Wednesday, September 16, 2009

Phoebe in Wonderland - 7/10


Phoebe in Wonderland is nogals 'n moeilike een om iets oor te skryf. Aanvanklik lyk die familie so bietjie disfunksioneel, maar dan besef mens tog later dit is nie so nie. Die fliek is uiters goed gemaak, met briljante vertolkings van omtrent al die akteurs, insluitend al die kinders. Dit is egter Phoebe en die Koningin van Harte wat uitstaan bo die res. Ek sou reken die Oscar beoordeelaars gaan 'n moeilike tyd he^ om beste ondersteunende rol te bepaal...Ek moet se^ dat die kinderakteurs uiters moeilike rolle met skynbare gemak vertolk. Die fliek is dalk ietwat bokant my emosionele intelligensie, maar dit bly egter 'n goeie fliek om te kyk. Dit is beslis die moeite werd om te kyk, veral vir iemand wat van so bietjie meer om die lyf hou. Verskeie temas word ook aangespreek, waarvan eksistensialisme, kinders-grootmaak en Touret se Sindroom beslis drie is. Saam met Bella op die bank.

1 comment:

  1. Cool, ek gaan die fliek sekerlik probeer kyk, thanks vir jou harde werk, maak my fliekpogings makliker! Deesdae is daar so min op al die honderde DSTV kanale...

    ReplyDelete