Tshwane Classic 2019
-
Herman het die 98km (eintlik 'n bietjie korter) in net onder 4 ure
kafgedraf.
*Amptelike verslag*
- Tyd 03:57:04
- Algehele posisie 1648 / 2062
...
BBC Boeke Top 100
-
1. The Lord of the Rings, JRR Tolkien
2. Pride and Prejudice, Jane Austen
3. His Dark Materials, Philip Pullman
4. The Hitchhiker's Guide to the Galaxy, Doug...
The Lone Ranger is lekker ligte vermaak. Dit sou nog beter gewees het as hulle dalk so drie van die bietjie donkerder tonele ligter gemaak het, tipies soos die laaste toneel waar die Ranger op die dak van die trein met Silver gallop. Ou Johnny bly maar 'n gunsteling, en sy Tonto werk vir my. En dan, die milieu en musiek werk puik. Saam met die familie op die bank. Haai-hou, Silver!
Welcome to the sticks, Frans met Engelse onderskrifte... Regte Franse komedie, baie toeganklik en lekker lig. Net jammer ons onderskrifte het nie so lekker gewerk nie, was so paar skote of wat agter... Moes nogals mooi kophou om nie die humor te mis nie. Saam met Bella op die bank.
Dawn of the Dragon Slayer is 'n gemiddelde draak fliekie, spesifiek vanuit die skoner geslag se oogpunt, dit wil se^, 'n tjiekfliekie. Nogtans kykbaar, selfs toeganklik vir die kortvolk, maar dan dalk meer vir die meisies. Saam met Bella, en die twee manne gedeeltelik, op die bank.
Seven Psychopaths val helemal buite my smaak. Niks verder om te se^ nie, behalwe dat ons net verder as halfpad besluit het om op te hou kyk, iets wat ek en Bella baie, baie lanklaas gedoen het met 'n fliek. Saam met Bella op die bank.