Exodus: Gods and Kings is nogals nader aan die
Bybelse verhaal as my gevoel oor
Noah. Die epiese verhaal van
Moses voel dan ook epies lank, maar is tog baie kykbaar. Ek dink die lang gevoel is 'n direkte gevolg van die feit dat mens die verhale en gebeure reeds goed ken. Die grafika, stel, milieu en kostuumwerk is alles puik, so ook die vertolkings. Ek het tog so 'n huiwering oor
Mnr Bale se vertolking, ek dink hy het dit dalk 'n aks te Hollywoods (a la
Batman) aangepak. Kyk gerus saam met die familie. Saam met Bella op die bank.
No comments:
Post a Comment