente op SA264 en SA265 oppad na Greding vir werk. 


The Invisible Woman - 5/10

Dis nogals jammer, The Invisible Woman het sy (of sal ek eerder se^ haar?) potensiaal nie genoegsaam ontgin nie. Die film beweeg net te stadig met geen waarneembare spanningslyn nie. Die tempo is seker dan gepas vir die era waarin die afspeel. Wat wel beindruk is die pragtige kostuums. Maar dis ook al. En o, moet nie op 'n Vrydagaand probeer nie, mens gaan sekerlik uiltjies knip na die tawwe week.... Saam met Bella op die bank. 


Schuks! Your Country Needs You - 5/10

Wel, wat kan mens anders verwag? Schuks! Your Country Needs You is lekker snaaks met heelwat onder-die-belt humor, maar ook eg Suid Afrikaans. Mens kon sien so een of twee van die jonger geslag Suid Afrikaners weet nie wie die mal omie is nie, maar vir die res was hy onmiskenmaar Leon, nadat hy hulle uitgevang het. Kyk gerus, lag lekker. Het veral die een met die fietsryers geniet, net jammer hulle was so droog... Saam met die familie op die bank.