Sunday, June 13, 2010

Fantastic Mr Fox - 9/10

Sjoe, hierdie herdefinieer weer 'n slag fliek vir my, sowel as storie. Dit is ongelooflik hoe werklik die karakters voel, en hoe tasbaar die karakterontwikkeling is in hierdie verfrissende fliek. Clooney en Streep staan absoluut uit in Fantastic Mr Fox. Die fliek is nie 'n tipiese dubbel-laag fliek nie. Ek vermoed my laaities sal dalk effens verveeld voel. Die kommentaar wat hierdie fliek egter maak op die rotresies, klasse, en die lewe in die algemeen is ongelooflik. Hoogs aan te beveel, en beslis een van my gunstelinge. Die vlak van detail is uitnemend, die kunstenaars het 'n surrealistiese wereld geskep, presies soos Dahl dink ek dit visualiseer het met die skryf van die boek. Mnr Jakkals se fluit-kliek en die rustige dialoog gaan my nog lank bybly. Saam met Bella op die bank. 

No comments:

Post a Comment