Miss Scarlet and the Duke is 'n ligte periode privaat speurder storietjie met sag genoeg kante vir 'n lui Sondagaand. Neig effens na die tjiekreeks kant, maar is heel kykbaar. Sal beslis die eerste seisoen kyk, dit is lekker kort. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 28, 2021
Friday, February 26, 2021
Promising Young Woman - 7/10
Promising Young Woman is 'n donker komedie, maar met 'n stekie daarby. Die vroulike rolverdeling kon nie beter nie, met die manlike hoofrol dalk nie so sterk nie. Dit is nie ontstellend nie, maar die materiaal kan dalk so vir ligter kykers wees. Beslis nie hoofstroom nie. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 20, 2021
Blithe Spirit (2020) - 4/10
Blithe Spirit beloof die maan en sterre met die milieu, periode en rolverdeling. Tegnies is alles perfek. Dit werk net nie. Die film is oninteressant, saai en vervelig. Mens kry nie houvas op die karakters nie, en gee glad nie vir hulle verdoemenis om nie. Ek kon net sowat 30 minute maak. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 19, 2021
Monster Hunter - 3/10
Monster Hunter val buite ons portefeulje. Die grafika is swakkerig, die vertolkings meganisties, en ons kon net sowat 15 minute uithou. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 14, 2021
Wishin' and Hopin' - 6/10
Wishin' and Hopin' is baie ligte materiaal met 'n aangename verteltrant styl. Die karakters word eerlik vertolk met die nodige skoot dramatisering om die filmpie meer interessant te maak. 'n Eenvoudige lyn met heelwat komies-ongemaklike situasies. SoetMoet nie Hollywood op al sy silinders verwag nie, hierdie is nie oordadig nie, en eindig op die regte noot. Perfekte Sondagaand materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 13, 2021
Love Sarah - 6/10
Love Sarah is 'n baie ligte fliekie met 'n eenvoudige lyn, verruklike gebak en sjarmante milieu. Ideale Vaaltyn materiaal. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 12, 2021
Thys & Trix - 5/10
Thys & Trix is waarlike Afrikaanse slapstok (slapstick?) - dit is kommon met 'n K, maar wel snaaks, baie lig en simpel. Die perfekte komedie vir 'n Vrydagaand voor die skole weer begin. Hier en daar onder die belt, nie te vloekrig nie, en in 'n meer hedendaagse idioom. Saam met Bella op die Bank.
Sunday, February 7, 2021
A Call to Spy - 6/10
Ek geniet dit as mens iets leer in 'n fiek - as oorlog geskiedenis jou opgewonde laat, kyk gerus A Call to Spy. Ek dink 'n taamlike realistiese kykie na hierdie brawe dames met die nodige dramatisering om dit kykbaar vir 'n wyer gehoor te maak. Saam met Bella op die Bank.
Saturday, February 6, 2021
L'ultimo Paradiso - 6/10
L'ultimo Paradiso is 'n stadige, sagte Italiaanse fliekie. Dit is basies, eenvoudig maar gevoelvol en met passie vertolk. Beslis nie as jy aksie en tempo verwag nie. Saam met Bella op die Bank.
Friday, February 5, 2021
Bliss (2021) - 2/10
Bliss (2021) is beslis nie so tintelend as Bliss (1997) nie. Alhoewel die rolverdeling sterk en die vertolkings tegnies uitnemend is, is hierdie so deurmekaar soos katbraaksel in 'n tuimeldroe"r. Die enkele punt is 'n verlore siel wat met 'n verlore ander siel deurmekaar raak en dan raak albei net meer verlore... Ai, dit was tydmors want mens wag die heeltyd vir daardie aha oomblik. Ai. (Die 1997 Bliss het ek en Bella in die Labia, Kaapstad gesien). Saam met Bella op die Bank.
Wednesday, February 3, 2021
The Capture, Reeks - 6/10
The Capture lyk nie te sleg nie - dit is dalk so bietjie oorspeeld, maar 'n Britse proseduraal bly beter as Hollywood s'n. Sal die kort seisoen klaar kyk. Saam met Bella op die Bank.
Subscribe to:
Posts (Atom)