Saturday, May 23, 2009

Frost / Nixon 8/10

Frost/Nixon lyk reg aan die begin of dit een van daardie rerige verveel fliekies gaan wees, maar is dit beslis nie. Hulle slaag uiters goed daarin om 'n po

Wednesday, May 20, 2009

Moving McAllister - 5/10

Moving McAllister is redelik kykbaar, maar nie die beste van die jaar nie. Dit is egter maar bietjie geyk dat die arme kerel die hele land deurkruis met sy skoen in. Mila is darem nie te sleg vir die oog nie. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 17, 2009

Interview - 5/10

Interview is een van daai films met 'n baie klein begroting, wat net twee akteurs gebruik in 'n beperkte milieu. Dit is redelik, maar dalk nie die regte medisyne vir 'n Vrydagaand nie....Aan te beveel vir mense wat van baie dialoog hou, en min fisiese gebeure. Gelukkig is dit redelik kort, en darem nie te veeleisend om te kyk nie. Dit gaan jou egter nie op die punt van die stoel hou nie, en as jy ietwat moeg is nie, ook nie wakker nie. Die bepalende eienskap van sulke films is karakter ontwikkeling en interaksie. Dit is ook redelik in die fliek, maar nie uitstaande nie. Saam met Bella op die bank.
 

Wednesday, May 13, 2009

Miss Pettigrew Lives for a Day - 8/10

Miss Pettigrew Lives for a Day is 'n ligte kykie na die lewe van 'n laer werkerklas dame, wat in een dag eweskielik die haai-poppe-laai lewe ervaar. Dit is in skrille kontras met haar gewone lewe, maar in meer as een opsig as wat mens verwag. Met uitstekende karakterontwikkeling wat pas by die tipe lewe van leekoppie aktrises, kan mens uiteindelik sien dat die fokus op uiterlike en innerlike al is wat werklik verskil. Die fliekie eindig soos voorspel, maar sou nie anders kon nie, want dit bevestig weereens die Holloywood kultuur. Ten sterkte aan beveel as ligter vermaak, en is beslis 'n goeie feelgood. Saam met Bella op die bank.

Sunday, May 10, 2009

Stone Angel - 7/10

Stone Angel is nie 'n komplekse verhaal nie, doodgewoon, maar word baie mooi, stadig en stylvol gedoen. Dit fokus op die ouderdom wat mens stadig bekruip en eendag onverhoeds uitvang. Die akteurs speel almal puik.Mens raak vasgevang in die fliek, wat telkens tussen hede en verlede skakel, gelukkig so dat mens darem goed kan kophou. Ten sterkste aan beveel, as mens rustig is, en lus is vir iets met bietjie meer om die lyf. Saam met Bella op die bank.

 

Monday, May 4, 2009

Charlie Wilson's War 7/10

Charlie Wilson's War is een van die tipe flieks waarvcan ek baie hou - dit is gebaseer op werklike gebeure, maar so aangepas dat die storie darem kykbaar is. Beide Hanks en Julia speel werklik goed, en selfs ook Philip, alhoewel vir my ietwat oordrewe. Aan te beveel, en kan seker ook as ligter vermaak gesien word....Julia speel voorwaar 'n verassende rol, en anders as gewoonlik - ek hou daarvan! (sy word seker ook nou meer mature....) Saam met Bella op die bank by die moepels in Bloem op DSTV

Elegy 6/10

Elegy is die stylvolle weergawe van Lie With Me - Dit gebruik goeie akteurs wat mooi in die rolle pas. Cruz lyk heelwat jonger in hierdie fliekie as gewoonlik en ook heelwat yummie. Daar is ook 'n paar lui skote van haar sonder heelwat minder kostuumwerk...Ai die arme proffie - keuses, keuses! Nou wel nie eroties nie, maar is tog so ietwat. Saam met Bella op die bank.

Beverley Hills Chihauhau 5/10

Beverley Hills Chihauhau is 'n regte kinderfliekie met min onderliggende dialoog op volwasse vlak. Geniet dit dus saam met die kinders. Saam met die familie op DVD.

Winter Passing 6/10

Winter Passing is dalk so bietjie swaar vir 'n Vrydagaand. Die arme girl het maar 'n baie taai innerlike stryd. Zooey kan net een soort rol goed speel, lyk dit my, waarvan hierdie 'n baie goeie voorbeeld is. Mens krimp ineen van die pyn wanneer sy meer as een keer haar hand opsetlik in 'n laai vasslaan, net om seker te maak dat sy nog kan pyn voel, en dus leef. Haar wereld is totaal monotoon, maar haar innerlike, eintlik nie. Ferrell speel puik, en die rol wat hy vertolk is dan ook skreiend eerlik. Aan te beveel as mens sterk voel.... Saam met Bella op die bank.

City of Ember 6/10

City of Ember is nogals heel kykbaar en die skaal waarop die ondergrond-stad geskep is, is indrukwekkend. Beslis aan te beveel as ligte fantasie, met heelwat diepere lyne vir stof tot nadenke. Die gulsigheid van die mens lei maar altyd tot een van die ander dood-sondes, en dan uiteindelik tot die val van die mens. In City of Ember kry die mensdom 'n 2e kans, wat mens laat wonder op die einde of dit wel gehelp het. Op DVD geniet saam met Bella op die bank.

Uitstaande Resensensies

Charlie Wilson's War (6) Elegy (6) Hollywood Chihauhau (5) Winter Passing (6) Ciry of Ember (6) Taken (5) The Duchess (7) Lie with me (4) Mrs. Ratcliffe's Revolution (6) How to Loose Friends and Alienate People (6) Space Buddies (5) Nick and Norah's Infinite Play List (6) Paul Blart: Mall Cop (5) Pink Panther (6) Stepbrothers (3) Max Payne (5) Choke (6)