Sunday, February 12, 2023

Billy the Kid, minireeks - 6/10

Billy the Kid voel heelwat meer realisties as wat party flieks en reekse wil voorhou hoe dit in die Wilde Weste eens op 'n tyd was. Hierdie kort reeksie is nie sensasie-soekend nie, maar vertel eerder die jongman se soeke na geregtigheid en regverdigheid. Nie te swaar drama-rig nie, maar beweeg ietwat stadig, dalk omdat hulle nie allerhande eienskappe aan hom bly toedig nie. Wel die moeite werd om te kyk. Saam met Bella op die Bank.


No comments:

Post a Comment