Saturday, January 28, 2012

Passion Play - 8/10

Passion Play het baie swak met toetsgehore by Toronto gedoen, en lyk dit my so $3k gemaak uit 'n begroting van $15m....eina. Dit is 'n volwasse fantasie, wel ten minste seker dan kategories. Ek besef hulle het sterk kontras tussen Rourke en Fox probeer gebruik, amper as 'n esktra karakter in die film, maar Rourke is dan op die ou einde net te onwaarskynlik as 'n papperd wat sonder moeite deur 'n amper eenderse Murray se lyfwagte rondgeklap word. Ek het die fliek baie geniet, dit beweeg teen 'n redelike pas, dalk te stadig vir 'n Vrydagaand, maar dit is al die ondertone en die baie verassende einde wat mens laat dink die Toronters het te gou moed opgegee om nie die fliekie klaar te kyk nie. Die einde bevestig dan 'n paar eksistensialistiese, selfsug en ander vrae oor die lewe en liefde. Anders as verwag, is die film ook glad nie vol geweld of ander grim nie. Kyk gerus, maar besef dit is nie gewone hoofstroom materiaal nie. Saam met Bella op die bank.

No comments:

Post a Comment